Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Braaivleis vure en grappies.
Twee Kannibale sit om ʼn vuurtjie en eet. Die een Kannibaal sê vir die ander een “Ek hou nie van my skoonma nie.” Kannibaal no. twee antwoord : “Nou eet dan maar net jou tjippies “

Gawelina skryf so ʼn mooi gedig vanoggend oor haar begeerte om bietjie om ʼn vuurtjie te sit, met ʼn warm beker tussen haar hande gevou en ʼn vleisie wat haar loer van die kole af. Siestog man, en kry ek toe lelik skaam omdat ek al die dinge waaroor sy droom, verniet kry, elke dag. Die ander ding wat ek verniet gekry het is my sin vir humor.

Ek waardeer die plek waar die lewe my neer gesit het. Rêrig. Ek klink miskien nonchalant daaroor. My realiteit is net anders as die dorp bewoners sn. Ons werk ook baie hard om te voorsien aan ons en die diere en die mense om ons se lewens benodigdhede . Ons gaan tel die hout op in die veld, ons saag dit stoor dit. Ons plant tuin en spartel met water. Ons maak vuur ons trap liggies vir slange en spinnekoppe . Nie altyd romanties as dit ʼn manier van lewe is nie.

Ek kla oor te min water, reën en wild diewe, dinge wat breek, oor geroeste drade en skurwe voete, traffic jams...... en baie gereeld, danksy Eskom, moet ons vuurmaak om n warm kossie te eet. Net gisteraand weer, moes ons vuur maak en onder die sterre hemel en ʼn vet Rump steak op die kole gaar maak en eet met tamaties uit die tuin en tjippies. Ek het juis ʼn foto van die vuurtjie geneem omdat Giel so trots was dat hy ʼn ‘klein’ vuurtjie kon bou wat net reg was vir twee mense se kossies.

Ho nou Poon ! Dis nie dat ons nou skielik in ʼn hoop Pond geval het nie. Dis juis so ʼn skraps maand, die maand. Ek het altyd ʼn nood voorraad in my vrieskas. Dis oorblyfsels van een of ander spyseniering Joppie wat ek gedoen het. Elke keer as ons diep donker bodem van die vrieskas slaan moet ons terwille van oorlewing in die ‘kuier mense’ se spesiale kossies in klim tot die volgende pay day. Een keer, so ʼn jaar of wat terug, toe dit regtig broek skeur gegaan het, het ons elke aand om die ander aand, vir ʼn maand, lank Kreef en Sjampanje of Sole en Sjampanje geëet. Dit was ook droogte en daar was nie groente tuin nie. Die Sjampanje is nie my of Giel se gunsteling nie, maar ons het dit present gekry en dit was moeilike tye. Darem nog nie so erg gegaan met ons dat ons ʼn skoonma moes eet nie . Dis swaaaar om arm te wees.

Gistermiddag toe ons in die traffic jam beland hier onder die bult, toe dink ek juis, ons is so ongeërg omtrent die plek waar ons bly. Wag ons nou vir die Giraffes en die Zeraffe om op hulle tyd uit die pad te stap, terwyl hulle ons uit die hoogte aankyk en hulle tjwieggum blare kou. Hulle het mos loop voorrang want dis ʼn wildsplaas. Intussen staan die buurman wat op pad is na die hek, in die aankomende baan, met dieselfde geduld en wag dat die diere besluit om uit die pad te stap.
Ons vorder stadig vorentoe en stop langs mekaar tussen die Kameelperde se bene, groet, Magoed-Pagoed-Jagoed-Alsgoed en oorhandig die botteltjie luislang vet wat van die Sangoma af kom aan die sussie wat dit bestel het vir haar kind se oorpyn.. praat oor die prys van bier en die hiena wat weer die reen meter opgeeet het. m.a.w. ons gesels oor daaglikse gewone goedtjies.
Die Zeraffe is die Sebra merrie wat ʼn identiteits krisis beleef en by die Kameelperde bly, van daar die naam. Sy is ook op die foto wat ek uit die bakkie geneem het.

Dis vandag Human Rights day wat hopelik beteken dat vrouens ook humans is en dat elkeen vandag sy eie peanut butter broodjie kan smeer. ?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Daai Rump was verskrikkklik lekker
So duim dik en reus agtig met n duim vette !
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Verniet
Jy maak die tema helemal die moeite werd met jou diep-waar bydrae. Sjym man jammer dat jy Rump moes eet.
6 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


Viskoppe en Patats
en terwyl almal nou by die kosbakke van Babilon vashak... daar is darem nog al die goed in die bos (plante).. wat wel verniet is om van te eet, of hoe ?
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 2 ure oud


"Einde van die maand Salticrax"
So 2 maande terug nooi my neef en sy vrou ons vir middagete. Altwee is nou al werkloos vir meer as 'n jaar en met 2 tieners in die huis gaan dit swaar. Maar neef kan duik en visvang. Die gevolg is snoek en kreef vir middagete. Dit wat die rykes as fênsie kos sien, was die heerlikste armmans-kos waaraan jy kan dink.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 3 ure oud


.
Oulik gestel - die ene oor die verskil tussen MOET en WIL hê.
Dit is 'n waarheid wat enige hond en sy baas met vrede aan hulle ore kan knoop.
Pensjoenaar-rus, Plotrot, Binnounie sake-lui, die lot...
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


*
Nog 'n lekkerlees-ene, dankie.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


Skuus man
Dis darem nie sooo erg nie. Dis regtig n vooreg om hier te woon. Willie ons is mos ken mos die verskil tussen wat ons moet he en tussen wat ons wil he.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 18 ure oud


Verniet . . .?
Wat 'n heerlike Gorrel.
Dit word nie aldag besef nie. Daardie idilliese sprokies vryheid, kom teen 'n prys.
Die prys is om weg te kyk van alle "Nice to have" dinge wsaaraan die salaris trekker cum stadslewe bewoner hulle soms vergryp.
Geld word male sonder tal omgedraai, bekyk, bedink en dan maar weer in die sak terug gesit.
Ons wat sonder 'n werkgewers pensioen, hoe karig ookal, moet klaarkom, moet maar meet en pas.

Oor hierdie ding, kan boekdele geskryf word.
Dankie. Dit is die doel van Gorrel; hierdie lekker loslip geselsies.



6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud


verniet
Lekker daggie saam met julle beleef dankie BT en ja kry ons nie maar almal van daardie "af" maande nie. Dan besef ons net weer hoe gelukkig ons is as daar darem nog ietsie in die vrieskas is.
6 jaar 8 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar