Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met apologie aan sy skrywe en respek en eer en my grootste liefde aan al daardie mensies (al is daar darem sommige wat net van nature en gewoonte versigtig werk.)
Anita trap gister die Apteker se tjank af:
Kroniese medikasie word deur die fonds betaal en is duur maar die jafel verpak goedkoper generiese middel (wel ewe effektief) maar ruk haar mediese fonds met die duur een se prys!
Tuis is haar woorde:
“Die lewe is vandag – dra ‘n broek van blik! Jy moet net keer vir jou wickets want elkeen wil jou opvreet”

Daar is twee ironies in die mens se lewe.

Die een ironie is deur ‘n Digter gesê:
Die vrek
versamel
bymekaar
bêre weg
en tel en tel
sy geld
en goedere –

maar –
uiteindelik
eintlik
net vir ‘n ander.

Die ander ironie

Die ryke,
versamel
hoop op
hoop hoër op
maak berge van sy skatte
tot die dag
dat krank
skeet en
onvermoë
om dit self te verorber
die oë glasig maak
van radeloos
want nie een muntstuk daarvan
is by magte om
‘n enkele dag
by te voeg nie.

Welgeluksalig is die mens
wat met vrede en vreug gaan slaap,
vroeg wek en na buite gaan
die son oproep
“staan op – staan op ”
gee aan my nog ‘n dag
wat ek met lus ywer en dank
kan verorber.

Willie
2014/08/25





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mense
Sommige kan kies en ander kan maar net doen wat hulle kan doen.
Lekker leesstof, Wolf.
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 7 ure oud


woensdag
Ek is nogal mal oor hierdie stukkie Willie
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud


***
Goeie skryfstuk hier, Willie.

Maar die Woensdagmensies draai pennies om om te oorleef en val nie in een van die bg kategorië nie -- wel moontlik in dié van die laaste paragraaf.

Koop 'n senior burger by SPAR sy kruideniersware, kan hy/sy darem 'n lekkergoedjie met die 5% afslag bekostig. By Game is dit nog beter -- 10%.
4 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 20 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar