Gorrel

Titel: Vier boude
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Jip; boude en nie boutjies soos in die sexy sin van die woord nie – boude soos Anton Sê:

Boude . . .
Lekka-lekka hoene boude
¶.

Vaalseun,
Mater, askuus vir die wals maar ek wil net sê:
Viva la difference
Heil dat mense verskil
Maar
Hierdie is ‘n verskil met ‘n verskil

Vanaf die podium, verhef jy jou stem en reken:
Daai drie ‘V’s - soos vis, soos v-v-v-v-v . . . hoenner en wragties, ook soos vark –
Daai drie
Met a ‘Vie’ . . .
Daai hou jy af van my rooster af !

Die Reg beskou onkunde nie as ‘n verskoning nie.
Humanity beskou onkunde as:
“Auk, ek hy is djammer!”

Daarom en -
Dan, net hier gee ek my opregte jammerte vir jou :-



Djy het nog never a real hoenner geproe nie . . .
Nog never !
Jy het ook nog nooit ‘n vark wat reg grootgemaak en gehuisves en gevoer is ge-eet nie
Jy het ook nog nooit ‘n pan size karp uit my dam of uit skoon bergwater ge-eet nie.
Min mense , uiters min mense ken van die reg gaarmaak op ‘n braai rooster van die drie kroonvleis diere.
Hierdie raat vra vir aparte skrywes maar oorlat ek gister geslag het, gaan ek net effe stilstaan by hoenner se kind.

Ek verstaan jou weerstand teen hierrie blou-40%water-opgepompde- goete wat hulle hoenner noem.
My honne eet darem hulle se koppe vir die kalsium.

Ek nooi jou om te kyk na vandag se resultaat. Weens die tekort wat die feestyd besorg het, en opdat my hoenner honger hoog is, moes ek een week vroeger slag; dit wil sê op ouderdom 60 dae.
Wel, kyk na die skaal en kyk na die bottergeel kleur en aanvaar:
Die minimum vet !
Net vleis.

Die hoender wat jy koop , maak nie saak of dit parte en of dit heel hoender is nie, is die duurste vleis in die mark:
Daar is 40 % water ingespuit
Die vleis tot been verhouding is uiters swak omdat die hoenders word op 40 dae geslag en dan het nog net die bene in die raam ontwikkel om die toekomstige gewig te dra maar daai gewig word nooit bereik nie want die dier word baie vroeg in sy lewe geslag
Die voedsel wat hulle gee is vir vinnig groei en dit bevat baie vis en groei medium.

Ek meng my eie voer en ek gaan langer - tot 67 dae en dan balanseer die skaal dat ek meer vleis as been kry en meer gesonde vleis .

Die enkel een op die skaal is ‘n haan en hane slag meer uit as henne maar ek handhaaf normaalweg ‘n gewig van sowat 4 kilogram per haan en 3.5 kilogram vir henne met gemiddeld 650 gram se been per karkas.

Alles is egter nie maneskyn en rose nie. Jou blou winkel hoenner kook vinnig sag omdat dit nog, in hoennertaal, die baba is.
My hoenner se vleis het al digtheid bereik en hoenner vleis is 80% digter as rooivleis dus moet dit eers tot sowat 70 persent gaar gekook word voordat dit oond of rooster toe kan gaan maar dan is my hoender se witvleis – die borsgedeeltes - ook veel meer sappig.
Dit word gewoonlik putties (nadat dit deur die meultjie is ) of sosaties of fyn gekerf vir aand toebroodjie vulsel .

Man, kom ek vertel jou – ek is so lief vir kosmaak dat niemand verbaas staan as ek my badwater drink nie !

My hoenner is nie te koop nie – dit is gawes wat ek met uitgesoektes deel _
Met gepaardgaande probleme:
Hulle kla:

Kyk, boudjie met dytjie trek die skaal maklik hier by die 370 gram plus. Dit is vleis vir een groot man.
Nou is daar net twee van die aan een hoender!
En dit is ‘n klagte – ek word aan gespreek!

As Wetenskaplike het ek die vleis/been verhouding nou mooi onder die knieg.
Ek het die geur en smaak onder die knie
Ek het die vang en kop afkap onder die knieg –
Sien, daai hoenner, daai hoenner sit hom tee. Hy gaat nie stilstaan dat jy hom vang nie.
Oooo nee, ek het ‘n tou. Wyl daai hoenner mooi op die kikoejoe wei, dink hy ek slaap onder my sambreel met die lang glas BlackLable.
Nou wag ek, so een oog effe oop – Sodra ta sy rug op my draai en hy pik-pik verder aan die grassies en hy skrop-skrop en trap sy vlerk vas en draai in die rondte rondom talie en hy stop en trap vas met vlerkgetrap en in die kraai seg hy:
“Nig Sarie . . . asseblieeef – ek beloof om vir jou net so ‘n wye skirt te koop!”
En dan trap hy weer vas en maak ‘n wyer vlerkdraai op die gras en . . .
Dan kry ek stilletjies my Lasso reg en ek gooi die touring om sy nek en voor hy kan moan oor die wurg kap die klein byltjie sy kop!
Daarom is my hoenner so ontspanne, sag en sappig – hy had geen stres voor die dood nie.

Okei nou werk my wetenskaplike kop.
Die naam is belangrik. Dit is motivering:
(Sorry – Afrikaans het nie geld in nie)

WILLOW TREE FARMS
FOR YOUR SUPER
FOUR LEGGED - FASTRUN - FREE RANGE CHICKEN

Check my uit met hoenners – hollende hoenners op vier bene!

2015/01/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

4
Dis nou H O E N E R!!!! 4beenhoenner!!
4 jaar 8 maande 2 weke 16 ure oud


Kiepie
Jip, ek stem saam. Dit lyk na die ware Jakob.(Hoenner) Nie die sakke velle en bene en soutwater wat ons hier koop nie. Ek mors nie my kosbare brandhoutjies op hulle nie!
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Hoeners
Ja, en nou water my mond behoorlik. Hoe vet is julle?
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 19 ure oud


hoender
Oe amen. Jy spreek die waarheid Willie. Ek doen maar swaar my inkopies want oral word ond verneuk. Dankie vit jou artiekel.
4 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 21 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar