Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eerstens ~ BAIE GROOT DANKIE aan almal wat na my eerste poging gekyk en kommentaar gelewer het. Ek het nog talle variasies probeer en heelwat mense se opinie gevra. Daarna is ek terug na die tekenbord :-) Ek het na meer as 'n duisend voorblaaie gaan kyk, insluitend voorblaaie van digbundels. Ek het nou nie presies getel nie, maar ek dink ek het meer as 50 variasies probeer :-)

Die voorbeelde wat ek nou plaas lyk beslis vir my beter as enigiets anders wat ek probeer het. As ek daarna kyk voel ek gelukkig en tevrede. My volgende stap is om dit met die drukkers te bespreek en te kyk of hulle 'n beter voorstel het.

Ek sal baie graag julle insette aangaande die kleur en font wil hê. My dogters hou van die bruin skakering en formele font met my naam bo-aan die blad.

Baie dankie aan almal wat weer lees. Ek waardeer dit sommer baie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soveel hoofde, soveel sinne . . .
Almal is mooi. (Martin sê as jy wil kyk vir beter font gaan na fontsquirrel.com.) Ek kies ook nommer vyf, maar jy is die een wat self die beste keuse sal kan maak . . .
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Voorblad
Nommer 2 of nommer 6.
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 18 ure oud


VB
My keuse:
Nr 5 se kleur en uitleg, met Font van Nr 2,3 en 4.
Verder wil ek dalk vir Rudi ook ditto.

En nou is jy steeds none the wiser.
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Boek
Die ligbruin een wat Leeta kies is vir my ook die een wat die beste afwys, die een in die hoek. Dan is die heel eerste een ook baie mooi.
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


voorblad
Nr 2 vir my
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Voorblad
Mmmmmm .... genade ... ek sukkel om te kies, maar ek hou van nommer 2 se font. Die ander blokfont is styf en geblok - maar jou gedigte is vry en buite die boks. Dan hou ek van 5 se uitleg met jou naam bo-aan.

Sterkte, vriendin!!!!
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


die weervoorspelling
ek dink nog steeds die dwarsding gaan die ding doen.
en nie die regop ding nie
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


.
No 5 ! ! ! ! ! ! ! ! ! ! !
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


voorblad
Die font van nommer twee is uniek en pas goed by naam wat net so uniek is.
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


Voorblad
Leeta is reg, maar ek dink nommer 2 met nommer 5 kleurskema sal pragig lyk en ook meer die aandag trek. Jy het baie hard gewerk!!
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


voorblad
Viooltjie die een heel regs staan vir my uit met die ligte bruin(:
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud



Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar