Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Elke huis het sy kruis.
Wat is ‘n huis sonder ‘n Moeder?
Ma?
Vrou?
Ons besing julle. Ons het julle lief. Ons bemin julle.
Nou, hoekom stel julle vir ons wippe?
Hoekom behaag dit jou om my te ‘trap!’
Koppies, glase, bekers ?
Naalde!
Omgekeerde piramides!
Ja, daardie soort wat gemaak is met die voetstuk soos ‘n naald se punt!
Raak net aan die ding, dan neuk dit om!
Dan skyt jy in jou broek oor ek so onhandig is!
“Kyk hoe mors jy ? Wie moet nou skoonmaak? Kan jy nie kyk wat jy doen nie?
Sondag middag familie byeenkoms.
Pragtig. Gesellig. In die koelte van die tuin.
Die tee goed word uitgebring.
Ek kyk. Ek sien.
Die mooiste porselein. Met blommetjies en patroontjies en goue randjies.
Dun. Papier dun en lig soos veertjies!
Te grend vir woorde
Maar!
Dit het nie ‘n voetstuk nie.
Gepunt soos naalde!
Die verdomde Duiwel is nie ‘n lui man nie.
Ek bewe van versigtigheid , want ek weet.
Ek weet hier kom K....!
Die duiwel is listig. Slu.
Ek het nie eers aan die ding geraak nie. Wragtag!
Daar neuk dit om.
Pragtig geborduurde lappies, futup!
Konsternasie op die stasie.
Ge gagga in die Sinagoge!
Dit lê op die sy.
Ek kyk.
Ek tel op en kyk
Onder dit, wat die boom moet wees.
“Made in China!”
“Sus, die is sommer K...
Sjinese K...
Gemaak van Sjinese K...
En jy, met jou grend geit, koop dit!”
Ek vang my enigste se kyk.
Vuur ! Blitse !
Ek weet. Sy weet.
By die huis is al die rakke vol daarvan!
Vandag. Net vandag. Hierdie Maandag.
Gaan ek myne maak.
Blik. Jam blik. Met ‘n BOOM! ‘n VOETSTUK. Plat en groot
Met ‘n blik oor.
My beker!
By my. Altyd by my.
Aan my belt.
Aan my sy
Watch my!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Watch my..
Ek het nou lekker gelag, het die senaro voor my sien afspeel. Watch my!!...you go sneeuwolf, kry hom...daardie blikbeker en basta met die res!Goed verwoord!
8 jaar 5 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Z
Ek het so een, en niemand gebruik dit nie. Dit het algeval dat jy net erde sien trek, so dit breek nie. So is daar 'n paar ander onbreekbare dinge wat ek ook wil aanskaf. Goed geskryf.
8 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Jy kan bly wees dit was Sjinees
lanklaas so lekker gelag....dankie!
8 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


O
beautifull - en ek met my groot hande en vingers kan mos nie daai damn klein koppiekies vat nie :-)
8 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


Wippe
Ek glo jou, ek glo jou wragtag. Jy gaan dit doen, ek sien dit al. No more traps vir Sneeuwolf nie.
8 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud



Jesus, die Doper met die Gees

deur Christo Nel

In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar