Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hallo al jul Woesters
Ek het goeie nuus. My MRI is uiteindelik gister agtermiddag gedoennadat ek 4 ure gesit en wag het. Dit is buiten die 11 dae wat dit geneem het om daar uit te kom. Ek verstaan nou dat daar net twee MRI masjiene in die hele Wekaap is. Een by Tygerberg en een hier by Groote Schuur.

Een ding is verseker en dit is dat ek vir die volgende 6 maande nie weer goulash kool en kebomielies eet nie.
Die prisonier van 5* is van plan om more middag om 14h00 te escape uit sy sel en vir Raymond my seun te ontmoet by die main gate. Die cowboys (geheime naam vir bewaarders) here to my left side sal gejipo wees want hulle se koffie sal gedokte wies deur die hoof suster sodat hulle lekke slaap. Die hoofsuste het gese Papa, (die skuilnaam vir prisonier wat die verpleegsters en al die ander inmates van die nerologiese saal E7 van Groote Schuur my noem) dis tyd dat djy hystoe gaa. Djy het jou choekie termyn vanaf 3 Maart af uitgedien en nou kan djy ma soos Selebie en al sy ander cjhomies. op parool uitgaa. Djy moet net sorg dat djy elke maand hier kom aanmeld dat ons vir tjou so bietchie drugs gee en 'n papsak wat ons somme injou arm sal laat inloop dan hoef jy hom nie uit te schape nie. Djy sal so vir drie dae
naar wies en so bietjie visse kos gee, ma dan sal djy wee ok wies. O ja ek het vegiet .Die escape vehecle sal Raymond se Toyota double cab wies met Halfway George stickers op die side en backside Die idea is om a quick get away te maak voorlat die cowboys wakke word. So as julle daai veckle sien moet julle almal seblieftoggie way maak hoor lat ons kan vebykom, want Papa wil nou speedely by die hys kom by Mama.

As julle iets in die lug sien vlieg, kyk mooi dis dalk die outjie, kern aangedryf in sy Superman suitjie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

escape
lekker gelees aan jou komiese beskrywing.. goed om jou so possitief te sien!!!
5 jaar 11 maande 1 week 4 dae 17 ure oud


escape
ai man jou goedjies laat mens altyd glimlag en lees so lekker
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud


Escape
Dit is wat ons soek.

Kry agter die rug!
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar