Dig en vertel deurmekaar. Lees maar soos dit kom.
Vandag, 46 jaar later, dink ek weer aan daardie verskriklike gebeure, in die kombuis van die huis waar ons destyds gewoon het.
Sommige jare vergeet ek om die een of ander rede, maar meer gereeld as wat ek graag sal wil, onthou ek. Wens ek kon vir altyd vergeet, maar nee, ek bly teen wil en dank, met afgryse onthou.
Sal ek dit ooit kan vergeet
hoekom ek van tyd tot tyd onthou
sal net God alleen weet.
Hoekom het jy my met so 'n passie gehaat?
Jy was my Ouboet
al wat ek wou hê...
aanvaar my as jou kleinboet en maat.
Was dit te veel gevra
te veel vir jou om te verdra?
Hoekom Ouboet
Hoekom het jy my so verskriklik gehaat?
Wat het ek verkeerd gedoen...
of liewer
wat meer moes ek doen
sodat ons in vrede as broers
kon saamleef
en jy met die gedagte kon versoen??
Hoekom het jy my so verskriklik gehaat???
Sal ek ooit daardie dag vergeet
Here, as ek net die dryfveer agter jou optrede kon weet!!
Ek kom van die skool
slaan gou iets aan mekaar om te eet
Meteens staan jy daar
grynslag
jou gesig van haat
wreed vertrek.
In jou hand
jou Army .303 geweer
"Jou klein gemors
uit hierdie kombuis
stap jy lewend, nie weer!"
Verskrik kyk ek op
sien hoe jy die wapen lig
sekuur op my rig
Sien ek vandag nog
hoe jou vinger om die sneller krul
Met die vreeslikste haat is jy vervul.
Steeds hoor ek daardie knal
presies dieselfde oomblik
wat ek desperaat
van die stoel af val.
Sien ek steeds die gat in die muur
bedoel vir my kop
daar waar jy gemik het
so presies
en so sekuur.
Hoekom Ouboet
hoekom het jy my so verskriklik gehaat??
Vir baie jare reeds
is jy nie meer
maar die vrae
hoekom en waarom
kan ek steeds nie keer.
Hoekom Ouboet?
Hoekom??
Lees ander gorrelstukke deur Jan v.d. Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog
Nou Jan, kry mens verskillende tipe mense. Jy het dit al self beleef in jou lewe. Die een persoon het 'n gemaklike geaardheid die ander 'n moeiliker geaardheid.
Jou broer se geaardheid as ek reg kon raai sou ek se, het maklik verwerp gevoel. En ongelukkig was jy die kleinboet op daardie stadium.
Net bly jy het van die stoel afgeval! En dit Jan was die Here se wil gewees.