Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Jy is nooit te oud om te skeer nie.
Vals naels groei nie.
In jou veertigs drink jy inligting van die internet af, word nie versadig nie en tel so gewig op van te veel kennis. Ek dink hul behoort die sosiale netwerke “Kilosites” te noem.
Jy kan maar staar en frons dit help nie. Staan op en gaan haal jou bril.
Jou blaas werk soos ‘n wateraanwyser en gevolglik volg jy die aanwyser tot by die toilet. Gereeld.
Dis nie dat jy enigsins ontdankbaar is nie maar jou knieg kan nie meer spontaan buig nie. Hy slaan soos ‘n ongeoliede fiets in ratte oor en “lock” sommer en daar sit jy half gekniel voor die winkelrak en sweet. Verleentheid oorweldig altyd pyn. Maar as jy jou bril gehad het sou dit nie nodig gewees het om te kniel om te sien wat kos die suiker op daai onderste rak nie.
Maak seker jou Chekkers trollie se wiel balansering is reg voor jy hom begin laai anders sukkel jy om in jou baan te bly.
Jou lae rug wil nie meer jou bolyf ondersteun nie en niemand wat jy ken kan ‘n geheim hou soos jou “Cross your heart” bra nie.
•Genade is wanneer jy in die winkel iets onthou wat op die lysie in die kar lê.
•‘n Mediese fonds het selde fondse.
•Een waaier in die huis is ses te min.
•Elke oggend word jy wakker met die hoop dat die wêreld reg staan vir jou en jou hormone en glimlag met die wete dat dit maar nog die begin is van baie opwindende tye.




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

APPLOUS!!!
Uitstekend geskryf!!!

Ek kon dit selfs lees, nadat ek van my nuutste "fashion accessory" onthou het ... die bleddie bril wat ek alewig orals laat le ...

Wat het geword van Naughty Forties? *giggel*
7 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


Dankie
Nou weet ek ook wat my probleem is....ek's ook al verby daai ouderdom
7 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Jy kry nie jou bril nie
want jy het dit in die yskas gesit en jou koffie in die gangkas toe jy diehanddoek gaan haal het om die vloer mee op te vee omdat die vloerlap in die badkamer opgehang is...
7 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


. . . Verstaan
Op een stadium in my lewe was daar sulke klein, nood benodigdhede verpakkings van noodsaaklike items wat (veral 'n vrou) onverwags mag nodig kry en dit is juis só klein en min verpak om in die alreeds oorvol handsak te pas.
Onthou jy daai tyd?
Ek weet nie of daar nog steeds sulke goed verskaf word nie, anders as " Give aways" wat die Reps by Apteke los.

Wel, hierdie skrywe is juis dit.
Die mees kompakte van frustrasies in die alledaagse.

Ek laaik!
7 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar