Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is n nuweling op WOES en is nog nie Au Fait met almal nie
(en presies hoe alles werk nie).
So kliek ek op “Die ander Vrou”, lees dit en lewer dadelik kommentaar.
Besluit ek moet die bydraer se profiel lees en ook van “haar” ander werke. Ek lees die profiel, frons en lees “Brief aan Alida 9” en kan my oe nie glo nie!
Terug na die profiel…..verward lees ek weer “Die ander Vrou”….ek het tog reg gelees…dit is n vrou wat hier skryf…terug na “Brief aan Alida 9” en weer terug na die profiel.
Manlief se ek moet die rekenaar afsit, en verward gaan ek slaap(of nie slaap nie he-he).
Die hele nag probeer ek uitwerk wat aan die gang is. Is EXC@LIBUR oorlede, en het sy weduwee onder sy naam “Die ander Vrou” geskryf? Dan het sy seker nog die briewe aan Alida ook gelees….die ander vrou is seker dan Alida…ag siestog ..of…of…….

Vanoggend kry ek n epos van EXC@LIBUR waarin hy my bedank vir die kommentaar en verduidelik dat hy “Die ander Vrou” NAMENS iemand anders geskryf het.
Sjoe, dankie tog, probleem opgelos!!
Niemand sal ooit weet hoe verlig ek gevoel het nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar