Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waarskuwing: Dames, blaai weg ! Moenie lees nie. Net vir mans !
Ek vra weer: Blaai weg!

Ek is ʼn man.
ʼn Man het ego. ʼn Man het sy trots, sy manhood!
Stadigaan steek ʼn probleem sy kop uit.
Ek gaan na my ‘redder’ toe, Alphonso. Dr. Alphonso.
Die man beveel aan, hy doen ʼn volledige ondersoek. Ek het moeilikheid. Ek stem gedienstig in. Ek meen, moeilikheid is mos moeilikheid.
Eerste is dit die ‘sy lê’ een. Die knieë op. Die lang handskoen. Daai ekstra lang vinger. Daai ‘opstyg innie lug’ een.
Toe die glas. Toe die spuit. Toe die X strale.
Ek vertel jou, tot die hou met daai hamer op die knieg!
Toe die oë. Trek die ooglede só ver uitmekaar dat die oogbal uit sy kas spring.
Die oor is laaste deur my ma so getrek. Sy het net nie die flits ingedruk dat ek dit by die ander oor kon uit trek nie.
Die hele toetie!
Voorskrif. ʼn Hele Checkers sak vol bottels, pakke pille, jellies, poi young tong. Die lot.
“Kom terug na twee weke, as jy nog moeilikheid het.”
Twee weke gaan verby. Niks is beter nie, Nog steeds:  ‘After action, satisfaction . Lexington.
“ Dr. Daar moet seker iets wees wat sal help. Is daar nie dalk ʼn snuif nie? Dalk lê dit in my kop?”
‘Nee Willem. Die ding kom hier van Fochville se kant af. Dit is ʼn nuwe ding. Dit is redelik ernstig.”
“Dok, moenie nou staan en spoke opjaag nie, wat noem hulle die ding?”
“Willem, hier is die bloed verslag. Jy sal weet waar het jy dit opgetel. Hier staan dit geskryf: Slapellaaites. Dit is die kwaal se naam.”
My keel trek toe. My hande wil nie stil nie.
“Dok, en nou? Ek meen, ek meen te sê. Sien Dok. Jy ken haar mos. Sy is nog heel bruikbaar. Sy is nog heel, Dok.”
“Willem, hulle het vir my die goed gestuur. As jy moed het om weer man te wees dan moet jy maar lê, broer. Toe, uit met die broek. Dit gaan gevoelig wees, byt maar op jou tande.”
Ek laat val die broek en lê. Ek sien hy maak die pak oop. Ek sien so ʼn groot spuit. So ʼn dikke. Ek sien hy vat die niertjie bakkie. Ek sien hy het twee pakkies uit die sak gehaal. Hy maak die pakkies oop en tiep die inhoud in die niertjie bakkie.
Dok gaan na die telefoon. Ek wonder benoud. Wat nou? Hy praat met iemand:
“Bring vir my die gedistilleerde water.”
“Dok, is dit die Suster?”
“Willem, sy werk elke dag met manne. Dit is nie vir haar vreemd nie.”
Ek vat die hand doekie langs die bed en gooi dit oor my gesig. Sy moet tog net nie sien wie ek is nie.
So deur my een oog, loer ek wat die Dok doen. Hy mix en roer die lot met so ʼn plat hout spaantjie. Ek kan nie sien hoe dit lyk nie.
“Lepel suster.”
Ek sien hy gooi die lopende pasta in die spuit. Nou sien ek die spuit mooi. Sy het ook so ʼn spuit. Sy versier die koeke wat sy bak met die ding. Dok heg so ʼn kort dik naald voor aan die spuit.
“Suster, hou regop.”
“Nee, nie só nie, met al by hande, jy weet mos hoe.”
Ek voel die prik. Ek ruk effe van die ligte pyn.
“Stil Willem, netnou steek ek ʼn aar raak!”
Ek loer so skelm vir die Suster. Sy is nog jonk. Sy hou delikaat en fyntjies. Sy word vir my al hoe mooier.
Dok spuit. Hy begin onder, teen die stam. Hy werk soos ʼn Tandarts. Al in die rondte sy pad na bo. Suster los die een hand party keer en streel met ʼn watte die bloedjies af. Streel so sagkens. So met gevoel.
Sy is só mooi. Ek sien haar golwende hare. Die ligte blos op haar wange. Ek sien duidelik die rondings van haar boesems. Ek kan sien, hulle is nog styf, volrond en heel aanvatlik.
Ek skud my kop en trek die hand doek oor my gesig. In my gedagte skree ek: “Wyk Satan!”
Ek dink liewer aan my varke en bokke. Dadelik verwyder ek die bokke uit my gedagte. Die ooitjie maak groot uier. Sy is dragtig. Ek mag nie nou aan ‘dragtig maak’ dink nie.
Dok se stem roep my terug:
“Reg, Willem, maak dat jy by die huis kom.”
Op pad voel ek lewe. Heel wat lewe. Ek verwyt my gedagtes. Ek voel skuldig oor my gevoel teenoor die Suster. My gevoel wat nou oor sit in smagtende begeerte.
Ek spoed by die huis in.
Hierdie behandeling werk. Dit werk te goed. Dit het heeltemal oor goed gewerk.
Dit het ʼn probleem geword. ʼn Groot probleem.
Saam het ek en sy besluit ʼn oorjas gaan die oplossing wees.
Ontspan, relax, kalm down? Not ʼn dem. Die ding bly woes!
Twee weke het ek uitgehou. Toe kan ek nie meer nie. Terug na Dok toe
“Dok, nou moet jy weer help. Maar, die teen oor gestelde. Asseblief”
“Willem, sorry maat, daar is nog nie ʼn teen middel nie.”
“Nou, Dok, hoe praat jy nou só?”
“Willem, die mix is twee sand en een sement. Jy is nou soos jy altyd wou wees broer!”
As Dokter, het hy darem ook geweet, ʼn man kan planne maak:
“Willem, troos jou, Daar is groot moontlikhede voor jou deur. Jou toestand sal dit nog bloot lê.”
Ek is terug huis toe. My verpligte nuwe soort klere drag, het ek sorgvuldig uit gekies om nie opsigtelik te wys nie. Hipster broeke met die belt baie laag om die lyf sodat ek die ding boontoe teen my lyf kon vasmaak. Ondertoe werk nie. Dit maak dat ek heeltyd op my tone loop. Want sien, as jy die ding afdruk, dan lig jou hakke mos.
Wonderlik hoe die toestand my oë oopgemaak het. Ek het rond gekyk en gesien.
Ek het gesien my volk het ʼn verskriklike sosiale probleem. En die probleem word net groter en groter.
ʼn Wanbalans in die geslag getalle.
Politiek was die grootste oorsaak. Dit is vreeslik maklik vir ʼn man om die land te verlaat. Enige ambag of opleiding, is ʼn paspoort. Die vrouens bly agter en word net meer en meer.
Wel, dan het ek nou ʼn strewe. ʼn Strewe na ʼn sosiale verandering.
Mans moet net meer vrouens aanhou.
Ek sal Dokter Alphonso aanbeveel vir die Nobel prys. Sy behandeling los die probleem van slapellaaites heeltemal op.
Hierdie konsep van meer as een vrou per man, is nie nuut nie. In teen deel, dit vat alreeds meer en meer, pos.
Wat wel moet gebeur, is op ʼn ander terrein.
Kerke.
Die konvensionele vorm van ʼn Kerk se bou sal moet verander. Die baie hoeke moet uitgeskakel word.
Rond. Pragtige ronde Kerke, is die toekomstige bou styl.
Sien, met die baie vrouens en talle meer kinders, word hantering en beheer ʼn probleem.
ʼn Ronde Kerk het dan mos nie hoeke waar die kinders sal gaan skyt nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

WOES!
Okatopi: 'It is ook'ie 'n grap om vir 'n MAN se (on) "Gestelheid" te lag'ie!
8 jaar 8 maande 1 week 15 ure oud


O
Nee liewe d----r ... geen mens mag toegelaat word om 'n ander so te laat lag nie ... gaan weg man :-)
8 jaar 8 maande 1 week 19 ure oud


die weervoorspelling
heheheh.
lekker smile ek nou.
ook vir jou response op kiekies se KOMmentaar
8 jaar 8 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


woes
Al kry iemand die teen middel, glo ek nie dit sal gebruik word nie. In teendeel. Ek weet van een wat mildelik deur vrouens gebruik word, so skelm, skelm in sy badwater - 'Staysoft'
8 jaar 8 maande 1 week 6 dae 23 ure oud


Word Woes
Viva, LEWE tot die dood toe en dalk ook nog daarna tensy 'n teenmiddel ontdek word. Nou wonder ek, is daar ooit iemand wat soek?
8 jaar 8 maande 1 week 6 dae 23 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar