Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Bestandele :

1 bottel Harrier Wiskey
1 boer wat water soek.
1 ysterdropper met 'n rooi lint
1 hamer.


Metode:

Neem die bottel Wiskey na die plaas.

Ruim genoeg tyd in om die Wiskey te drink

Julle 2 saam.

Gebruik die hele inhoud, maar hou 1 ToT oor.

Vul dan weer die bottel met water.

Dis ter voorbereiding.


Praktiese uitvoering:

Vra die boer waar hy graag hê daar water moet wees.
Trek jou skoene uit
Gebruik jou linker of regter arm en hand, afhangend van handigheid.
Hou daardie arm styf teen jou sy, by elmboog gebuig en handpalm oop.Jy sal dan lyk soos 'n bedelaar.
Plaas die bottel water met 1 ToT op jou palm.
Loop dan baie stadig oor die terrein en konsentreer op wat gebeur.
Sodra jy voel die bottel wil omval, wees gereed om dit te keer met ander hand. Dáár waar die bottel omval, is daar water. Stap verder en bepaal die wydte van die aar. Die bottel val altyd na die kant van jou pinkie. M.a.w. na die vanghand se kant.

Laat die boer nou sy skoene ook uittrek, en laat doen hom bogenoemde aksies. A.g.v. die werking van die Wiskey, sal die omvallery met hom presies op dieselfde plek plaasvind.

Neem nou die dropper en slaan dit met die hamer in die grond.
Dis nou waar julle saam besluit het om te boor.

Gaan dan na sy huis, en drink saam swart koffie om nugter te word.
Vra hom om jou te bel wanneer die boorpunt deurval tot in 'n onderaardse meer, sodat julle saam 'n glasie kan klink.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

D F
Waterwys
Dankie Toom vir die lees.

Ek is net té onnosel om premium en reklame te verstaan.

As ek dit reg intrepeteer, kry ek niks daaruit, ek het die gawe van Diens ontvang, daarom doen ek dit verniet vir 'n grap.
3 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


So maklik is dit!?
Dat ek nie geweet het nie!1
c]:o(
Hoeveel premium kry jy vir die reklame?
c];o)
GvT
3 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar