Gorrel

Bladsye:
Titel: Weg raap
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mens –
Die mens peil die diepte van die see ; die verste vertes van die lugruim en sterre daar bo . . .
Die mens –
Is nie groot nie ; o’ nee - die mens is maar nietig, klein en onkundig –
Sou dit by Die Skepping kom.

Die mens self . . . sterwe en met die liggaam word gehandel na wat die gebruik is :
Laat dit dryf op ‘n stapel op ‘n magtige rivier –
Steek dit brand op ‘n stapel op ‘n hoogte of op ‘n rivier
Of
Brand dit in ‘n oond
Of lê dit ter ruste in die Aarde.
Plante vergaan –
Diere het hulle eie gebruike maar word gewoonlik gevreet deur vleis vreters ( selfs van hul eie soort) en organismes.

Van alles kan, na afsterwe, ‘n verklaring gegee word.

Sy naam is Dave Peplar en hy is ook op FB - gaan blaai gerus.
Hy is ‘n Wetenskaplike met antwoorde op die meeste vrae uit die Natuur en ek dink hy is soos alle Wetenskaplikes, wel bemind.

Op een vraag haak hy egter vas. Hierdie vraag het by baie van julle wat hier lees al opgekom en hierdie dame vra:
“Dave, voëls – die voëls van die Hemel . . . Waarheen gaan hulle om dood te gaan?”
Wie het nog nie op ‘n leeg uitgebroeide voël eierdop onder ‘n boom getrap nie – selfs ‘n dooie baba voëltjie na ‘n storm opgetel ?

“Maar”, sê Dave – “waarheen voëls gaan om te sterwe - weet niemand.”

Ek is histories en deur Geloof deel van die Christendom. Dalk glo die Mohammedane, die Boeddhiste – ander gelowe ook so.
Ek glo dat alle voëls word weg geraap.
Word daar dan nie van “ Die voëls van die Hemel” gepraat in die Skrif nie?

2015/11/13







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Weg
Ja, daar word. Ek geniet tog so om na daai man te luister. Sal darem graag eendag saam met hom die Gorillas in Uganda wil gaan sien.
3 jaar 11 maande 6 dae 18 ure oud


***
Het ook al gewonder...
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


Ano
Weg
Nogal ne! Daar is 100e kere meer voels as die dooies wat opgetel word.
3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Voëls
. . . enetjie wat hom teen my venster vasgevlieg het, het al in my hande gesterf. Of miskien wás hy al dood. Ek't sy hartjie probeer masseer. Verniet.

Baie van die op my werf, het in die rondloperkat se maag beland.

Jesus sê nie een van hulle val uit die hemel sonder dat Hy weet nie . . .

3 jaar 11 maande 1 week 3 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Dans van die Vlammevers

    deur Evelyn van der Merwe

    100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar