Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek het op hierdie stukkie in Die Burger van 6 April 2015 afgekom, wat ek graag met Woesters wil deel. Ek dink ons kan almal iets hieruit leer.

Dit gaan eintlik oor die die ATKV-en-JIP-gedigtekompetisie vir graad 8 tot 12, maar is net so relevant vir alle digters.

Hier is 'n ongeredigeerde uittreksel:

Hier is ’n paar wenke van die liedjieskrywer en musikant Deon Meiring, hoofsanger van Glaskas, wat jy in gedagte kan hou:

■ ’n Goeie gedig teken gewoonlik ’n prentjie in iemand anders se verbeelding.

As ’n mens alles uitspel, is daar niks oor vir die verbeelding nie.

Kyk liefs hoe jy die verbeelding kan prikkel.

■ Leer by ander gedigte. Doen moeite om te sien watter eienskappe jou gunsteling-gedigte het. As jy nie ’n gunsteling-gedig het nie, móét jy gaan soek.

■ Moet nooit bang wees om te skryf nie. As jy voel jy haak vas – skryf doelbewus ’n slegte gedig.

Dikwels kom jou kreatiwiteit juis na vore as jy nie meer bekommerd is oor vooropgestelde idees van wat “briljant” is nie.

■Krap woorde dood. Gedigte moet so min moontlik woorde gebruik om iets te sê. Soek woorde om dood te krap en kyk of dit wat oorbly nie eintlik sterker is nie.

■ Wees dikvellig en leergierig. Dan kry kritiek jou nie so maklik onder nie en kan dit jou help om beter te skryf.



Vic Viviers
6 April 2015



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wenke
Wonderlike raad vir ieder en elk wat al ooi hul hand aan die digkuns gewaag het, steeds dig of graag wil dig! Baie dankie vir jou mededeelsaamheid, Vic!!
4 jaar 1 maand 2 weke 16 ure oud


wenke
Baie dankie vir die deel van hierdie inligting Vic
4 jaar 1 maand 2 weke 1 dag oud


die weervoorspelling
dankie hiervoor Vic.
4 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 14 ure oud


Wenke vir die skryf van gedigte
Inderdaad.
4 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar