Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ons lewensjare word net besiger en besiger. Elke dag se uitdagings word al hoe meer gesofistikeerd en onderworpe aan hoër eise soms met meedoënlose gevolge. Elkeen weet hoe dit gaan en kan boeke oor hierdie onderwerp skrywe. Ons ontwikkel ʼn Nuwejaars belangstelling in iets, bekyk en oorweeg dit en besluit dan of dit vir óns is, óf nie. Soms is ons reg en soms is ons totaal verkeerd.
Wat is so fassinerend aan al hierdie uitdagings?
Ons mis 100% van die voorneme wat ons nie voor kans gesien het nie.

Ons dink na oor wat in die verlede gestorwe lê en die waarnemings van elke dag met ons eie bedekte oproepe wat weer in die verskiet lê. Soms is ons te bedrywig en dit veroorsaak dat ons nie genoegsaam nadink oor al hierdie verborge dinge nie... Wel, soms is dit geleenthede wat verbeur word waardeur ons voordeel daaruit kon trek. Nou sou jy dalk kon sê: “daar is ook geleenthede met hoë risiko om te vermy” en jy is 100% reg.

Daar is baie riskante voornemens wat ons nie behoort te oorweeg. Wees altyd waaksaam op die lewensweë, dis maklik om weg te smelt in die beproewinge wat oor ons weë kom, dan is die prys te hoog om te betaal vir daardie risiko wat ons kon vermy het. Jy kan dalk sê; “ek het niks om te verloor nie.” Maar waar lê die waarborg dan?

Dit is met reg om bekommerd te wees oor ons strategieë vir die sombere toekoms ... en tog wonder ons of dit nou die tyd is om te oordink wat ons dalk behoort te doen ... Die soort geleentheid kom soms net eenmaal in ons lewe voor waarin ons kan vra om duidelikheid te kry oor ons vrae.

Wanneer is dit die regte oomblik om ja te sê vir daardie uitmergelende geleentheid. Met elke sekonde wat aftik is dit al hoe nader dat daar nie meer tyd oor is om ja te sê nie. Ons Meester van deel en lot kom klop onvoorwaardelik aan die harte. Is ons bereid om op Sy versoek te antwoord, om ʼn nuwe begin te maak?

Klink dit regverdig?

Is ons gereed om te begin daar by die veiligste vesting wat op geloofwaardige fondamente gegrond is? Wie is geneë vir hierdie opwindende geleentheid?

04/01/2016 om 11h31.

vanzylarnold@gmail.com



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wense
Ek is voorwaar gereed!
3 jaar 4 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


Wense
Dankie Arnold vir hierdie gedeelte.
3 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


Adios amigos.
'n Goue skrywers-era wat gekom het op ons lewensbaan, sal net oorbly in 'n onvergeetlike samesyn herinneringe. Mag elk wat hier lees net op jou weë seëninge en geluk oes.

vanzylarnold@gmail.com
3 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 20 ure oud


Klink dit regverdig?
Beslis!

(Ek kan nie glo dat mense kan dink dat hierdie uitnodiging dom, onbillik of onwaar is nie.)
3 jaar 4 maande 2 weke 4 dae 22 ure oud


wense
Dankie vir die deel.
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


wense
Dankie arnold
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


wense aan vriende wat ek nog nooit gesien het nie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Wense
Soos Amaspoke se. Hy klop elke oomblik aan die deur. Wat sal wees, sal wees.
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Wense
HY klop elke oomblik aan die deur, die onus is op ons om oop te maak. Net so is die lewe en ons kan nie vir ewig wegskram nie. Goieie wense en voorspoed. Ek sou graag van my vriende op Woes beter wou leer ken maar dit is anders besluit en ek moet aanvaar.
3 jaar 4 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar