Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"n Openbaring word deur verskillende mense gedefineer,meestal met 'n Bybelse verwantskap.Eintlik is dit maar net 'n oomblik van duidelikheid.
Vanmore,na ek ek 'n rukkie op Woes rondgekrak het,kry ek so 'n oomblik.Naas my bekering was die dag toe ek Woes ontdek het, een van die grootste oomblikke van my lewe.
Dankie vir al die ander Woesers wat my lewe opkikker,my horison verbreed,my somtyds frustreer,my aanspoor tot hoer hoogtes.
Ek het my vroeere stokperdjies afgesterf,maar nooit geweet dat so 'n verryking van my lewe voor sou le nie.
Kom,my medeskrywers,geniet dit en mag ons op ons beurt nog vele bekend stel aan hierdie ongelooflike belewenes.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Johnie
Johnie, ek stem een honderd persent met jou saam. . .

Synde onder meer 'n vryskut joernalis, rubriek- en liedjieskrywer, het ek nog nooit en ek bedoel nooit in my ganse lewe en jare en jare as skrywer so baie geskryf soos hier op Woes nie.

Ek het geskryf, gelees en vriende gemaak. Gehuil, gelag en sommer net geleer om my mede Woesters lief te kry.

Lank lewe Woes!
7 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 7 ure oud


WOESte Lewe
Johnie007, omdat jy altyd (meeste van die tyd) Woes se resensies in ons Nuusbrief hanteer, gaan ek jou bydrae nou sommer resenseer:

Beslis 'n MOET lees vir 'n ieder en 'n elk wat Afrikaans kan lees, skryf en praat. Die outeur se kundige toepassing van sy helder denke is verblydend en word met bewondering waargeneem.

Dankie Johnie007, jy's 'n ster!!! :D
7 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 8 ure oud



Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar