Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 2
Aantal woorde: 424
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 13 Jan 2016
Niks kom egter ooit onverwags nie – dit is net die skok van die werklikheid wat die gebeurtenis grafies en real maak!
Ek, en baie weet dat in hierdie projek van Willem baie geld in gegaan het en dat mense tandepasta sal versaak maar sy lugtyd en duur selfoon sal hy koop – waar Willem sy geld moet uitkrap om die saak lonend te hou, is sy saak.
Sorry Mater.
Ek kan namens niemand praat nie.
Ek kan slegs my eie hart uit stort.
En
Dit sal maar net wees oor wat Willem as persoon en sy besondere kreatiwiteit en produk soos Woes in al sy fasette, in my lewe laat gebeur het.
Ek glo, as skrywer in murg en been, is dit dan ook wat gemaak het dat ek ‘n mense-mens geword het – met al die gevolge daarvan.
Daar is tegniese redes waarom ‘n skrywer nie alles wat hy skryf op die Internet mag plaas nie. Die grootse rede is :
Dan is die werk alreeds gepubliseer en verloor dit al sy waarde.
Tog was dit heerlik en ook groot pret om al die werke en in al die kategorieë wat Woes gebied het, te kon plaas.
Juis dan is ook vriendskappe versamel – vriendskappe met wonderlike ander mense!
Die grootste wat my kop laat rol het – was die gesigloses. Die mense wat net gelees het en dit ook geniet het maar nooit ‘n woord uitgelap het nie.
Gedurende 1015 alleen het bykans 300,000 ‘kliks’ deur my afdeling gegaan.
Op hierdie manier kan elke een van ons bydraers homself op die rug klap met die baie mense wat sy werke geniet.
Hierdie statistiek was petrol op my ‘skryfvuur’ en die versoeking was soms amper onuithoubaar om vir hierdie gierige lesers van my verborge skrywes te gee om ook te geniet.
Willem . . .
Ek neem jou hand en seg dankie.
Carol, Mandie . . . . ag, ek weet daar is ook name in die agtergrond . . . Gaan met vrede in julle se harte – julle het wel gedaan.
Ek weet hierdie is net ‘n groet en gladnie Koebaai nie.
Op hierdie fondasie sal iets anders verrys – iets waarna ek nogal nuuskierig uitsien.
Baie dankie weereens.
Ek druk my eie karkas vanoggend weer met die opstaan – en ek druk-druk-druk met die vingerpunte om te voel . .
Ek wil voel of ek iets raak druk - iets waaraan ek in die volgende paar uur sal doodgaan . . .
Ek druk niks raak nie . . .
Dus
Tot dan . . .
Is ek steeds hier.
Baai!
Lees ander gorrelstukke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?
In ons gedagtes en vriendskappe en herinnering sal Woes ewig voortleef!!!
Ai ek wens die sluiting was nie waar nie!!!!!!