Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My beplande boek is fiksie en die eerste keer dat ek probeer om meer as 'n kort verhaal te skryf. Hoe dit sal verloop kan geen mens in die heelal sê nie. So as jy geld het, wed eerder op 'n ou perdjie totdat ons so 'n paar hoofstukke in is en ons kan kyk of ek die pas kan volhou.

My storie gaan oor die lewe en die paadjies wat ons stap om watter rede ookal en die uitkomste, afdraai paadjies, vreugdes en teleurstellings wat ons op sulke reise te beurt val.

Larina is 'n tipiese afrikaanse vrou wat oorgewig is, hou van musiek en wyn en besluit het dis tyd dat sy iets doen omtrent die feit dat sy steeds alleen en liefdeloos is. Haar hart het haar oortuig dat die gewig en die alleen direk met mekaar verbind is.

Dit is 'n kronkelpad met opraendes, afdraendes, dorings en skadu bome.

Stap saam met Larina en dan kyk ons waar kom ons uit.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skryf
Baie sterkte met hierdie skrywery. Mag daai perd sommer goed vir jou hardloop.
5 jaar 11 maande 2 weke 3 dae 19 ure oud


Koorsdoring
Dit klink na 'n interessante verhaal - alles van die beste en lekker skryf!!! :))
5 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 5 ure oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar