Projek: WOES Skryf WOES 2015
Weergawe: 1
Aantal woorde: 175
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 03 Feb 2015
Vir inkomste het ek my eie boekhoubesigheid begin en doen 'n paar klein besighede se boeke deeltyds, net genoeg sodat daar oorgenoeg tyd vir skryf kan wees.
Ek dreig al lank om my hand aan 'n volskaalse roman te waag, my droom van kleinsaf om eendag boeke te skryf.
Na vele skryfkursusse, het ek egter besluit om eers 'n digbundel uit te gee, voor ek 'n roman begin skryf.
Na twee gepubliseerde digbundels, 'n E-boek, en 'n suksesvolle blog, het ek einde verlede jaar besluit om hierdie jaar werklik 'n poging aan te wend met 'n roman.
Toe kom maak Woes dit vir my maklik. Hierdie wonderlike idee van hulle het gekom asof dit gestuur is. Ek gaan my hart uitskryf en hoop daar kom iets goed daarvan.
Met al die lesers en medeskrywers se kommentaar en hulp, kan dit net goed gaan.
Dankie Woes :)
Lees ander gorrelstukke deur Driekie Grobler
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.