Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek gaan 'n allemintige poging aanwend om 'n digbundel te griffel.
Ek het slegs 4 voltooide gediggies wat ek sal oplaai vir hierdie week. Van volgende week af sal ek egter aan heeltemal splinternuwe gedigte moet skryf.

Ek neem ook deel aan WOES-Skryf-WOES se roman-afdeling met my inskrywing getiteld, Die Roofdier. Die roman is my prioriteit. Ek gaan egter die digbundel ook aanpak, want ek het so baie om te sê oor die doen en late van die ou mensdom en gedigte lyk na die ideale medium om my stem te laat hoor.

As voltydse vryskutskrywer werk ek heeldag en aldag met woorde vir my brood en botter. Ek is doodsbenoud dat ek te veel hooi op my vurk laai, maar weet julle, ek gaan probeer, en dis al wat tel.

Hoop jul gaan van my skryfpogings hou en ek sien uit na al die kommentaar en raad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

You Go, Girl!!
Jy kan. :))
5 jaar 1 maand 3 weke 6 dae 20 ure oud


digbundel
Sjoe, jy's baie dapper. . . .sterkte en lekker skryf :-)
5 jaar 2 maande 4 dae oud


Woes skryf woes
Wow Louise, dit klink avontuurlustig en wonderlik. Jy is ook in die posisie waar ek begeer om te wees, 'n voltydse vryskutskrywer. Sterkte met wat jy aanpak, en na aanleiding van die gediggies wat ek vanoggend van jou gelees het, gaan hierdie sommer 'n groot treffer wees, sterkte ook met die roman :)
5 jaar 2 maande 4 dae 5 ure oud


Gaan groot!
;-)
5 jaar 2 maande 4 dae 11 ure oud


WOES-Skryf-WOES Digbundel

Probeer is die beste geweer, en dis al wat tel, met 'n digbundel en roman in die hand.

Sterkte en geniet die geleentheid.
5 jaar 2 maande 4 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar