Projek: WOES Skryf WOES 2015
Weergawe: 1
Aantal woorde: 274
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 05 Feb 2015
Alles wat Milah geken en lief gehad het is besig om spoedig in een te stort. Sy kom voor ‘n kruispad te staan in haar lewe en moet gedwonge ‘n besluit maak.
Sy maak haarself skuldig aan dit wat sy van haar man vermoed en bedien hom met ‘n daarvaarding vir ‘n egskeiding, dan vind sy uit dat sy verwag.
Gaan sy reg besluit?
Ek skryf onder die skuilnaam Zellie, gedoop van kleins af met die bynaam. My naam is Lezélle Badenhorst en Ons REDE is die boek wat ek gaan poog om klaar te skryf met die hulp en motiveering van julle.
Ek het ‘n liefde vir skryf ontwikkel, ook toe ek baie klein was. Ek het saam met ‘n vriendin ‘n onvoltooide boek op skool geskryf, miskien sal ons dit ééndag voltooi.
Om 'n boek te skryf was nog altyd my droom en hopelik sal ek daarin slaag.
Kom lees asseblief saam aan die roman en ek sal probeer om jou weg te voer in die intriges van die redes agter elke karakter se besluite wat hulle neem.
Enige kommentaar is welkom. Enige raad en reghelp word waardeer.
Só, moet asseblief nie huiwer om spelfoute en inkorekte sins konstruksie uit te wys nie. Julle is ook welkom om vrae te vra en idees te bied soos julle goed dink.
Ek neem elkeen se opinie na harte.
Groetenis,
L Badenhorst
Lees ander gorrelstukke deur Zellie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Anria
Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.