Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is 'n tikmasjien, 'n elektroniese een.
Ek skryf gedigte en rympies, lees ander mense se gedagtes, skryf my eie neer...
Sommiges dink dit is skerp, ander dink dis snert.
So af en toe raak ek filosofies, meestal mymer ek maar net oor dit wat ek tussen wakker en slaap in my onderbewuste opdis.
So af en toe skryf ek aspris oor iets, maar meeste van dit wat ek neerskryf is redelik toevallig iets wat by my opkom.

Ek gaan poog om 'n digbundel saam te stel.

Ek is nie vreeslik georganiseerd nie, meestal is langtermynbeplanning vir my as ek opstaan en ek besluit wat ek vir ontbyt gaan eet, dus sal die vorm en uitleg van die bundel waarskynlik vir myself net so 'n verrassing wees as vir die res van die Woes lesers.

Ek beskou myself as 'n patriot, maar wat dit deesdae behels, is ek self nie meer seker nie. Wat wel seker is, is dat ek lief is vir die natuur, my moedertaal Afrikaans en vir my familie en volksgenote.

Groetnis.
Ekke.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goeie opsomming oor jouself, dink ek.
Ek geniet dit ook altyd om jou werk te lees, of dit nou toevallig geskryf is of met opset.

4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 4 ure oud


sterkte
sterkte met jou poging
4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


WV
wonderlik, ek hoor jou toetse kletter
skryf, skryf, skryf en laat die vuur in jou knetter!
4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Woes
Ek het so 'n spesmaas dat ons jou van tyd tot tyd sal moet aanspreek oor daai langtermyn beplanning, Woordverwerker. Ek geniet dit altyd om jou werk te lees - dit sit mens ook gewoonlik bietjie aan die dink. En jou natuurbeskrywings is altyd vir my baie treffend . . .ja, en soms se jy sulke slim goed :-)

Lekker skryf . . .en ons sien uit na die verrassings :-)
4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud


Woordverwerker
Dis wonderlik en ek is werklik bly jy's saam met ons in die ding :))
Alles van die beste en geniet elke oomblik darvan :))
4 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud



Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar