Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek hoef dit nie uit te spel; nie.
Ek is presies soos elke man wat sy sout werd is –
Ek is trots op my vrou.

(Psssst:
Ek kan nie anders nie want na 47 jaar is sy nie meer omruilbaar nie tensy ek instem dat sy ons tande kan behou!)

Maar nou ondervind elke man dieselfde ding:
Wat laat jou vrou se moer strip?
Wat laat jou vrou opspring en die geselskap verlaat?

Ek het nie antwoord nie want ek ken nie vir jou vrou nie maar ek sal jou vertel wat laat my vrou se moer strip –
Wanneer een van die familie vrouens of enige ander vrou die gesprek verander en begin sing oor hoe wonderlik is haar kinders en hoe skyn die son uit hulle gatte uit en hoe presteer hulle in die lewe en hoe en hoe en hoe . . .

Dan vlieg sy op want die realiteit is dat twee van haar kinders is human futups !
Wel gelukkige(?) mense maar met ‘n history van egskeiding, buite egtelike kinders –

{Die vent kon nie sy reverse kry nie en die langbeen kroeg Porra die verweer:
Maar tannie, ‘n baba is die grootse geskenk wat enige vrou aan ‘n man kan gee . . . !}
Ek dwaal af. Dit is nou haar kwessie maar ek sien die groter prentjie:
Haar kinders is human wonderwerke:
Boeta se oor die draad spring Porratjie is deur hom so gemotiveer dat hy die Skool se beste klavier musikant is en dit terwyl hy nog in die grade is.

Niemand behalwe sy onderwyseres klap egter hande nie want Boeta is ernstig:
“Twee ure voor daai klavier of ek donner jou!”
Ter illustrasie dat hy met opvoeding geen twak vat nie.

Ek dwaal weer af –
Die winkels het net nie meer sterk genoeg haarkleursel vir Anita se grys hare nie.
Grys hare oor Inus – Inus wat net ‘n bal soek of wil hol – alles behalwe op sy gat sit en aandag aan sy skoolwerk gee.
{Inus is die oudste dogter se seun by ‘n futup man ( en al meer as tien jaar geskei) .
‘n NIKS!}

Hy weier om aan ‘n boek te vat en die skole is eenvormig – Jy moet aansoek doen om te dop!
Hulle dop jou nie regtig nie . . . (?)

Op voorwaarde jy is beroemd!
En Inus is as kind al beroemd.

Wag, laat ek my woordgebruik regstel – netnou dink jy ek is egoïsties.

Anita en die ander kinders dink nou soos Ernie Els se ouma gereken het:
“My kind, geniet jou gholf. Speel gerus en speel jou hart uit –
Maar, in Vadersnaam, maak tog net ten minste jou matriek!”
Nou is Almal seker dat Inus is ‘n groot futup.
Wat gaan hy eendag doen ?
Hoe gaan hy Universiteit toelating kry en die ergste:
Wat sal hy eendag wil doen want op sy gat wil hy nie sit nie.

En moedeloos laat sak sy haar kop en hoor nie as ek vir seker vir haar beloof:
“Jy worry verniet want op 25 jaar het Inus al R25 Miljoen in die bank!”

Dan staan sy op en loop :
“Wat jy waar kry?
Sonder matriek ?
Jy is nou ketools in jou kop!”

En sy skop die kombuis deur toe, want sy weet Susan is op pad en Susan se kleinseun is wunderbaar en hy gaan ‘n Michael Shumacher word want hy kan al die skool se trekker met twee sleepwaens agteruit reverse . . .
En dan moet sy nou vir die hele tee periode ook nog aanhoor hoe wunderbaar is die lat se sussie ook!
Dit terwyl haar kleinkind elke sekonde ‘n rugbybal in die lug skop en vang en nie eers weet waar is sy skooltas nie.

Ek dink julle kan maar net wag vir die nuus
Ek sal dit hier op Gorrel plaas
Of
Wag
Ek sal dit as ‘n hartroerende gedig plaas:
My geliefde en mooie vrou is uiteindelik van haar kop af!

Dink julle ek is van my kop af?

Mense.
Mense is in groepe – self gevormde groepe
Kerk verband groepe
Stokperdjie groepe
Belangstelling groepe

Enige manier maak dat mense groepeer en dan –
En dit is wonderlik:
Hierdie mense-groepe ken mekaar al is dit net van hoor.

Op hierdie manier is die sport mense ook groepe en alhoewel die Atletiek mense hom soek en alhoewel hy massiewe aanbod kry van ‘n krieket skool aan die Rand waarvandaan die meeste beroemde krieket spelers kom, hou hy van Rugby en kort hy nog net Blou Bul kleure en Vrystaat kleure dan het al die kleure van rugby in die land want op hierdie oomblik is hy in Natal – op hulle koste as een van net 14 uitgesoektes in die land – Sharkbloed vir die toekoms. En . .
Is almal daar om sy hand te skud en lui sy program as volg:

Gister gevlieg en ingeboek in Riverside Hotel en Spa en uitgerus met ‘n tas vol klere en gebraai saam met beroemdes en saam met Carl Du Plessis aan tafel gesit en meer -
Vandag:
Ontbyt in Sharks stadion en getoets vir fiks, besering en gesond deur Sharks se biokinetikus.
Middagete saam met groot Sharks en oefen dan saam met hulle
Gaan saam in ‘n groep na die Gateway toe en
Vanaand saam met baie Springbokke en Sharks en die bestes uit die Rugby wêreld vir ‘n formeel . . .
En so loop dit aan en ek soek na Anita:

Dit is bediende dag en ek vind hulle is aan’t skuif:
“Anita, en nou?”
“Ek bring ‘n tafel in hierdie kamer in”
“Hoekom my vrou?”

“Daai mannetjie kom Sondag terug. Hy gaan hier inboek. Hy gaan hier, net hier onder my toesig op sy gat sit – ek sal hom deur matriek neuk!”

Ek is ‘n mens wat verstaan.
“Ek verstaan my vrou. Wat dink jy waarvoor moet Inus eendag leer my vrou?”
“Onderwyser! – hy sal onderwys swot – dit is maklik!”

Okei.
Het julle nou die storie?
Ek het ‘n kleinseun wat eendag ‘n onderwyser gaan word!
Wunderbaar!

2014/01/08








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Jy's dalk reg met die R25 miljoen, maar nie as onderwyser nie, glo ek...

Lekker, man!
4 jaar 6 maande 6 dae 20 ure oud


Wunder
En dit sal alles van die TAFEL af gebeur! As Die Wolfin gepraat het, is dit verby!!!
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


Wunderbar!
'n Man kan ook nie anders as hy so 'n wunderbare ouma het nie!
(Wunderbar geskryf!)
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 16 ure oud


Wunderbare kleinseun
Hahahaaa, oom Willie, net so geniet soos altyd! Ai ja, die kinders en al hulle dingetjies hou ons op ons tone!
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 19 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar