Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oom Piet ons buurman, is ‘n snaakse oom
Hy bly nie op die grond nie, maar in ‘n huis in ‘n boom
Hy hou daarvan so hoog in die lug
Tussen die blare voel hy veilig en dig

Elke volmaan sien ek oom Piet starend op sy stoep,
En hoor hom hard en duidelik roep:
“ 10, 9, 8, moenie laat wag, sewe, ses, vyf, hou vas jou lyf
4, 3, 2, hier gaan ek stoksiel alleen!”

Almal dink oom Piet is kêns
Mamma reken hy is ‘n unieke mens
Maar wat hulle nie weet nie, en wat hulle nie verstaan
Is dat oom Piet, ja glo dit ; was al op die maan!


Ek kon dit ook nie daardie eerste keer glo
Toe klim ek tot in die boomhuis hoog daarbo
En daar was dit! Die etiket effens dof,
in ‘n glas bottel – ‘n fyn, grys stof

“Sand van die maan”, het die oom in my oor gefluister
Ek was so verbaas, kon net staan en luister
Van hoe oom Piet, jonk en vir niks nie bang,
‘n vuurpyl gebou het om die man in die maan te gaan vang

Hy het gebruik: ‘n groot drom vir die kajuit
‘n gat gemaak waar hy kon in en uit
Op die neus het hy ‘n weber braai gesit
En vir die stert rooi roeispane gespan in gelid

Maar in die vuurpyl was dit glad nie koelie
En oom Piet trek die ding toe oor met foelie
Daarna sê hy; het hy dit geverf: helder geel en rooi
Toe lyk die vuurpyl vir oom Piet tog te mooi

Die reis na die maan het ook spesiale klere gevra:
‘n Visbak, swaar stewels en ‘n vissermanspak moes hy dra
Die klere was warm, die klere was swaar,
maar oom Piet, jonk en dapper, het glad nie gekla

Oor hoe hy in die lug gaan kom, was vir hom ‘n groot kommer
Daar oor het die oom glo dae lank gewonder
Toe kry oom Piet die blink idée
Vuurwerke sal sy tuig genoeg krag kan gee

By die Chinees se winkel op die hoek
Het oom Piet gekry waarna hy soek
‘n magdom vuurwerke te kies en te keur
Grootes en kleintjies in verskillende kleur

By die huis het oom Piet dit saam gebondel
En dit toe onder die vuurpyl se stert ingefrommel
Met net een vuurhoutjie, met net een vlam
Is oom Piet die ruimte in met een groot: Bam!

Die aarde het al kleiner en kleiner geword
Later net ‘n spikkel op ‘n groot swartbord
Oom Piet het heeltyd na sy horlosie gegluur
En sê die reis na die maan het dertien ure geduur

Die landing was sag en die landing was goed
En oom Piet het daar uitgeklim propvol moed

En weet jy, oom Piet sê toe hy trap
Styg hy in die lug op en dis geen grap!
So het oom Piet toe hop-hop gestap
Versigtig om nie die maangasse te hap

Die maan is net so wyd soos grote Afrika
Vol berge, valleie, en kraters van lawa
Op die maan is daar geen wind en weer
Want sien die maan het geen atmosfeer

Die maan is al oud: 4, 5 biljoen jaar
Oom Piet sê so, dan is dit mos waar
Hy moet mos weet, hy was dan al daar
Sy voetspore sal daar lê vir 10 miljoen jaar!

Die man in die maan het oom Piet nooit gekry
Die vabond loop dus nog daar - lekker vry
Nou kyk ek daai stof in oom Piet se fles
En dink by my selwers hier is vir my ‘n les:

Waar oom Piet gefaal het, daar moet ek heengaan
My missie is: kry die man in die maan!
Ek bou nou my eie groot ruimtetuig
Met planne sommer so uit my duim gesuig
Oom Piet die hou darem ‘n wakende oog
Om seker te maak ek maak nie droog

Ons werk vinnig, ons werk akkuraat
Want ons tyd loop uit,
Ons bou die lyf, die neus en sit in ‘n ruit
Ons konsentreer klip hard -
ons werk sonder ‘n geluid

Ons hammer en ons timmer, ons verf en ons meet
En vier dae later is my vuurpyl gereed

Ons hys hom op; tot op die boomhuis se stoep
Want vanaand is dit volmaan, en sal oom Piet weer roep:
“ 10, 9, 8, moenie laat wag, sewe, ses, vyf, hou vas jou lyf
4, 3, 2, hier gaan ek stoksiel alleen!”

Maar die keer gaan dit ek wees daar agter die stuur
Dit is ék wat gaan reis vir dertien uur
Want ek is dapper en ek is jonk, nes dit ‘n held betaam
En ek gaan teurgkom, onder my arm, met die man van die maan

Dalk dink jy ek is slim, dalk hou jy van my plan
Of dalk wonder jy of ek regtig kan
Staan dan vanaand en wag op jou stoep
En ek wed jou jy sal my duidelik hoor roep:
“ 10, 9, 8, moenie laat wag, sewe, ses, vyf, hou vas jou lyf
4, 3, 2, hier gaan ek stoksiel alleen!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Maanman
Jou storie uit rymelary is prettig verby =)
9 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar