Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek tel klere vies uit die modder op. Hierdie ysige wind waai al my goeie voornemens weg. Ek wou die dogter wees van wie elke ouer droom: hardwerkend, eerbiedig, geduldig ... maar nie in dié weer nie.

As straf vir my “gesindheidsprobleem” moet ek die gesin se wasgoed was. Die waskamertjie het 'n onhigiëniese gevoel. Oral lê plasse water en stukke verf wat van die mure afgedop het. Ek gooi die klere in 'n bad en verag die tannies wat gesellig skinder.

Later stap ek dikbek terug na die braaiplek toe. Ek is verlig om nie vir Carien naby te sien nie. Ek gaan sit op 'n driebeen-kampstoeltjie naby die vuur. Die son skyn goud oor die berge. Een van die rotsformasies is gevorm soos 'n paddastoel. Ek eet lekker saam met my ouers. Dit begin reën en ek klim druipstert in my tent. Reën is 'n regte pretbederwer.

Die lug is vars ná die aand se reënbui. Carien smeer sonbrandmiddel aan haar sproetgesig toe ek uiteindelik by die gesin aansluit. Húlle staan opgewonde aan die voet van die berg.
“Hierdie roete sal ongeveer ses uur duur,” sê my pa, wat die bordjie bestudeer. Ons begin aanstap met die klipperige pad. Ek en Carien trek ons neuse op vir my ma, wat twee veldblommetjies pluk. “Dit herinner my aan my dogters,” sê sy liefies. Ek loop nors agteraan die entoesiastiese ry.

Ons stap deur 'n kloof en verby 'n waterval. Ek kla oor my stapstewels wat my tone druk. My straf? Ek moet die rugsak dra. Dis eers toe ons met 'n kettingleer teen die eerste krans opklim, dat ek opmerk hoe natgesweet my gesin is. Ek en Carien skree by die hol kranse dat dit oor die vallei eggo.

Die donderweer dawer toe ons die plato bereik. Dit begin skielik reën. Ek verwonder my aan hierdie weer ... so stormagtig en onvoorspelbaar. Eintlik presies soos ek. My lam bene sukkel om nie te gly nie. Ek gee die rugsak woordeloos vir my pa aan. Hy kyk vir 'n oomblik goedkeurend na my. “Jou gesindheid het verbeter!” Ek kry hoendervleis van die reën wat ons nou vrygewig natgooi.

Uiteindelik sien ons 'n bamboesskerm op die kruin van die berg. Dit word die wenstreep waarna ons sukkelend oor 'n groen, heuwelagtige atletiekbaan hardloop. Ons val neer op die sponsmatrassies en lag uitbundig vir my ma – wat nogsteeds aan die verlepte veldblommetjies vasklou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Veldblommetjies
Ja, blommetjies is so pragtig vars gepluk, maar verlep ook maar in Mammas se hande. En hierdie waarheid simboliseer jy pragtig geselsende.
6 jaar 8 maande 3 dae 14 ure oud


***
Lekker saam gekamp dankie.
6 jaar 8 maande 1 week oud


blommetjies
ek hou baie hiervan Mima - jou kortstorie is puik geskryf!
6 jaar 8 maande 1 week 15 ure oud


Atmosfeer
Jy gee die atmosfeer van kampeer, waskamertjies en voetslaan in die reën met dikmond kinders so goed weer! En dan die lekker onthou agterna!
6 jaar 8 maande 1 week 17 ure oud


veldblommetjies
En laat los is min. Lekker gelees dankie.
6 jaar 8 maande 1 week 18 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar