Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit lyk asof die verskrikte seuntjie dwarsdeur die muur probeer struikel… hy wil ontsnap, maar hoe? Sy byna sokkerbalgrootte oë bly vasgenael op die gruwelike goen ding… maar wat is dit?
Dan kom dit nader… stadig, maar dreigeng. Een slymerige klou sluit om die seun se enkel. Hy wil skree, maar ewe skielik voel selfs sy stembande verlam.
Nog ‘n klou gryp na sy bobeen… groot swart tande delf deur ‘n klein wit beentjie


Mia knyp haar oë styf toe en skakel die televisie af. Om horrors te kyk as jy alleen by huis is is nie ‘n grap nie! Nou is sy te bang om te slaap. Sê nou maar daai ding kom vang haar vanaand…
Eintlik moet haar broer, Justin, na haar kyk . Ma- en Pa Louw is by ‘n werksfunksie in die stad. Ongelukkig dink liefste broeder Justin nou dis die ideale geleentheid om saam met een of ander meisie te gaan fliek.
Bewerig lê Mia in haar bed. Haar oë is styf toe. Sy is te bang vir wat sy dalk sal sien as sy hulle oopmaak… en sy is te bang vir wat sy dalk gaan sien as sy droom.
Lank lê sy so – te bang om enige iets te doen behalwe net lê.
Skielik vlieg haar oë oop… was dit net haar verbeelding of… dan hoor sy dit weer: iewers in die huis klink ‘n onheilspellende getik-tik teen hout op.
“Kalmeer, Mia, dis seker net jou verbeelding,” probeer sy haarself paai. Maar dit help nie. Sy wèèt dit was regtig.
Weer is daar ‘n tik-tik. Mia wil huil, maar sy sluk die trane. Dit het opgehou. Sy nael na haar kamerdeur toe.Die deur wat gesluit word en die terughardloop bed toe is ampere een aksie. In die hardloop gooi sy die sleutel iewers neer – die hemel weet waar.
Beangs trek sy die kombers styf oor haar kop.
Sy luister weer… daar is niks.
“Dis verby, dis verby,” probeer sy haarself nog’n keer kalmeer met ‘n tranerige gefluister.
Grts, grts, grts, grts…
Die keer is die geluide gevaarlik naby aan haar kamervenster.
Mia se maag trek op ‘n knop. Sy kan die trane wat oor haar wange rol nou nie meer keer nie. Paniekbevange val sy by die bed uit. Hier kan sy nie bly nie.
Sy strompel-kruip deur se kant toe… byna net soos die slagoffer in die storie. Haar oê bly vasgenael op die venster. Dis waar sy Dit laas gehoor het.
Grts
Hardloop! Skreeu Mia se binneste. Sy pluk aan die deur, maar… dis gesluit!
Tiktiktik tik tiktik
Hierdie keer is dit harder… dringender… teen die venster…
“Whaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa!!!!!!!!!” Mia uiter ‘n skirl kreet soos net ‘n meisie kan. Deur die gordyn sien sy dit: Groen. Sy voel ‘n skoen of iets langs haar en slinger dit na die venster.
Glas spat uitmekaar. Die ding buite kreun.
“Wat de hel, Vroumens! Lyk ek vir jou soos ‘n rooi kruis?!” Skree dit.
Mia se oë rek : die keer van verbasing, nie angs nie. Monsters klink mos nie sò nie.
Vererg pluk Justin die gordyne oop. Sy groen Springboktrui is nou rooi gevlek van die bloed wat by sy neus uitpeul “Is jy van jou kop af? En vir wat kom maak jy nie die voordeur oop as ek klop nie?”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Monster
Aaaaah! Cool! Hiehie...
6 jaar 2 maande 2 weke 19 ure oud


Monster
En 'n heerlike verrassende einde! En die inhoud....NET so oulik!!!
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Monster
Sjoe, met die lees van die heel eerste deeltjie het mens skoon hoendervleis en het jy net daar ALLE, VOLLE aandag!
6 jaar 3 maande 1 week 3 dae 6 ure oud


Groen monster
Jy doen dit weer om my nuuskierig te hou, Lekker lees storie Vulletjie.
6 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 10 ure oud


Monster
Baie oulik! Die gedeelte waar Justin se : Vroumens lyk ek vir jou soos die rooi kruis?, ek kop nog nie daai gedeelte so mooi nie. Rooi kruis is `n noodhulp instansie. Of is die rooi kruis dalk bedoel vir `n teiken ?
6 jaar 3 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


Groen
'n Les vir albei te leer, of hoe? Lekker verhaaltjie.
6 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 2 ure oud


Monster
Vulletjie! As my regtig wil weet wat my oorspronklike kommentaar was sal jy maar vir Moekie Moët vra, jy het my lekker geboul. Puik storie en soos altyd neergepen soos net jy kan en waar aan ons nou al gewoond geraak het. Geluk met n puik verhaal
6 jaar 3 maande 2 weke 5 dae 23 ure oud


V
Hi Vulletjie,
Ek het jou storie heerlik geniet.
Pas net op - die groen monster is misleidend aangesien "die groen monster" gewoonlik met jaloesie geassosieer word.

Vlakvark groete.
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


Mpnster
Dit klink baie bekend. Het ook al met my gebeur, maar die einde was net anders!

Lekker gelees.
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Groen Monster
Uitstekend vertel... sal vir Mia leer om eerder komedies te kyk as jy alleen is!
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


Groen monster
Oulike storie, Vulletjie, bietjie taalwerk nodig, maar baie spanningsvol :)
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 11 ure oud


...
Sal hom leer om sy eie sleutel saam te vat!
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


Monster . . .
Whaaaa . . . !

Uitstekend !
Al my punte.
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 19 ure oud


Monster
Pragtig Vulletjie. Jy het my nou amper bang gehad!! Wonderlik hoe mens jouself kan bang maak en dink. Ek is al 60 jaar oud en "hoor" soms in die nag geluide wat my stokstyf laat le in die bed. Ek het al in die nag wakker geword, dan sien ek hierdie oog wat vir my loer. Vrees bevange trek ek dan die kombers oor my kop. In die oggend sal ek sien dit was al die tyd my wekker op die bedkassie se liggie!!! 'n Monster het my onlangs die hele nag gebyt. Te bang om te roer het ek die hele nag gele en wag dat die ding my gaan opvreet. Net om die volgende oggend agter te kom dit was my valstande wat in die nag uit my mond geval en onder my boud beland het!!!
6 jaar 3 maande 2 weke 6 dae 20 ure oud



Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar