Jeugverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die begin was daar die Son-Koning gedurende die dag, en sy lifelike bruid die Maan-Koningin snags. Hy het in die lig gelewe met sy pragtige mantel van blou-lug, en by sy voete,onder sy troon; was daar n weelderige groen tapyt – die gras, en die bome, en die wind. Die Maan het in haar donker vertrekke gebly, beklee in n swart nag-rok wat bedek was met menigte skitterende sterre. En die Son-Koning en die Maan het trou gesweer.

Een lente oggend het hulle n manjefieke troue en wittebrood gehad soos hulle die hemele oorkruis het. Na die huwelik het hulle alle lewende wesens voortbebring op die aarde; die voëls en die diere; die man en die vrou. En die mense en die diere het n volmaakte bestaan gevoer aan die voete van die Son-Koning se troon, op sy groen tapyt. Snags het hulle in die donker vertrekke van die Maan-Koningin vertoef, en sy het oor hulle gewaak, en hulle gestreel met sagte maanlig. En lewe in die Paradys was in perfekte balans.

Maar een dag het die man en die vrou, en die voëls en die diere, begin skinder by die Son-Koning oor sy bruid; die Maan. Hulle vertel hom toe dit lyk asof sy n geheimsinnige verhouding met iemand anders het, in haar donker kamers in die aand. Die Maan-Koningin was baie vies toe sy die gerugte hoor, en het dit alles ten sterktes ontken. Maar die vrou wat sy was, het sy hulle nooit vergewe nie, en het haar donker kleed net stywer om haar gedraai, en van toe af altyd n koue en vyandige houdinge teenoor hulle gehad.

Die aande het al hoe meer onherbergsaam vir die mense en die diere geword, en die Maan het n koue en objektiewe houding teenoor hulle ingeneem, van haar troon in die donket nag lug. So het die mense en die diere dan altyd begin wegkruip snags van die donker en koue nag. Die Maan en die sterre het die donker nagte oorheers.

Maar bedags kon hulle uit hulle wonings en skuilplekke kom, en werk, en woeker en leef aan die voete van die Son-Koning. Hy het altyd aan hulle voorsiening gemaak van kos, klere en skuiling; en hy het altyd vrolike en aangename aansig vir hulle vertoon van daar bo. Maar die Maan het hulle nooit vergewe nie, en snags moes hulle weer van haar aangesig en die donker skuil…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    tussen woorde se oop spasies

    deur BennyB

    Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar