Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die towenaar bekyk die eier in sy hand. Hy hou dit op teen die lig, tussen sy duim en voorvinger, en inspekteer dit. Dit lyk fyn. Dit was die enigste eetbare ding wat hy in sy hele hut gehad het. Dit gaan heerlik wees; dink hy by homself. Hy glimlag toe en sit n potjie op die stoof. Hy vul dit met water.

Toe die water liggies begin kook, sit hy die eier in, en wag. Hy werk die tydsbestek van die kookery uit met n sandloper op die toonbank. Stadig loop die sand-korreltjies deur die sandloper terwyl die eier ernstig aan die kook is in die potjie. Drie minute, sê hy vir himself; drie minute. Hy hou van sag gekookte eiers. En steeds vloei die sand deur sandloper terwyl die eier kook op die stoof.

Toe die eier klaar gekook het, het hy dit van die stoof af gehaal, en uit die potjie uit. Hy sit dit toe in n klein eierhouer, en gaan sit voor die tafel op n klein, ronde hout stoeltjie. Volgende het hy n klein tee-lepel gevat, en die dop saggies gekraak aan die bo-kant van die eier. Hy verwyder toe die stukkies dop versigtig, en begin die eier eet met die klein tee-lepeltjie. Hy het n bietjie sout en peper opgesprinkel na sy smaak soos wat h gesmul het.

“Heerlik,” sê hy vir homself.

Geen wonder hulle noem hom die towenaar nie…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Sonstraalbeloftes

deur Doret Johnstone-Robertson

'n Digbundel. Grootliks in Afrikaans, maar bevat ook vyf van my gedigte wat ek in Engels vertaal het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar