Jeugverhale

Titel: Nag
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Drup……..drup…..drup

Dit is grafstil in die huis. Iewers drup ‘n kraan. Die koue windjie terg my kaal arms deur die gebreekte venster. Die vloerplanke kraak in die gang. Ek wurm my nog dieper in die hoekie van die leë vertrek in. Ek klem my knipmessie stywer in my vuis vas. Dit is als Peter se skuld…

Peter het mos vir my en Chantelle uitgedaag om een aand in Die Huis te kom slaap… Hierdie spookhuis, waar niemand dit nog ooit gewaag het om te bly nie – nie vandat … Nee! ek wil nie daaraan dink nie.

Ek wou nie kom nie, maar ek sou eerder deur ‘n mesaanval gaan as om aan Peter te erken dat ek bang is. O, Peter, die misterieuse nuwe ou in die skool wat my hart soos botter laat smelt met sy sjokeladebruin oë. Chantelle dink hy’s ‘n weirdo. Dis natuurlik oor die ou skinderbek Lucinda vir die ganse wêreld vertel dat sy kamer versier is met flesse vol organe – ménsorgane. Ek steur my nie aan haar skinderstories nie. Ek is màl oor Peter. Hoe sal Lucinda nou in elk geval sulke goed w…

Skwieeek! Dis die tuinhekkie. My hart hamer teen my borskas.
“Ch…Chanetelle…”roep ek. Sy moet in die kamer langsaan wees.

“Ja?” Kom die antwoord

“E…eks b..bang!”

“Moenie simpel wees nie, man! Dis net ‘n huis! Slaap nou!”
Dis weer stil. Ek hoor ‘n geritsel by die voordeur. Dit is seker net my verbeelding…

Daar is dit weer! Die vloerplanke kreun. Die geluid kom al nader…en …

Dis weer stil. My elke senuwee en sintuig is paraat. Ek hou op asemhaal… en luister…

Kraaaaak! Dis by die deur. My deur. Ek vries. My liggaam kan nie beweeg nie. Dis asof ‘n onsigbare hand ‘n doodsgreep op my hart het. Die deurknip druk af. Bly daar. Weer op. Die geluid van kreunende planke beweeg weg. Kraaaaak… kraaaaak… kraaaaak… Ek voel hoe my liggaam ontspan… net effens.

Ek hoor Chantelle se kamerdeur oopgaan. Wie… of wàt ookal nou in die gang was… is nou daar! My asem jaag. Wat nou?! Ek vlieg op, weer in beheer van my spiere . Ek moet hier uitkom! Nie die deur nie. Ander pad… Ek ruk aan die diefwering voor die venster. Gebreekte glas sny my hand. Ek voel dit skaars.
Die ystersterk diefwering weier om mee te gee. Ek ruk harder. Dit moet net werk! My hande gly van die tralies af en ek val op my steitjie.

Ek hoor ‘n diep stem in die kamer langsaan. Dan ‘n meisiestem – Chantelle. Weer die man. Ek probeer luister. Die woorde raak weg deur die kamermuur soos ‘n radio met slegte opvangs. Maar ek ken daardie stem….dis Peter! Ons is veilig. Ek gaan lê verlig op die naat van my rug en haal vir die eerste keer vanaand ordentlik asem. Toe ek eers kalm is wonder ek wat Peter hier doen.

Peter en Chantelle praat nog in die kamer langsaan. Iets swaar val op die vloer neer. Dis weer stil. Hoekom kom groet hy dan nie vir my ook nie?

Ek staan op en huppel byna van blydskap om vir Peter te gaan groet. Ek swaai die kamer langsaan se deur oop …

Drup…drup…drup... val die druppels van die mes op tot op die grond. Die bebloede lyf op die vloer lê doodstil. Die donker plas word groter.

“Jy is net betyds, Tania,” sê Peter met ‘n grynslag en vee die mes teen sy wit hemp af, dit is nou jou beurt…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nag
Ek hou daarvan dat jy ons kans gee om ons gedagtes aan die loop te sit. Verder hou ek van die misleiding (drup drup drup aan die einde se kant) asook van die onvoorspelbare einde.Knap gedaan!
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 4 ure oud


Knap gedaan!
Dis van die begin af boeiend en kort genoeg om weer te wil lees. Die spannende klimaks is puik!
3 jaar 10 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Nag
Aaaaargggg!!! Hol Tania hol jou bene stompies!!!! Dit is 'n great storie!!!
3 jaar 11 maande 4 dae 13 ure oud


Z
Hierdie is uitstekend geskryf met 'n baie sterk storielyn.

Die verrassing aan die einde is ook treffend
3 jaar 11 maande 6 dae 8 ure oud


Nag
Puik gedoen. Moenie so nederig wees nie. Jy is aangele om te skryf hou aan daarmee.
3 jaar 11 maande 6 dae 10 ure oud


wens
ek was jou Afr taal onderwyser (en dat ek jou talent as skolier gehad het). Een of twee spelfoute maar verder boeiend en baie goed geskryf. Maak maar meer gereeld so!
3 jaar 11 maande 6 dae 11 ure oud


Nag
jy is verniet so nederig... hierdie is puik gepen!!!
3 jaar 11 maande 6 dae 15 ure oud


Nag
Ai Vulletjie! waar was jy? Baie goeie riller. Leon sal jou seker vol punte gee vir die een.
Ek is bly jy is weer terug.
3 jaar 11 maande 6 dae 16 ure oud


Ano
Nag
Oh goeiste! Ek het dit nou rerig geniet, dankie :-)))
Maak seblief gou weer so.
3 jaar 11 maande 6 dae 16 ure oud


Liewe genade ...
Ek's bly ek lees jou puik riller in daglig :))))
Stunning verby!!!!
3 jaar 11 maande 6 dae 17 ure oud


flaters . . .
Met die swart agtergrond sien ek my eie tik foute hier in die kommentaar.
Net een halwe oog het maar sy moeilikheid !
3 jaar 11 maande 6 dae 19 ure oud


Nag . . .
Nou watse se nederigheid is dit met jou ?

Jy kry my vol punte en die verhaal klassifiseer eintlik vir tieners !

lees altyd net dubbel oor vir korrektheid .. Die laaste twee sinne het foute in.

Nou vir 'n mooi " love story"

Go for it!

(Ek stem nie sdaam met 'n lees beperking nie)

Die koertante, TV en Internet is bestrooi metb erger!
3 jaar 11 maande 6 dae 19 ure oud


Nag
Werklik die werk van 'n gesoute skrywer. Eenigste kommentaar: ek dink nie dis 'n verhaal vir kinders nie, dalk meer vir tieners en volwassenes. Ek sal ook 'n ouderdomsbeperking opsit, weens geweld.

Jy het 'n pragtige tallent en gebruik dit.
3 jaar 11 maande 6 dae 22 ure oud


VERVLAKS


. . . . teen daai tyd is ek papnat
los maar die opvolg . . . . OK?
3 jaar 11 maande 6 dae 23 ure oud


Nag

My kragtie mens, hierdie kort rilstorie van jou getuig van groot talent! Stem saam met Neels dat dit 'n opvolg regverdig!
As jeugwerk is sommer belowend. Doet so voort!
3 jaar 11 maande 6 dae 23 ure oud


drup drup
Vulletjie dit is nou n eersteklas riller wat n opvolg vra
3 jaar 11 maande 1 week 1 uur oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar