Jeugverhale

Titel: Agent M
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die dag het begin soos enige ander dag. Dit was ‘n helder, sonskyn Saterdag en ek het besluit om my inkopies te gaan doen. Ek was besig om die pad te kruis toe ek skielik ‘n harde knal agter my hoor. Ek het in my spore vasgesteek en versigtig omgedraai. Agter my was daar konsternasie. My aartsvyand het ‘n vrou wat netjies geklee was in ‘n deftige pak met ‘n kierie vir ‘n bykomstigheid gyselaar gehou. Die harde knal was die gevolg van ‘n glimmende pistool wat met die teerpad kennis gemaak het. My brein het oortyd gewerk en my twee jaar lange spioenopleiding het begin inskop. Ek het soos ‘n wafferse James Bond vir die pistool gehardloop, maar een van sy handlangers het my voorgespring. Voordat ek geweet het wat my tref was ek in ‘n ystergreep vasgestrengel en het verniet gespook en gespartel. Die straat was verlate en daar was niemand vir wie ek kon om hulp roep nie. Ek onthou nog my eerste dag van spioenopleiding. Dis toe ek die eerste keer met Cascais kennis gemaak het. Hy het die spioenskool probeer opblaas met sy reuse tamatiebom. Ek weet tot vandag toe nie hoekom hy tamatie gekies het nie. Asof hy nou enigiets daarmee kan vermag, maar aan die ander kant hy was nog nooit baie slim nie. Ten spyte van sy gebrek aan intelligensie het hy my as teiken gekies net omdat ek vir sy power probeerslag om die spioenskool op te blaas gelag het. Hy kom altyd met die simpelste idees vorendag en dan verwag hy ek moet hom probeer oorwin asof dit die derde wêreldoorlog gaan wees. Ek moet erken die gyselaardrama was een van sy beter keuses. Die keer het hy ten minste in plaas van ‘n waterpistooltjie soos met ons vorige ontmoeting ‘n regte pistool. My brein het oortyd gewerk soos ek ‘n plan probeer beraam het. Toe merk ek Cascais se handlanger het ‘n knipmes in sy denimsak. Dis toe dat die idee my soos ‘n weerligstraal tref. Ten spyte van die stewige greep kon ek nog my vingers beweeg en rats gryp ek die knipmes. Ek kyk in Cascais se rigting om seker te maak hy het niks gemerk nie en voel dan vir my handsak wat al die tyd nog onder my arm vasgeknyp is. Ek sny die onderkant van die handsak oop, wat versigtig toegewerk is sodat ek my eie pistool daarin versteek kan word. Ek vat die pistool dadelik raak en pomp die handlanger in die ribbes. Hy kreun en verslap sy greep. Cascais, sy aandag ‘n oomblik afgetrek laat ook sy greep verslap en die vrou neem die geleentheid om hom ‘n hou of twee oor sy kop te gee met die kierie voordat sy verdwyn. Ek rig die vuurwapen op hom en kyk hom kil in die oë toe ek sê: “Cascais, dis verby.” “Nee agent M, dit het net begin. Eendag gaan ek jou oorwin.” Ek lag net, terwyl ek die polisie skakel. Toe hulle ‘n rukkie later met hom en sy makker wegry onthou ek dat ek ‘n pot sop op die stoof het en is inderhaas huistoe om aan te gaan met my gewone, “normale” lewe. Wel ten minste totdat Cascais weer opdaag met ‘n waterpistool of ‘n rot waarop hy eksperimente uitgevoer het. ********* Ek sou graag wou sê die einde, maar agent M het nog hope avonture om van te vertel. So wag in spanning vir die volgende storie met agnet M, die vroulike James Bond.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Agent M
Oulik!
8 jaar 7 maande 1 week 5 dae 21 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar