Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

‘n Mens se hart vergeet nie sommer nie, en as jy dink hy doen, jok jy nog altyd vir jouself. Hy neem in en in, en raak nooit vol nie. Maak nie saak hoe vol hy is nie, bly daar altyd n plekkie vir net nog ‘n bietjie – geluk, blydskap, teleurstelling of seer.

Spreuke 4:23 sê , “wees versigtig vir wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” ‘n Mens kan ook net so versigtig wees en moet maar die res in hoër hande oorlaat, maar die woorde was nog nooit ooit so waar soos 2 jaar gelede nie. Die onbewustelikheid van hoe dit my lewe sou verander is onbeskryflik – hoe my hart net bloot gestel was vir daardie ‘bietjie’ pyn is onbeskryflik.

Mens se hart raak stil en jy hou op met praat, want om oor so iets te praat, selfs te skryf maak nou nog net net te seer. Om jou kop terug te vat en jouself te dwing om te onthou wat gebeur het, is net een te veel vir jou hart. Hoekom as ons glo in lewe na die dood, is ons so bang vir doodgaan? Korintiers 13 se , “ons kyk nou nog maar deur n dowwe spiëel, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.” Op daardie dag, was die behoefte om deur n helder spiëel te sien en te verstaan wat werklik aangaan, groter as enigiets anders – om net te kon verstaan hoe die Here, my Here, iemand sommer net so kon wegraap. Is dit dàn so verkeerd om te wil twyfel?

Alhoewel die pyn mettertyd minder word, sal 'n mens seker nooit regtig vergeet nie. As jy lank genoeg vir jou hart sê jy gee nie om nie, begin hy dit self later glo, maar vergeet? Nie sommer nie! Want ‘n mens se hart vergeet nie, en al is hy gevoelloos en stil, sal hy altyd bly in neem, of dit nou geluk, blydskap, teleurstelling of pyn is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefiekind
Met elke stuk van jou sien ek net meer al jou seer, rou emosies raak. Maar ek dink jy't 'n baie goeie uitlaatklep hier raak. Dit beteken baie vir my, en ek dink dis 'n baie goeie manier om jou Godgegewe talent in te span. Skryf so voort.
JM
4 jaar 10 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


sielsarea versus geestesarea
Mens se bewuste onthou net tussen 10 en 20 persent, maar mens se onderbewuste, vanaf konsepsie, onthou 100%
Ons bang vir doodgaan want ons leef in die bekende, mense is bang vir die onbekende. Ek dink as jy absoluut weet jy ga na ons Abba Vader toe sal mens nie bang vir die dood wees nie.
Mooi geskryf
5 jaar 10 maande 1 dag 7 ure oud


Hart
Bang vir dood? Nee. Bang vir seer en pyn! Hoe wonderlik is die hart, daarom kyk die Heer ook in die hart. Jou skrywe praat ook met my hart.
5 jaar 10 maande 1 dag 9 ure oud


Vrae...
Stem saam en sê ook altyd, die hartseer word minder, maar vergeet nooit. Ek kan verstaan die vrae want ek het self, tot ek geleer het, in Job word hy geleer "Wie is jy dat jy Hom sal ondervra? Wie is jy dat jy Hom sal onderrig?" Ek weet dat die antwoord eendag self sal kom, op Sy tyd, en ek wag geduldig daarvoor.
Dioe stelling oor 'Hoekom so bang om dood te gaan' laat my dink aan 'n stelling:' Almal wil Hemel toe, maar niemand wil doodgaan nie.'
5 jaar 10 maande 1 dag 9 ure oud


Mooi so...
So waar wat jy hier skryf, onmoontlik om te vergeet...dit word altyd weer en weer opgediep en tog vervaag die seer daaraan verbonde...selfs vreugdesgedagtes ook...hou hiervan!
5 jaar 10 maande 1 dag 12 ure oud


Dankie
Dankie baie!*
5 jaar 10 maande 1 dag 16 ure oud


Z
Diep vrae wat jy hier vra. En ek sien jy gaan soek die antwoorde op die regte plek. Hou aan om te woeker met jou talente, ontwikkel dit en maak dit groot.
5 jaar 10 maande 2 dae 3 ure oud



Wanneer die vyeboombot

deur adnama

Gedigte uit die hart. Soms vir daardie blou dae en soms om mens net weer te laat dink oor die doel van die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar