Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis die eerste April. Mieke, Mari en Natasha is oppad na Mieke-hulle se huis toe om poetse te bak op haar jonger broer, Andre, want niks is mos lekker soos ‘n “April fools day” grappie nie. Oppad daarheen sien hulle ‘n paar polisiemotors voor “Bella’s Boutique”, die dorp se plaaslike klerewinkel.

Uit pure nuuskierigheid haas die drie boesemvriendinne hulle daarheen. “Wat dink julle het gebeur?” vra Mari. “Ek dink hulle het iets by tannie Bella gesteel,” antwoord Natasha. Mieke, wat altyd die onmoontlike wil moontlik maak, las ook haar deeltjie by: “Miskien het hulle uitgevind tannie Bella is ‘n drug dealer.” Ag, Mieke, jy weet mos sy sal nooit so iets doen nie,” sê Natasha, uitasem van al die hardloop. Uiteindelik kom hulle by hul bestemming uit, en Mari is die eerste een om die nota op die boutique se deur te sien. Opgewonde gaan hulle nader om die nota te bestudeer. Daarop staan: “Hier is ‘n bom in die gebou, raak daaraan en hy ontplof.”

Voor hulle hulself weer kon kry, jaag ‘n kwaai ou polisieman die meisies van die motors af weg. Mieke sê geskok: “Julle, dis aaklik, ek wonder wie sou so iets doen?” “Ek het ‘n wonderlike idée”, sê Mari “, Kom ons begin soek vir leidrade rondom die trop motors.”

Dadelik spring hulle aan die werk. Toe hulle skaars vyf minute gesoek het, kom hulle af op ‘n rooi pen. “Die nota is ook met rooi geskryf”, merk Mieke dadelik op. “So dit beteken dat die eienaar van die pen waarskynlik die nota ook geskryf het”, sê Natasha. Nie lank nie, of ‘n kort, tingerige man kom na hulle toe aangestap. “Haai, ek sien julle het my pen gekry,” sê hy. Geskok oorhandig Mari die pen. Toe die man wegloop, is die meisies soos een man (of dalk vrou) agterna, maar hou tog ‘n veilige afstand. “Is dit nie die nuwe Dominee nie?” vra Natasha. “Ja, dit lyk nogal soos hy”, sê Mari. “Hy is nogals jonk vir ‘n dominee”, las Mieke by.

Meteens kry die dominee ‘n oproep en net daarna gaan hy by die skool se hekke in. “Dalk gaan hy hier ook ‘n bom plant”, sê Natasha. “Ek weet nie van julle nie, maar dan is hy beslis my grootste held!”, sê Mari. Mieke sê ernstig: “Julle, miskien moet ons die polisie gaan roep, maar een van ons moet bly om die kastige ‘dominee’ dop te hou.” “Ek sal bly”, sê Natasha.

Nadat Mieke en Mari geloop het, is Natasha ‘n bietjie skrikkerig. Dit is 20:00 en pikdonker met net die volmaan en die hoof se kantoorlig wat skyn. Twee figure kom by die gebou uitgestap in die rigting van die skoolhoof se bakkie. Duisende vrae maal deur Natasha se brein: “Wat moet sy doen? Gaan die skool regtig ontplof? Gaan hulle nou die skoolhoof se bakkie ‘highjack’?” Skielik dring ‘n gedagte tot haar deur. Sy herken die ander figuur! Dit is die skoolhoof en die ander persoon is ‘n dominee wat dalk more in die saal gaan preek! ‘n Groot verligting spoel oor haar soos sy hardloop om vir Mieke en Mari te sê dit was alles net ‘n misverstand. Sy kry hulle reg voor Bella’s Boutique en hulle al drie sien gelyk die nota op die deur: APRIL FOOL’S DAY!!!!!

(2010 gedoen toe ek graad 7 was)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Elke keer as ek een van jou werke lees besef ek hoe groot talent jy werklik het.
Jou werk hou die leser in die storie. En die einde is 'n vars verrassing.
7 jaar 6 maande 6 dae 21 ure oud


WENS EK KON
sulke stories op 15 skryf - mooi Vulletjie!
7 jaar 6 maande 6 dae 22 ure oud


Bom
Goed gedoen!
7 jaar 6 maande 1 week 3 ure oud


Z
Elke keer as ek iets van jou lees besef ek dit weer - Jy het waarlik 'n skryf talent.
Of dit nou 'n kortverhaal of gedig is, jy bereik jou leser keer op keer.
Puik geskryf.
7 jaar 6 maande 1 week 11 ure oud


Bom
Al die aanduidings is daar: jy gaan nog ver kom met jou skrywes. Mooi so vir Gr 7!
7 jaar 6 maande 1 week 16 ure oud


Bom
Hier bars jy nou sommer self 'n bom met jou skryftalent! Hoe lyk dit met 'n paar kortverhale?
7 jaar 6 maande 1 week 16 ure oud


Bom in Bella's Boutique
'n Lekkerlees kinder storie. -- Die kommentaar wat jy nou kry is biedjie laat, Ek kry nou eers tyd om aandag te gee aan al jou werkies.
7 jaar 7 maande 2 weke 23 ure oud


Lekker gelees
Ek hou van stories en het lekker gelees aan hierdie enetjie.
7 jaar 9 maande 2 weke 22 ure oud


Bom
Wat 'n heerlike tema wat my kop sommer op loop gesit het. Jy het dit lekker vloeiend geskryf. Jy wil nie dalk oorweeg om dit bietjie te laat ontwikkel in 'n volstoom verhaal nie? Agge toeeee!!
7 jaar 9 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


Bella
Weet jy, jy hette vrugbare verbeelding, wat beslis inne skrywer se guns tel. Kan ek self omtrent enigiets skryf, behalwe kinderverhale, so dis vir my moeilik ommit vanuit daardie oogpunt te beoordeel. Maar net dit: 'n goeie kinderverhaal/storie is een wat grootmense ewe like. Tog, kom ons probeer:

Jy het die basiese resep korrek: Jy open met die polisie motors voor die boutique, wat dadelik die leser se aandag trek. Dit volg jy op met die vriendinne wat die saak ondersoek, en gooi jy 'n spanner innie works deur die leser te verwar met die dominie en sy rooi pen! Jy confuse die issue verder pragtig met Natasha wat die aand met haar gedagtes op loop gaan, en nou issie skoolhoof ook onder verdenking. Jip, soos 'n bekwame skrywer laat jy dinge vererger voor dit beter word. En jou einde is iets wat geen leser sou verwag nie.

So ja, jou storielyn, jou ontwikkeling is baie goed, en het jy die resep omtrent reg. Maar onthou, mettertyd moet jy aan die ander items ook aandag gee. Soos byvoorbeeld: hoekom het die meisies juis tussen die karre vir leidrade gaan soek, ens.

Nogtans, vir my issie belangrikste iets dat jy die resep reg het. Die ander items sal jy wel mettertyd onner die knie kry, en is ek seker dat jy dit eendag nog baie ver gaan bring.
8 jaar 3 maande 1 week 2 dae 19 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar