Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Haai, al jul miljoene maatjies van my hier in die groot see. Kom ons vertel elkeen ‘n storie waar ons oorals gebruik was in ons lewe, en hoe ons daar gekom het, en nou weer terug is in die see.
Ek is al so baie gebruik en was al op so baie plekke, dat ek boeke, en boeke vol kan skryf, maar ek kan dit nie nou alles vertel nie. Ek sal maar net eers een storie vertel, en as julle saamspeel, dan ruil ons stories uit, en ek vertel nog meer van my ervarings.
Eendag baie lank gelede was ek, en miskien baie van julle ook, in die groot see en toe begin Oom Oostewid verskriklik waai. Toe maak ons sulke baie groot branders wat hoog oplig en dan omrol en breek. Dit was nogal lekker, of hoe se julle?
Met een so’n breekslag, toe val ek so hard dat my ou lyfie in honderde klein misdruppeltjies opbreek, en net daar gryp Oom Oostewind, wat baie warm was, al my stukkies van my lyfie en hy waai ons weg van die see na die land toe. Hy waai en waai ons al verder tot teen die berge op. Al hoer en hoer en toe raak dit s’o bitter koud daar hoog bo in die lug dat my stukkies lyf aanmekaar begin klou om nie so koud te kry.
Al my maatjies wat ook so stukkend , gebreek het, het ook weer heel geword van die koue en toe ons nog hoer opstyg, toe begin ons druppeltjies aan mekaar ook vashou en toe word ons wolke wat net op en op styg. So raak dit al kouer en vat ons al meer maatjies hande en druk mekaar styf vas totdat ons baie groot druppels raak wat te swaar word om in die lug te hang en net daar val ons grond toe in die hoogste berg.
Ek val toe in ‘n stroompie water met baie van my maatjies wat voor my al bymekaar geval het en ‘n stroompie gemaak het. So gly ons heerlik die berg af met ‘n stroom wat al groter raak totdat ons ‘n rivier word. Toe word ons vasgevang in ‘n groot dam water net soos die see en kon ons weer lekker kuier.
Uit die dam loop daar pype wat water vir die mense en plante en diere gee. Toe kom ek in ‘n pyp wat na ‘n dorp toe gaan en daar kom ek in ‘n kleiner pyp wat na Pietie hulle se huis toe loop. Toe ek daar kom is daar weer verskillende kleiner pype wat na die verskillende krane in die huis loop.
So kom ek toe by die kombuiskraan uit en Pietie se Mamma gebruik my en my maatjies om die skottelgoed te was en daar word ons baie vuil, maar haar borde was silwerskoon. Toe sy die wasbak se prop uittrek, toe val ons in ‘n ander pyp in by ‘n klomp vuil maatjies. Ons gaan toe met ‘n baie vuil pyp na ‘n baie vuil dam en daar moet ons toe wag dat Oom Son ons kom opslurp met sy warm sonligstrale en weer die hoe lug invat tot ons weer wolke word en weer grond toe val.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dawie
ek is gek oor al die kabouter stories... pragtig gepen!
5 jaar 2 maande 1 week 4 dae 7 ure oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar