Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

VOORWOORD
Die natuur is net soos ‘n familie, wat bestaan uit ‘n oupa, ouma, vader, moeder en kinders. Enigiets wat een van die familielede doen affekteer en het ‘n direkte invloed op die ander lede van die gesin. As dit droog is en dit reën is dit goed of positief vir die natuur en goed vir die veld en die diertjies asook insekte van die veld. As iets verkeerd gaan in die natuur en dit reën te veel op een plek, is dit negatief vir die natuur, want dan verspoel die grond, veroorsaak erosie en die diere kan wegspoel of verdrink met ‘n vloed. Die aarde, son, planete, maan en die atmosfeer om die aarde is ook in ‘n familie verhouding met mekaar. Hulle reguleer dag ,nag, getye van die see en die seisoene van die jaar. Daar is Vader Son en Moeder Maan, Koning Wind en Koning Reën. Hulle reël die vier seisoene van die jaar, naamlik, somer, herfs, winter en lente.
STORIE
Eendag lank gelede het dit gebeur dat die Bergprins wat in die berg woon uitkyk oor die vlaktes. Omdat hy bo-op die berg is kan hy baie vêr sien. Daar onder in die verte sien hy die blou water van ‘n meer glinster in die sonlig en in die meer sien hy die pragtige Meerprinses. Omdat dit baie droog is loop die rivier nie en kan sy nie met die rivier op swem tot by hom nie. Daar is net ‘n klein dun ou stroompie water wat uit ‘n klein fonteintjie borrel in een van die klowe van die berg wat deur die Bergprins beheer word. Dit het baie lanklaas gereën en hy moet die water wat met die laaste reën deur hom in die berg opgevang was baie streng beheer en stadig laat uitloop deur die fontein om die diere van die veld en die berg van water te voorsien. Dit is een van sy baie werkies.

Die Bergprins roep toe vir Brulpadda wat by die fonteintjie woon en vra. “Kan jy en jou vriende vir my ‘n boodskap by die pragtige Meerprinses daar onder by die meer kry?” “Kwaak, kwaak, ja” sê Brulpadda. “Vir jou o grote Bergprins sal ons enigiets doen want, dit is jy wat die reënwater opvang as dit reën en diep in jou maag bêre en dan deur die droë seisoen stadig laat uitloop deur die fonteintjie sodat ons poeletjie altyd water in het in die droë seisoen en ons vriende, die diere, insekte , voëls en wurmpies altyd ‘n bietjie water het”. Hy stem in en verseker die Bergprins dat hy en sy helpers ‘n plan sal maak om ‘n boodskap by haar uit te kry. Brulpadda sê toe vir sy kind, “Pietie paddavissie, swem jy al met die stroompie saam dan neem jy hierdie boodskap vanaf die Bergprins na die Meerprinses.” Maar Pietie paddavis, kla.” “Ag pa Brulpadda ek wil graag hier in die veilige poeletjie bly en saam met my boeties en sussies ons swem oefeninge doen.” “Nee my seun ons moet vir die Bergprins help anders gaan hy dalk later nie meer water uit die fonteintjie in die berg laat uitsypel vir ons waterpoeletjie nie.” “Waar gaan julle dan swem?” “Goed pa ek sal dit doen”, sê Pietie. “maar wat gebeur as Ryer en Paddavanger voëls, my beetkry in hulle lang snawels en opeet vir ontbyt of middagete?” “Moenie jou daaroor bekommer nie.” “Vanaand kom slaap hulle in die groot ou Boerboonboom hier by die fontein reg hier bo ons koppe”. “Ek sal dan as dit stil is en dit begin donker word ‘n boodskap uitstuur aan ryer en paddavanger dat hulle nie môre langs die stroom mag kom om vir hulle ontbyt of middagete te soek nie, aangesien jy ‘n belangrike boodskap van die Bergprins na die Meerprinses moet neem en haar antwoord moet terugbring.” “Ek sal vir hulle sê hulle moet môre maar daar by die dam gaan kos soek en bietjie van die dam slyk eet vir ontbyt.” “Nou luister mooi sodat jy nie die boodskap verkeerd oordra nie en onthou om ook mooi te luister as die Meerprinses jou ‘n antwoord en boodskap gee wat aan die Bergprins oorgedra moet word”, sê pa Brulpadda.” “Sê vir prinses die Bergprins stuur vir haar hierdie boodskap.”

My liefste prinses wat bly in die blink mooi meer,
dit wat ek uit die diepte van my hart begeer,
is dat jy by my ‘n bietjie kom kuier.
Dit is nie dat ek word al luier,
maar ek kan nie nou hier weg,
anders gaan dit baie sleg,
met die groter diere
tot die kleine miere.
Voordat ek vergeet.
Wil ek ook weet,
sal jy vir ewig bly getrou?
Ek wil jou baie graag hê as my vrou,
Omdat ek tog so baie van jou hou.
My liefdes beker vir jou loop oor en oor,
en ek kan liefdes liedjies vir jou sing, hoor.

“Maar pa Brulpadda”, protesteer klein Pietie, “ek gaan nooit die elle lang boodskap in my klein koppie kan onthou nie.” “Dis maklik,” se pa Brulpadda, “onthou eers die laaste woorde meer en begeer”. “Die prins stuur ‘n boodskap na sy liefste prinses in die “meer” en dat hy haar uit sy hart “begeer” of na haar verlang”. So leer jy die boodskap onthou.

So swem Pietie gly, glyyyy al met die stroompie af tot by die groot meer. Hy besef alte goed dat dit baie makliker is om stroom af te swem en begin al wonder of hy weer al die pad stroomop sal kan terugswem. Hy bekommer hom egter nie nou hieroor nie want hy is mos ‘n slim vissie en sal wel ‘n plan maak dink hy. “‘n Padda moet altyd ‘n plan hê, anders verloor jy”, sê Pa Brulpadda altyd.

By die meer aangekom begin hy soek na die Meerprinses. Hy kyk in die rigting en dan in daardie rigting maar hy kry haar nêrens, want die meer is so groot dat hy bang raak hy verdwaal. Hy sien ook al die rommel wat die mense al in die meer ingegooi het en wonder hoe lank die meer nog so mooi gaan wees. Hier moet hy koes vir ‘n stuk plastiese sak wat ronddryf en raak amper verstrengel in ‘n plastiese lyn wat om sy stert bly vashaak. Hy kom net betyds los want hy sien hier kom meneer Karp op hom afgepyl en uit sy gesig uitdrukking sien hy duidelik dat meneer karp hom sommer dadelik aansien vir ontbyt. “Kom hier jou paddavis dat ek jou kan opeet”, Skree Karp. “Nee, nee” skree Pietie met sy oë so groot soos pierings. “Buiten dat ek baie sleg smaak is ek die draer van ‘n baie belangrike boodskap vanaf die Bergprins aan die Meerprinses”. “Nou hoekom het jy nie lankal so gesê nie dan het ek jou dadelik na haar geneem”, se Karp. “Sy woon in die gedeeltetjie van die meer wat die mense nog nie so besoedel het met afvalstowwe, blikke en stukke plastiek nie”.”Ons hou daardie gedeelte gereeld skoon.” “Ag asseblief tog, groot asseblief tog, neem my dadelik na haar toe, voordat ek die boodskap se woorde vergeet”, se Pietie. “Kom swem hier styf teen my sy vin, anders sien iemand anders jou dalk ook vir ontbyt aan”, se Karp. ‘n Rukkie later kom hulle op die diepste plek in die meer by die Meerprinses se paleis aan. Die Meerprinses se wagte neem hom tot in die troonsaal waar die prinses op haar goue troon sit met ‘n pragtige goue kroon versier met die pragtigste juwele. Pietie se mond hang heel oop van verbasing dat hy skoon vergeet om asem te haal of te buig voor die prinses. Karp beduie vir hom en toe kom hy eers tot verhaal en buig so laag dat hy sy kennebak op die pêrel plaveisel van die troonsaal se vloer stamp. Die prinses wil weet wat sy naam is, waarvandaan hy kom en waaraan sy die besoek te danke het. Pietie het skoon sy tong ingesluk en begin eers skamerig, stammerend vertel en praat later so vinnig en deurmekaar sonder om asem te skep tussen in dat die prinses haar hand ophou en hom stilmaak. “Nee Pietie, begin weer voor en vertel vir my die hele storie stadig oor sodat ek dit mooi kan hoor en verstaan”. Pietie begin weer en met oë vasgenael op die pragtige prinses vertel hy sy hele storie aan haar. Nadat sy die hele storie aandagtig aangehoor het versoek sy dat daar ‘n groot fees maaltyd voorberei word en dat al die inwoners van die meer genooi word. Sy versoek ook dat Pietie die feesmaal bywoon, aangesien sy haar boodskap aan die Bergprins by die feesmaal bekend sal maak, nadat sy met al die inwoners van die meer bevolking gepraat het.

Pietie word bekendgestel aan Watti waterluis as sy maat by die feesmaal omdat hulle by die tafel van klein eters sal aansit vir die feesmaal. Karp sê, “Jammer ou Pietie man maar ongelukkig moet ek aan die tafel sit vir middelslag eters en daar gaan dit ook maar rof.” “Ek was bang een van my vriende sien jou aan vir aandete en hoe kry ons dan die Meerprinses se boodskap by die Bergprins.”
By die feesmaal maak Seki die seekoei die gaste stil en kondig aan dat Kroki krokodil die tafelgebed gaan doen. Kroki staan op sy punt van sy stert en maak sy keel skoon en sê “ Hou die ogies toe asseblief.” Pietie paddavis kry koue rillings langs sy rug af en is te bang om sy oë toe te maak, want hy sien net Kroki se lang rye glinsterende tande in sy lang mond en kan hom net indink wat kan gebeur as hy per ongeluk tussen daardie tande moet beland.
Kroki trek weg met die tafelgebed en hy sê:-

“Onse groot hemel Vader,
dankie dat ons hier kan vergader.
Dankie dat ons met mekaar kan praat,
en mekaar kan bedien met raad.
Dankie vir die voedsel wat ons hier kry
Seën al die hande wat dit voorberei.
Seën die voedsel aan ons liggaam.
Ons sê dit alles in U naam.
Amen.”

Die Meerprinses beweeg van tafel tot tafel en gesels met al die inwoners van die meer. Almal smul lekker aan die kos wat op die tafels voorgesit word. By party tafels gaan dit maar rof. Pietie loer so onderlangs na die tafel waar Seki die Seekoei sit en sien hoe sy haar mond wyd oopmaak om ‘n porsie kos in haar mond te sit en hy kon sy oë nie glo hoe groot haar mond is nie. Hy sien in haar keelgat af tot by haar kleintongetjie. Na Kroki die krokodil se kant toe wil hy dit nie eens waag om te loer nie, want hy is te bang vir daardie groot mond en tande van hom. Die Meerprinses neem later haar plek in op die troon en haar hof ordonnans, Skillie waterskilpad, klop op sy dop om almal stil te kry sodat sy ‘n belangrike aankondiging kan doen. Sy verduidelik dat die inwoners haar vertel dat die meer baie besoedel is waar die rivier inloop in die meer. Sy verduidelik dat sy reeds ‘n span saamgestel het om daaraan te werk om die besoedeling te herstel deur die ou motorbande, plastiek sakke, blikke en nylon toue bymekaar te maak en uit die meer te verwyder. “Seki Seekoei wat daar aan die hoof van die tafel vir heel groot eters sit is die leier van die span.” Die helpers sal die goed wat verwyder moet word versigtig optel en in Seki se groot mond sit, môre gedurende die dag as ons opruim. Seki sal dan onder beskerming van die nag se donker dit uit die meer lig en dan na ‘n veilige plek op land neem waar die veld diere sal oorneem om te sorg dat die rommel begrawe word.” Jakkals, meerkat, ystervark en erdvark sal gate grawe om die rommel in te sit. Pietie steek sy hand op om ‘n vraag te vra en toe die Meerprinses vir hom kyk besef hy dat hy amper te skaam is om op te staan voor al die meerinwoners en sy vraag voor almal te vra. Sy dun beentjies die bewe behoorlik, maar hy kry dit tog reg om met ‘n bewe stemmetjie te vra. (Ja Pietie Padavis het begin bene groei, want hy word nou goot en is amper halfpad ‘n padda en hy sal bene nodig hê vir die terugswem stroomop) “ Kann e-ek o-ok môre k-k-kom h-help en k-kyk hoe j-julle die meer s-skoonmaak?” hakkel hy sy vraag af. “Ja Pietie, enige tyd, maar oormôre moet jy teruggaan om my boodskap terug te neem”. “Baie d-dankie, M-Meerprinses”, sê Pietie en gaan weer sit. Hy is nou skoon oorstelp van vreugde en het skoon vergeet van al die gevare en van al die groot monde wat daar gaan wees en hom so maklik kan insluk dat hulle dit nie eens sal weet nie.
“En nou het ek ‘n baie belangrike aankondiging om te maak”, sê die Meerprinses. Die Bergprins het my gevra om met hom te trou. Dit sal nie beteken dat ek julle nou gaan verlaat nie. Ek gaan nog steeds hier bly en hy bo in die berg, maar ons gaan nou net beter saamwerk om die rivier stroom, veld, berg en meer beter op te pas vir al ons inwoners. Ek het met die meer se inwoners beraadslaag en ons het besluit om die volgende boodskap saam met Pietie paddavis terug te stuur na die Bergprins



Bergprins, lief
Ek weet jy is geen dief
Maar jy het my hart klaar gesteel
En as jy vir my gee ‘n groot juweel
Sal ek tot bo in die berg vir jou kom kuier
Ek hoop dat jy nie hierdeur word dalkies luier
Want wie gaan dan toesig hou oor ons pragtige ou berg
Dit sal egter groot beplanning en inspanning van al die diere verg
Om ons tweetjies veilig bymekaar te kry bo op die berg
Jy sal maar moet vra vir oompie berg dwerg
Om jou met die plan hiervoor te help
Verder is ek nou skoon oorstelp
Ek belowe trou en al my liefde
Sien jou later liefste.
My hart en siel behoort vir ewig aan jou
Ons liefde moet vir ewig bly staan en nooit verflou
My liefdes beker is tot oorlopens vol.

Die volgende dag is al die waterdiere daar. Kroki Krokodil en Seki Seekoei hou hulle monde groot oop terwyl die ander diere al die rommel in die meer en die rivier bymekaar maak en in hul monde sit om weg te neem na die rommel terrein wat die land diere gemaak het. Pietie Paddavis verstaan nou waarom Kroki en Seki se monde so groot is. Dit is van al die oophou om al die mense se rommel te gaan weggooi. Hy verstaan nou ook waarom hulle eintlik water en land diere is, want dit is net hulle wat hierdie werk kan doen om die rommel in die water bymekaar te maak en oor die land na die stortings terrein te neem. Pietie was eers bang om naby Kroki en Seki te kom ingeval hulle hom dalk insluk., maar Watti sê, “Pietie, jy hoef nie bang te wees nie, hier werk ons almal saam.” “Kom klim hier op Seki se neus dan ry jy saam en beduie die pad aan, want as sy mond so wyd oop is kan hy nie lekker voor hom sien nie.” Ek sal op Kroki se neus sit , sê Watti en vir Kroki help.” Seki se mond wat so groot was dat ‘n wa en span osse daarin kon draai is nou so vol dat hy sukkelend uit die water sukkel met Pietie wat die pad vir hom aandui. Nadat Seki sy vrag afgelaai het kom hulle weer terug. Seki neem op pad terug ‘n paar happe van die lekker gras langs die rivieroewer om van die slegte smake in sy mond ontslae te raak. Skielik hoor Pietie iets snaaks en toe hy omloer agtertoe sien hy dat Seki sy stert op ‘n snaakse manier swaai en jy sien net stukkies seekoei mis die lug in trek. Pietie koes instinktief want hy meen as een van die stukkies mis hom tref sal hy nie te lekker ruik nie. Hy is sommer onmiddellik kwaad vir Seki en sê, “ Vir wat moet jy jou mis so uitstrooi.” “Kan jy nie maak soos al die ander diere nie?” “Ha, ha, ha”, lag Seki sy lekker ou laggie dat sy boepmaag eintlik skud. “ Nee sê Seki, sien dit werk so.” “As ek dit so oopstrooi bemes dit die gras hier waar my weiveld is en groei die gras baie beter en gouer en het ek sodoende voortdurend kos om te eet.” “Die fyn stukkies val dan tussen die grassies in en versmoor nie die grasse nie en omdat dit dan gou droog word gee dit ook nie ‘n slegte reuk af nie.” “Sjoe! maar jy is darem slim se Pietie.”

Die volgende dag neem Pietie afskeid van al sy nuwe vriende en vertrek op sy lang pad terug huis toe. Hy het mos ‘n belangrike boodskap vir die Bergprins. Sy nuwe vriende wens hom ‘n voorspoedige reis toe en party gaan sommer ‘n entjie met hom saam op sy pad om hom af te sien. Sy beste nuwe vriend Watti gaan sommer ‘n hele ent met hom saam voordat hy ook omdraai. Dit is nadat Pietie hom ‘n hele paar keer moes verseker dat hy gou weer sal kom kuier daar by die meer.

Pietie kom by die huis aan en vertel vir die hele padda familie van sy ervaring by die meer. Hy dink daar is ‘n troue aan die kom tussen Bergprins en Meerprinses omdat Kupido sy liefdes pyltjies op hulle afgeskiet het. Pa Brulpadda kan sommer sien wat nou aan die kom is en nog gaan gebeur.

Meerprins het sy liefdes pyl geskiet.
Meerprinses getref in die hart met ‘n lied.
Nou is hul onafskeidbaar gesnoer.
In hul ore hoor hul mekaar se koer.
Soos duifies gelukkig saam sing en soen.
Gaan hul nou saam hul dingetjies doen.

Voor almal in die openbaar.
Sweer hul dan trou aan mekaar.
Hul roep die diere saam as getuie.
Hul in liefde sal bly en soos kruie,
mekaar gesond hou van hart se skeet
en leef in liefde sodat almal dit weet.

Liefde sal hul vrymaak soos lug.
Die lewe ervaar soos ‘n duif in vlug.
Hul liefde vir mekaar aanhou bly werk.
Die liefdes band hul elke dag voed en sterk.
Dat hul getrou bly aan mekaar se woord.
Dat hul vir altyd getrou bly aan hul akkoord.

Die volgende dag dra Pietie die Meerprinses se boodskap aan die Bergprins oor en sien dat hy skoon oorstelp is van vreugde. Hy dans die hele dag in die rondte en vergeet skoon om water uit te laat in die fonteintjie in die berg, totdat oom Bergdwerg hom daaraan herinner. Verder sit hy net en dagdroom oor Meerprinses se boodskap.

Pa Brulpadda besluit dat dit tyd geword het vir ‘n vergadering van al die diere om die troue te beplan tussen Bergprins en Meerprinses. Daardie aand is pa brulpadda se stem later seer soos hy die besonderhede van die vergadering uitbasuin. Hy gee opdrag aan Bobby bobejaan wat hier bo hom in die kloof in die grot kom slaap om more al die diere in die veld in kennis te stel van die belangrike vergadering.

Die volgende dag is Bobby bobbejaan baie besig en sy stem is later hees geskree soos hy van rantjie en koppie na koppie beweeg en van bo- af op sy hardste die ander diere uitnooi na die vergadering. Skillie skilpad val sommer dadelik in die pad, want dit neem hom ‘n ewigheid om by die vergaderplek uit te kom. Op pad ontmoet hy vir Dippie haas wat wye draaie om hom hardloop en grappies maak en hom spot met sy spoed. Skillie hou egter aan en loop maar net reguit vergader plek toe.
Uiteindelik kom Skillie voor Hasie haas by die vergader plek, want haas het so rond gehardloop dat hy skoon uitgeput was en eers ’n slapie moes vang in die dippie by die rivier en skoon verslaap het. Dit was ‘n kwessie van hoe meer haas hoe minder spoed.

Wyse vader uil is voorsitter van die vergadering en sit op ‘n tak van die ou droë boom waar die diere altyd vergader. Gans is hof ordonnans en moet stilte by die vergadering kry want almal is so opgewonde oor die goeie nuus dat Bergprins en Meerprises gaan trou dat almal gelyktydig wil gesels. Dit lyk of gans hulle nooit gaan stil kry nie, maar uiteindelik is dit net nog gans sê ge “ssssssstil, ssssssstil”, wat jy kan hoor toe vader uil se “Whoooookaai, Whoooookai gans dit is nou stil genoeg.”

Die diere besluit dat daar oor elke groep diere ‘n leier gekies moet word. Eerste aan die beurt is die vleis etende diere. Jakkie jakkals is so vrypostig om homself voor te stel omdat, soos hy dit stel, “hy die slimste onder die groep diere is”, maar niemand hou baie van hom nie, want hy is tog te uitgeslape en agterbaks. Luitjie luiperd staan ook ‘n kans, want hy is tog die vinnigste dier en kan ‘n top spoed van maklik 70 kilometer per uur behaal. Hulle besluit toe egter die een met die grootste mond en die grootste pote sal die leier wees. Almal kyk sommer eerste na Simba die leeu, want niemand het groter pote as hy nie. Nie eens te praat van die mond en brul nie. Dis mos hoekom Simba leeu altyd sy mond so wyd ooprek en brul om sy kakebene oefening te gee dat sy mond so groot bly. Toe kom die water diere aan die beurt. Kroki krokodil loop natuurlik hier toe los klos voor, want almal is te bang om teen hom te stem. Met sy rye tande, groot mond en stert waarmee hy enige dier se voete onder sy lyf kan uitslaan wen hy die stemming sonder een teenstem. Seekoei wou nog ‘n kans waag maar die diere raai hom gou-gou af. Hy probeer nog deur sy mond wyd oop te rek soos wat hy reeds lankal oefen om almal te wys hoe groot en gevaarlik sy tande en bek is. Diere reken egter hy is nie heeltemal ‘n waterdier nie. Hy het mos bene soos ‘n bok of bees en loop dan in die nag op die rivier oewer om te wei en swem net in die dag in die rivier om sy vet ou lyf koel te hou.

Volgende aan die beurt is die voëls. Vollie volstruis glo hy moet die leier van die voëls wees. Hy verduidelik dat die mense al baie oor hom geskryf het en hy al baie mense ryk gemaak het. Hoe bedoel jy nou wil die ander diere weet. Wel sê Volli trots voldaan, “laat ek vir julle ‘n voordrag lewer” en hy dra die volgende gedig aan hulle voor, terwyl hy al dansende op sy voete rond trippel en trap.

Ek is die beste wat daar is.
Dat ek van konings geslag is, sal min mense wis.
Koning en koningin van die Klein Karoo.
Ja - julle mag maar vra, hoekom sê ek so.
Daar is geen ander Voël geskape so groot.
So mooi met vere uitgedos en vlug van poot.
My vere versier konings huise oorsee.
Terwyl dit styl aan klere in modehuise gee.

Die velle vind aan konings se voete ‘n tuiste.
My vere verfraai modelle en klere in modehuise.
In juweliers winkels pryk ons eierdop geskenke.
Die mooiste juweliersware wat jy kan denke.
Gemaak van die groot wit eiers wat ons lê.
Ek is konings geslag, maak nie saak wat mense sê.
Juweliersware in konings se skatkamers oor die wêreld,
getuig van die duursaamheid van ons eier wêreld.

Nou verstaan dat ek so vlugvoetig kan dans.
Want ek is nie sommer so gewoon soos ‘n gans.
Van my vlugtige dansende bene en voete.
Word gemaak meubels, ornamente en goete.
Dis geen wonder my nek is so lank.
Dis uit trots wat my kop die hoogte in rank.
Dis net jammer dat my mooi nek moet waai,
voordat my water tant geregte word op tafels gelaai.

Solank ek leef sal julle aanskou my koninklike status,
want op my lyf dra ek ‘n koninklike skatkis,
en op die oop veld doen ek die volstruis dans,
wat geen vors kan nadoen, al gee jy hom hoeveel kans.
Die eiers wat ons lê kan ‘n koning se eetmaal bedien.
Die eierdoppe kan buitelandse valuta verdien.
Ek weet presies hoe om my kuikens groot te maak.
Daar is geen voël wat aan my hardloop spoed kan raak.

Om hoog te vlieg soos ‘n voël, het ek dus nie ‘n saak.
Dis die dans passies wat ek kan uitvoer wat saak maak.
Julle mag vra, Volstruis waar is jou konings paleis of huis?
“Die Klein karoo, want daar is ek tuis”.

Volli jy mag die grootste voël wees en kan sekerlik die vinnigste hardloop en die mooiste dans, maar jy kan dan nie vlieg nie. Ons soek tog die voël wat die hoogste kan vlieg. Volli is baie afgehaal en teleurgesteld en druk sommer sy kop in die sand. Almal besluit toe eenparig dit sal Arri arend wees, want hy kan die hoogste vlieg.

Daarna is dit die gras vretende diere se beurt. Springbok sê hy kan baie mooi pronk en oefen gereeld. Hy verduidelik dat hy selfs op die mense se rugby span truie pronk en dat die hele wêreld hom daardeur ken. Die diere dink egter dat hy darem te klein is. Kameelperd reken hy staan ook ‘n kans omdat hy die langste nek het van al die gras etende diere en dus die verste kan sien. Hy is egter nie gevaarlik genoeg nie. Sebra wil ook aanspraak maak omdat almal hom kan raaksien met sy mooi strepe en moenie praat van sy gevaarlike skop voet nie. Koedoe wil nog ‘n kans vat omdat hy so groot en trots is op sy horings, maar renoster het hulle net een kyk gegee en koedoe en Sebra het dadelik besluit om terug te staan vir renoster, want niemand kan tog met renoster en sy gevaarlike horing op die punt van sy neus kompeteer nie.

Die diere besluit toe om nog ook die grootste en die kleinste te kies. Niemand stry toe Olifant aanspraak maak as die grootste dier nie, want hy weeg die swaarste, maar toe dit kom by die kleinste is dit nie so maklik nie. Uiteindelik na lang beraadslaging besluit hulle dat mier hiervoor kwalifiseer. Hy is so bedrywig en weet presies hoe om altyd koring en ander sade bymekaar te maak.

Dan kom die giftige reptiele en insekte aan die beurt. Dit is nou slange en spinnekoppe. Hier was dit sommer gou om ‘n besluit te maak, want almal was so bang vir slang, dat niemand teen hom wou beswaar maak nie.

Die insekte besluit dat Tokkie toktokkie hulle leier sal wees, want hy ken almal. Hy klop aan almal se deure om hulle briewe af te lewer wat hy in ‘n sakkie onder sy maag dra.

Die diere besluit dat dit baie moet reën sodat Meerprinses en diere van die meer met die rivier kan kom tot by Bergprins. Hulle besluit dat Arend wat Koning Wind goed ken vra om vogtige lug van die see af oor die land te waai sodat dit baie kan reën en die bergstroom vol kan word vanaf die berg tot by die meer. Die diere van die meer kan daarmee tot by die fontein en berg kom.

Oom vark sê: ”Og, Og julle is te haastig.” “Daar is eers baie werk wat gedoen moet word.” “Ek moet eers al die afval kosse op die plaas opeet sodat die mis in my hok vir die vrugtebome gebruik kan word. Boer kan dan heerlike vrugte vir die bruilofsmaal kweek vir al die gaste van die meer, die veld, die voëls van die lug en die diere van die berg.” “Ek is seker julle ander diere, insekte en voëls het net so baie werk.”

Dan is daar die kwessie van die halssnoer, ringe en klere wat opgelos moet word. Tandemuis stel voor dat ‘n halssnoer van die boer se kinders se tande gemaak word vir die Meerprinses. Tandemuis het egter ‘n probleem. Matewis die huiskat hou snags die gaatjie onder die sydeur dop en tandemuis kan dit nie waag om sy neus by die gaatjie deur te steek nie, of Matewis dink hy is die beste maaltyd op bene. Matewis slaap nog op die boer se sitkamer bank en is nie by die vergadering nie. Skippy die skaaphond het ‘n plan. “Ek sal blaf in die aand as die kinders slaap. Hulle wissel tande is dan in die skoene gelos vir tandemuis om dit te kom haal in ruil vir geld.”
“As die boer die agterdeur oopmaak om te kom kyk wat is fout moet muis dan in die donker tussen boer se voete inglip en die geld in die kinders se skoen plaas in ruil vir hulle wisseltande.” “Maar waar gaan jy die geld kry om in die skoene te plaas wil die ander diere gou weet.” “Koekeldooo” sê haan. “Sien dit werk so.” “Mevrou hen lê ‘n eier en sodra sy die eier gelê het roep sy die boer nader deur te sê” “ eier gelêeeee, eier gelêeee. ” “Die boer hoor haar roep en gaan haal die eier uit die nes.” “Hy sit die eier in die mandjie op die kombuiskas en mense kom koop die eiers en betaal met silwer geld daarvoor wat in ‘n geldbakkie gegooi word langs die eiermandjie.” “Boer tel nooit die geld nie en neem net altyd geld daaruit as hy dorp toe gaan om inkopies te doen.” “Tandemuis neem dan van die geld en sit dit in die kinders se skoen as vergoeding vir die tande wat hulle in die skoen los vir hom.”
“Uitstekende plan”, roep wyse vader uil uit.

Molli mol, Meerkat, Ystervark, Jakki die Jakkals en Erdvark sê hulle sal gate grawe in die grond op soek na mooi edelstene en klippe wat in die ringe en die kroon gebruik kan word. Sybok sê hy sal sy hare gee sodat hulle mooi klere en komberse vir die huwelikspaar kan brei en skaap sê sy sal haar wol gee vir ‘n matras. Gans bied sy vere aan vir kussings vir die trou paartjie. Skaap en bok sal hulle wolletjies teen die boer se grensdrade afskuur en die voëls sal dit dan kollekteer. Vink sê dat hy dit sal weef, maar hulle moet sy vrou tog vêr weghou van sy wewery want sy het die manier om al sy werk uit te trek as hy net een ou stekie van sy hekelwerk verkeerd doen.
Spinnekop sê sy sal spinnerakke weef wat hulle kan gebruik vir versiering van die saal. As daar doudruppels op geblaas word sal dit soos in ‘n feë verhaal ophelder wanneer daar lig op val. Vuurvlieg sê dat hy en sy vriende die lig sal verskaf in die troonsaal binne in die groot berg. Volstruis bied aan om sy vere te gee vir die bruid se uitrusting, vere vir die koets wat deur die sebras getrek word vanaf die fontein tot by die troonsaal in die berg en vere wat teen die Sebras se koppe vasgemaak word. Die Sebras is baie ingenome met die reëlings en sê hulle sal hulle strepe spesiaal mooimaak vir die geleentheid deur gereelde stofbaddens te neem sodat hulle vel gesond bly. Sywurm en sy vennote sal sy spin vir die trourok. Mier stel voor dat hulle reeds baie goeie bouers is en die grootste troukoek kan bou. Padda, kriek, sonbesie, Jakkals en die voëls sê hulle oefen gereeld om te sing en musiek te maak dat hulle die troumars sal kan speel en musiek sal kan maak vir die dans by die bruilof.
Daisy, die melkkoei, sal melk voorsien vir jogurt, room, melk en kaas vir al die suiwel etende diere. Moeder veldmuis offer om kaas te maak, want sy weet presies hoe lekker kaas moet smaak en het net al die heerlike regte resepte.
Die diere maak allerhande kruie speserye en resepte bymekaar. Elkeen het sy eie spesialiteit. By weet byvoorbeeld presies watter bestandele en hoeveel, kruie, water, stuifmeel en blom nektar gebruik moet word om heuning te maak.

‘n Week het verbygegaan en alles het goed verloop, maar toe het tandemuis ‘n probleem en word daar weer vergadering gehou. Tandemuis verduidelik dat hy nie meer geld uit die geldbakkie kan haal nie omdat hoenderhen nie meer eiers lê nie en daar nie eiers is wat verkoop kan word nie. “Dis nie waar nie”, protesteer hen en haan tegelykertyd. Hen verseker almal dat sy gereeld elke oggend stiptelik haar eier lê en boer dadelik roep. Boer is egter baie besig en by die tyd dat hy kans kry om die eier uit te haal het muishond die eier kom steel. “Dis ‘n leun”, protesteer muishond, “julle kan nie my beskuldig as julle my nie eers gevang en verhoor het nie.” Muishond word uit die vergadering uitgestuur op bevel van wyse vader uil. Uil is baie slim en geleerd omdat hy in die volgende glo.


Kennis word opgeskryf in boeke
Lees jy boeke kry jy kennis uit die boeke
As jy kennis het verkry jy wysheid
As jy wysheid het verkry jy mag uit wysheid
As jy mag het verkry jy rykdom wat skrik vir niks
As jy net mag en rykdom het, het jy niks
Dis nou rykdom aan kennis
Want eers as jy die gawe van liefde het, het jy alles
Al het jy boeke, kennis,wysheid, mag en rykdom
En jy het nie die gawe van liefde nie, het jy ook niks.

Vader uil het met sy groot oë baie boeke gelees en daarom baie kennis en wysheid opgedoen.

Die diere besluit dat Bobby bobbejaan die hoenderhok dophou en dadelik alarm maak as muishond sy voete weer naby die hoenderhok sit. Bobby sê egter hy het ‘n probleem. Dit is maar koud daar in die grot in die kloof waar hy slaap en hy slaap gewoonlik ‘n bietjie laat omdat die son as dit opkom nie in die kloof inskyn om hom wakker te maak. Haan het dadelik ‘n oplossing. Haan sê dat hy baie mooi kan sing en dat hy voortaan as die son uitkom vir Bobby bobbejaan so sal wakker sing en hy trek sommer weg met sy “Koekeldoeldooo, Koekeldoedledooooooo.” Om sy perfekte sangstem en note te demonstreer. Totdat vader uil sê “dankie, dankie, dankie haan, dit is nou genoeg.” “Jy kan môre oggend verder oefen en sing.” “Ons kan almal hoor jy kan pragtig sing.”

Die volgende dag sit Bobby bobbejaan hoog bo-op ‘n koppie waarvandaan hy die hele plaaswerf kan dophou. Hy is besig om te dink aan die gedig wat hy oor sy familie geskryf het, naamlik bobbejaan se kind is ek.


Bobbejaan is baie, baie slim.
Hy gedra hom soos die skim.
Hy hou die boer se werf van ver af dop.
As boer by die werf hek uitry en stop,
weet hy die boer gaan ver weg.
Glo my dit klink baie sleg,
maar hy weet as die werf hek is gesluit.
Dan is dit sy kans om in te samel die buit.

Ou Vader skildwag daar op die krans,
gee die teken eers aan al die mans.
Dis tyd om ondersoek in te stel.
Dis tyd om eers te los die ander se vel.
Bosluise op die ander se vel moet eers bly.
Dis tyd om teen die skuinste af te gly.
Boer se plaas word nou eers beroof.
Om die maag te vul is mos ons eerste geloof.

Ou Fransie bobbejaan het ‘n ogie geslaan,
op ou Jenny bobbejaan se pragtige hare maan.
Na sy maag vol is op boer se werf geroof,
het hy behoorlik te kere gegaan soos beloof.
Hy wou net aandag trek op Jenny se oog,
en het alles afgeruk en gegooi met ‘n boog.
Vader skildwag het nog probeer keer,
maar aan ou Fransie was daar geen verweer.

Stout soos net hy alleen kan wees,
vang hy sommer baie groot gees.
Hy moet oral ‘n paar tekens los.
Nie dat dit boer sal lei om die bos.
Nee, dis net om te sê, “Fransie was hier”.
Hy het hom weereens gedra soos ‘n dier.
Almal probeer hom mooi maniere leer,
maar dit weeg by hom so lig soos ‘n veer.

Hy is bly Haan het hom vroeg vanmore reeds wakker gekraai toe die son opkom. Dis so ‘n pragtige dag en hy kan elke beweging van alles wat beweeg op die plaaswerf sien met sy skerp ge-oeffende oog. Dit is eers so teen 11 uur se kant dat hy begin lomerig raak en sy oë wil net toeval. Boonop is sy vrou besig om ‘n verlore bosluis te soek hier agter sy oor en dit maak hom baie vaak. Hy het mos reeds vanoggend ‘n bietjie vroeër moes opstaan want haan het hom geen kans gegee om ‘n bietjie later te slaap en hom met sy singery wakker gemaak toe die son se eerste strale oor die horison breek en ‘n nuwe dag aankondig. Sy kop was net besig om te swaar te raak en sy ooglede het begin toeval van die oggend sonnetjie toe hy uit die hoek van sy oog ‘n beweging gewaar daar doer onder by die hoenderhok. Hy kyk skerp in daardie rigting en sien dit is hen wat op pad is na haar nes om ‘n eier te gaan lê. Hy dut so ‘n bietjie in en word wakker net toe sy vrou die bosluis beetkry en met een pluk uitruk en in haar mond prop as lekkerny.

Toe hen uit die hok kom en vir boer begin roep op haar skerp stemtoon “eier gelêeee, ge-kekelekeee.” Skielik sien Bobby ‘n klein beweging so links van die hok. Hy kyk weer en ja sowaar dit is muishond wat plat op sy maag seil dat niemand hom moet sien nie. Hy is op pad na die hoenderhok om hen se eier te steel. Bobby gee een harde uitroep gevolg deur nog een “Whaha, Whaha “ skree hy. Dit is die teken waarop Skippy die skaaphond wat voor die agterdeur gelê en insluimer het, wag. In een sekonde is hy wawyd wakker en hardloop hy na die hoenderhok en daar vang hy vir muishond agter sy nek. Op heter daad met hen se eier nog in sy mond. Daar is nou geen genade vir muishond en hy moet die eier ewe gedienstig terug plaas in die nes. Hy wil nog ‘n leun vertel oor dat hy net besig was om die eier huis toe te neem vir die boer, maar skaaphond vertel hom gou dat hy sy stories maar bêre vir die diere hof. Muishond weet hy is uitgevang, dit weet hy maar alte goed.

Die volgende dag moet muishond in die hof verskyn. Eend is die aanklaer, want hy het alles gehoor omdat hy net langs die hoenderhok op die dammetjie geswem het toe alles plaasgevind het. Vader wyse uil is die Landdros en gans is die hof ordonnans. Ystervark skryf die hof verrigtinge neer, sommer met een van sy penne waarvan hy vele op sy lyf dra. Bobby bobbejaan is die hoof ooggetuie saam met Skiepie die skaaphond. Honde en troeteldiere is mos ‘n mens se beste vriend.

Wie is die mens se beste vriend?
Net ‘n dier kan die titel verdiend.
Ongeag of dit is ‘n voël, bok, hond of kat,
Hul sal kyk agter jou rug en blat
Hul sal jou nie beskinder of belieg.
Nog minder verneder of bedrieg.
Hul sal jou teen gevaar verdedig,
as jy hulle behandel regverdig.
Al manier om met hul te kommunikeer,
as jy wil hê hul moet op bevel reageer,
is om baie diep in hul oë te kyk,
dan sal jy hulle nie bring van stryk.
Verduidelik wat jy van hulle wil hê.
Beduie met hande mooi wat jy wil sê.
As hulle doen wat jy wil hê.
Moet jy ook dankie kan sê.
Gee hulle ‘n treat om dankie te sê,
vir dit wat jy van hulle wil hê.
‘n Dier wat lief is vir sy baas,
sal hom nooit na iemand anders haas.
Hul sal jou volg soos ‘n skaduwee,
as jy vir hul ordentlike blyplek gee.
‘n Dier is die mens se beste vriend.
Hul gee onbaatsugtige liefde, onverdiend.
Kyk daarom mooi na jou diere,
of hulle nou, kat, hond is of tiere,
hul bly vir altyd mens se beste vriend.
Hulle sal hul aandag aan jou gee onverdiend.
Hulle sal jou met hul lewe beskerm.
Hulle sal hul oor jou ontferm
Hul sal jou al hul liefde gee
Gesels ma met hul oor ‘n koppie tee.

Bobby Bobbejaan kon alles sien gebeur daar van sy uitkykpunt op die krans bo-op die koppie. Toe vader uil vir muishond vra hoe hy pleit, skuldig of onskuldig het hy nogal die vermetelheid om onskuldig te pleit en dring verder aan op regshulp. Dit is nou dat daar vir hom ‘n prokureur aangestel moet word om hom te verdedig. Vader uil vra op watter gronde hy dit doen en hy verduidelik dat hy op pad na boer se huis was om die eier weg te bring. Muishond het hom egter misgis met die oorweldigende getuienis teen hom. Eend se eerste reaksie is om uit te roep “twak, twak, twak wat jy praat man”, en roep sy getuies Bobby bobbejaan en Skiepie skaaphond wat verduidelik dat dit nie die eerste keer is dat hen se eiers wegraak nie en dat hulle hom almal gesien het en ook gesien het dat hy glad nie op pad na die boer se huis was toe hy gevang is nie. Jakkals en slang word aangestel as muishond se prokureur en advokaat. Dit help hom egter niks, want nie Jakkals of Slang kon hom loskry teen die oorweldigende getuies teen hom nie. Slang het nog probeer met sy slinkse streke om die getuienis te mislei. Dit het egter niks gehelp nie.

Muishond word skuldig bevind en daar kom ‘n gefluister in die hof toe daar gewag word vir muishond se straf. Gans probeer stilmaak met sy “SSSSSSStilte, ssssstilte, sssssstilte in die hof.”
Wyse vader uil maak die hof stil en sê dat muishond se straf sal wees dat hy voortaan verskriklik sal stink sodat almal hom vêr en op ‘n afstand sal ruik. Dat almal hom daarom sal vermy en presies sal weet waar hy hom bevind. Hy mag ook nie deelneem aan die voorgenome troue tussen die Bergprins en Meerprinses nie. Die diere is nou almal tevrede en die hof verdaag.
Die diere besluit dat daar ‘n lysie gemaak word van alles wat by die troue moet gebeur en wat elke dier, insek en voël se pligte en verantwoordelikheid sal wees by die troue.

Die lysie word gemaak.

1      Uil sal die huwelik bevestiging doen, want dit is nie enigeen wat dit mag doen. Jy moet ‘n lisensie besit as jy iemand wil trou en wie is beter as die landdros van die diere ryk, naamlik Ou vader Uil.
2      Ystervark sal die penne voorsien waarmee die huwelik kontrak mee opgestel en geteken word.
3      Koning Leeu, sal die huwelik kontrak opstel omdat hy slim is. As jy in die huwelik tree moet jy ‘n huweliks kontrak hê.
4      Meerfeetjies sal optree as blomme meisies omdat hulle so fraai is.
5      Bergdwergies sal die edelknape wees omdat hulle so edel is.
6      Reënprinsesse sal die strooimeisies wees omdat hulle so mooi is.
7      Windprinse sal die strooijonkers wees omdat hulle so windmakerig uitgedos is in hulle mooi klere.
8      Sebras sal die troukoets sleep omdat hulle sulke mooi strepe het en skilpad en haas is die koets drywers. As haas te haastig raak sal skilpad hom in toom hou en anders om. Skilpad sal ook sorg dat hulle betyds opdaag en haas nie wilde draaie gooi nie.
9      Voëls sal koorsang lewer en die krieke, sonbesies en paddas sal musiek maak. Jakkals, Skiepi skaaphond en wolf sal ‘n solo sangstuk lewer waaraan hulle al die afgelope maande elke nag aan oefen.
10      Miere sal die troukoek bou, want hulle is meesters in die boukuns en oefen al jare om enige fatsoen te bou wat soos ‘n toring op sy eie regop kan staan.
11      Sywurm sal die sy spin vir die trourok en die vink mannetjies sal dit weef saam met wol van die bokke en skape wat deur die ander voëls aangedra word.
12      Spinnekop sal die lampskerms maak waaraan doudruppels geheg word.
13      Vuurvliegies en die feetjies wat die sterre elke aand aansteek sal sorg vir die beligting. Die maan feetjies is nie gevra om binne beligting te doen nie. Hulle is gevra om maar die paadjies buite te verlig, want hulle vergeet partykeer om die maan aan te steek, of partykeer het hulle nie genoeg olie bymekaar gemaak deur die dag nie en kan hulle die maan net gedeeltelik aansteek. Hulle is dus nie baie betroubaar nie en baklei altyd onder mekaar.
14      Muis sal die halssnoer maak van kinder tande en klippies wat erdvark en jakkals uit die grond grawe. Volstruis sal dit dan blink poleer in sy krop.
15      Bye en kakkerlakke is besig in die kombuis om die kos vir die insekte gereed te kry. Die bye weet presies hoe om ‘n heuning koek te bou waarop diere soos ratel en heuning voël hul erfporsie sal ruil.
16      Aasvoëls en visarende is besig om verskillende disse voor te berei vir hulle vleisetende geveerde vriende.
17      Muisvoëls is besig om die vrugteslaai te maak vir al die vrugte etende diere, voëls en insekte.
18      Ystervark en haas is besig om die kos vir die groente etende diere reg te kry.
19      Seekoeie is besig om al die grasetende diere se slaai voor te berei.
20      Leeu en krokodil is besig met al die groot vleisetende diere se kosse.
21      Suikerbekkies is besig om nektar in wyn te verander vir al die heildronke wat ingestel moet word.
22      Bobbejaan tannies is baie besig om die veldblomme te rangskik en ‘n ruiker vir die bruid en al die belangrike sprekers te maak.
23      Arend is statig genoeg en word deur al die diere, voëls, reptiele en insekte gerespekteer en sal die heildronk op die bruidegom en bruid instel, want hy ken albei baie goed.
24      Meerkat sal die fotograaf wees, want hy kan die langste botstil staan met sy stert as stut sodat die kamera nie sal roer as ‘n foto geneem moet word nie. Hy het lank hiervoor ge-oefen
25      Kraaie sal die trouringe voorsien. Hulle het die wêreld vol gesoek vir enigiets wat blink totdat een van hulle twee perfekte goue ring opgetel het wat mense verloor het.
26      Kameelperd moet wag hou dat net genooide gaste by die bruilof toegelaat word en dat ongewenste elemente soos muishond wat gesteel het, nie mag binnegaan nie, want hy kan bo-oor almal sien met sy lang nek.
27      As hy iemand gewaar wat nie daar behoort nie roep hy vir Bobby bobbejaan om hom in hegtenis te neem.
28      Aardvark en jakkals het ‘n gat in die grond gegrawe waarin almal gestop word wat moles aanvang by die troue.

Kan julle aan nog iets dink?

Die tyd vir die groot troue tussen Meerprinses en Bergprins kom al nader en die diere besluit dat daar nou in alle erns kos bymekaar gemaak moet word vir die onthaal by die troue. Die insekte is almal baie gretig om kos te versamel vir die troue voor die groot reën kom. Haas sê hy kan wortels by boer se tuin kry en onderneem om snags as boer slaap ‘n paar wortels te gaan trek. Ystervark onderneem om ‘n gat te grawe onderdeur die draad om aartappels uit boer se aartappel land te kry. Die voëls sal vrugte gaan haal van boer se vrugtebome wat sulke groot vrugte vanjaar gedra het danksy Oom Og, die vark, wat al die afval groente en strooi verwerk het in goeie kompos wat boer vir die vrugtebome kon gebruik. Almal is tevrede. Voor die vergadering verdaag het vader wyse uil eers ‘n paar wyse woorde. “Whoo Whhoo, julle moet onthou dat boer altyd ‘n ekstra ry plant vir die diere en voëls.” “Julle moet dus vrugte van die buitenste rye neem en so ook met die groente.” “Die middelste vrugte van die boord en die groente landerye is vir die boer en julle mag nie daarvan neem nie, gehoor”. “So ook met enige dier, voël of insek wat kos kollekteer vir die bruilofsmaal, neem net wat nodig is, nie te veel nie, want daar moet steeds genoeg kos wees vir almal elke dag nadat die bruilof verby is.”

Daardie nag gaan haas na die wortel land. Hy grawe eers ‘n groot vet wortel uit vir homself en sit rustig en wortel eet. Hy eet nog een en nog een tot sy maag te swaar word vir sy bene. Nou het hy amper nie krag om nog wortels te grawe en saam te dra nie. Hy plaas ‘n paar wortels onder sy arm en val in die pad. Hy waggel al met die pad terug en gaan sit daar onder in die dippie waar die stroompie onder boer se rypad deurgaan. Hy is baie vaak en lomerig en raak sommer gou vas aan die slaap. Dis reeds ligdag in die môre toe hy wakker skrik en sy oë uitvee. O aarde dink hy, ek het skoon vergeet, dis Maandag oggend en dis reeds tyd dat boer sy kinders skool toe neem met daai ou diesel bakkie van hom. Hy sit nog so toe hoor hy tot sy groot ontsteltenis dat die bakkie reeds in aantog is en reg op hom afpeil. Hy spring op en hardloop eers die kant en dan daardie kant toe, maar daar is net geen plek waar hy vinnig genoeg uit die pad kan kom. Die bakkie se ligte verblind hom ook sodat hy nie lekker kan sien waar hy hol nie en sy maag is buitendien ook nog so vol dat hy nie juis vinnig kan wegkom nie. Uit pure skrik laat val hy die wortels onder sy arm uit en die ou bakkie trap dit skoon flenters. Uiteindelik sien hy ‘n opening in die bosse langs die pad en hy korrel daarop af. Hy is ook net betyds, want die bakkie se bande knars reeds hard hier agter hom op die gruis. Hy spring en o eina stamp sy toon aan die groot klip wat daar lê en haak sy vet maag vol wortels aan ‘n doringtak. “Atjoe, Atjoe”, nies hy van die stof wat die bakkie opskop en die vuil ou diesel rook wat die ou bakkie in ‘n stroom by sy uitlaatpyp uitspoeg. Wel dink hy by homself, as ek nog wortels by gehad het was ek definitief nou onder daardie ou bakkie. Ek sal in die toekoms baie versigtiger moet wees en minder eet.

Die dag van die troue kom al nader. Arend word hoog in die lug opgestuur om ‘n boodskap aan Koning wind oor te dra. Hy moet waai, sodat hy vogtige lug van die see af kan inwaai oor die land. Dit sal reëndruppels vorm sodat die Bergprins dit kan opvang. Die fonteine en die watervalle in die berg sal dan weer loop en die rivier na die meer sal vloei. Al die insekte, diere van die veld, water diere en voëls sal opdaag by die troue deur al saam met die vol stroom saam op te beweeg tot by die fontein aan die voet van die berg. Vandaar gaan hulle met die geheime ingang in die berg in na die groot troonsaal waar al die verrigtinge gaan plaasvind.

Ou vader wind stel almal eers ‘n paar dae vooraf in kennis van sy planne sodat mier, rysmier, skilpad en al die ander insekte en diere waarskuwing kry dat groot reën op pad is en hulle hul wonings en kos voorrade in orde moet kry voor Koning reën kom.

Rysmier en die insekte van die veld gesels met die diere van die veld en almal maak gereed vir groot reën wat gaan kom. Skilpad haas hom na die hoogliggende rantjies, want as die reën hom onverwags in die vlaktes vang sal hy verdrink, want hy sal nie vinnig kan weghardloop nie. Mol maak sy tonnels skoon en prop die ingange na sy tonnels styf toe sodat die reënwater nie daar kan inloop nie.

Almal is besig om vir hom ‘n maat te soek om hom te vergesel na die troue. Rysmier en sy meisie het vir hulself vlerke gegroei en hulle vlieg al nader aan die berg totdat hulle vlerke afdraai en hulle grond toe sweef. As hulle land begin hulle dadelik ‘n gaatjie grawe sodat hulle hul eie ingang het na die troonsaal waar die troue gehou gaan word. Wanneer daar troue gehou word is al die diere met mekaar vriende. Wat is vriende mag jy vra?

Goeie vriende is wonderlike medisyne.
Somtyds kan hulle opklaar familie pyne.
Hulle het ‘n oor wat luister.
Wat opklaar die hart se duister.
Wat jy in jou hart ondervind.
Of oor probleme met ouers of kind.
Hulle het ‘n hart wat baie omgee.
Wat probleme met ‘n drukkie wegvee.

Die mannetjie voëls is almal besig om hul vere blink en mooi te maak sodat hulle kan ogies maak vir die meisie wat hul hart steel en saam met hulle na die troue gaan.

Mot beloof om haar eiers te lê in al die indringer plante se sade in die berg sodat die sade nie weer kan groei nie en die water van die berg wat in die stroom afvloei vrylik kan vloei sonder dat die indringer plante die water opsuig in hulle stammetjies.

Boer is baie gelukkig, want hy sien dat die natuur homself gereedmaak vir groot reën wat beteken dat daar genoeg water sal wees vir sy landerye, vrugtebome, diere en weiveld. Hy sien hoe skilpad en rysmier en die insekte van die veld hulle gereedmaak vir hierdie groot reën en berei homself en sy gesin voor vir die groot reën wat gaan kom. Hy maak seker al die watervore na sy dam is oop en skoon.
Dis vrugte droog tyd op die plaas en hy het hom skoon misgis met die diere se ywerigheid om die troue te hou. Hy het tog al die tekens gesien, maar nie aldag daaraan aandag gegee. Die reën het eers saggies gekom en toe al harder en harder geval dat dit eintlik dreun op die grond soos dit val.

Reënbuie sak nou saggies op die veld neer
Heuwels in skakerings van vaal drapeer
Die heuwels naderby, donker vaal grys
Verder weg, ligter die heuwel lyn geprys
Berg se kop en skouers wat rustig slaap
Waar hy onder wit donskombers gaap

Hoor jy die reën in die Kleinkaroo
Dan klink die tip, tip reën so

Op die grond water dammetjies mosaïek gepak
Druppeltjies drup, tip, tip van die boom se tak
Dit plof, plof op die grond dat water opspat
Dorre aarde slurp, sluk water, maak diep nat
Die kronkel grondpad met spieëls uit geleg
Met stroompies wat oor die pad heen vleg

Hoor jy die reën in die Kleinkaroo
Dan maak die tip, tip reën so

Die vaal grys wolke hang laag
Dit stuur reën, vlaag na vlaag
Wat stadig oor die vlaktes jaag
Dankie Vader vir reën se opdaag
Wat voed die aarde se droë maag
Laat mens, natuur dankbare sug slaag

Hoor jy die reën in die Kleinkaroo
Dan sê ons dankie aan reën so

Dankie vir lewegewende reën uitkoms
Met droogte, moedverloor soms.
Nou kom weer kos te voorskyn
Wat groen glinster in sonskyn
Dankie, Dankie aan Vader in die Hemel
Wat vrugbaarheid op aarde laat wemel

‘n Paar dae later bars die donderweer in alle erns los en dan klink dit amper so.

Hitte bekleef die sweterige lyf soos ‘n nat hemp
Alle krag en energie word uit die liggaam gedemp
Dwarrelwinde ruk en pluk uit dorre aarde stof op
Windjies, tower geeste en dansende spoke ontpop
Donder klap en brul, brul soos gewonde diere
Donderweer het elkeen sy eie giere en maniere

Warrelwinde ruk en pluk, pluk om elke hoek
Alle oë bly steeds lugwaarts gekeer soek, soek
Vanwaar kom hierdie aanslag en hoeveel tyd
Voor hierdie storm kom met al sy drif en nyd
Die sagte reuk van reën wel in neusgate op
Sweet wel uit warm onrustige liggaam en stop

Skielike weerlig verlig die aarde soos disko ligte
Die donder wolke skep wonder koppe en gesigte
Groot donder druppels plof, plof swaar in die stof
Die horison raak weg en donker, pikswart en dof
Reënbuie soos emmers kom af in raserige slierte
Die storm is nou een gewonde, raserige gedierte

Die bergstrome loop nou kant en wal tot daar onder in die meer en al die diere kan nou maklik die berg waar die bruilof gaan plaasvind bereik. Diere wat uit die meer moet kom kan nou al stroom opkom en die ander diere hoef net die strome te volg om tot by die berg te kom waar hulle die geheime deur sal kry wat net hulle weet waar dit is en wat deur die Bergprins se bewaarders bewaar word totdat alles gereed is om die diere in te laat.
Dit is die grootste feesmaal wat die diereryk beplan en mens kon die rookwolk bo-op die berg vir dae en vir myle vêr sien soos die diere vuurmaak om al die kos gaar te kry vir die feesmaal.

Kriek, Sonbesie, Jakkals en Padda is besig om hulle instrumente in te stel en hulle stemme te oefen vir die groot dag en jy kan hulle myle vêr hoor soos hulle oefen. Pietie padavis het intussen sy stert verloor en bene gekry. Hy is nou ‘n volwaardige padda en sit saans en sing vir ‘n vale om te kyk watter meisie sy stem so bewonder en hom terug antwoord. Hy het besluit om haar te nooi as sy maat na die troue.
Uiteindelik breek die groot dag aan. Maar wag, die diere sal alles wat plaasgevind het by die troue self aan julle vertel. Julle moet net mooi luister as hulle die storie vir julle vertel.

Luister, luister na berge se fluister.
Jy moet net regtig mooi luister.
Wind moet waai om hul taal te hoor,
daarna vir altyd jou bekoor.
Hul praat ‘n unieke taal.
Luister daarna telke maal.

Elke veld het ‘n unieke reuk.
Reuk wat nie kan verneuk.
Fynbos, karoo, strand en bosveld.
Reuk te koop met geen geld.
Koop tog daarvan in oorvloed.
Laat dit jou neusgate vol vloed.

Natuur praat ‘n pragtige taal.
As die veld is droog en vaal,
gee die reën as dit kom,
skoon reuke wat jou slaan stom.
Laat die reënstorms kom.
Laat die druppels op die dorre aarde trom.

Luister na die veld geluide.
Die wind in die rietkuile.
Die voël gesang in die môre.
Die nag se jakkals kore.
Die dag se dier en insek taal.
Dit ontneem jou dag se vaal.

Luister na die padda koor
Na vink se kwetterende metafoor
Kriek as hy krap in die nag sy huid
Sonbesie as hy in die dag blaas sy geluid
Kiewiet as hy krassende oor jou duik
Kyk Vroeg oggend as die son ontluik

Neem in die uniekheid van natuur.
Neem in die veld se natuurlike kuur.
Bêre, maak vol jou brein se skuur.
Daar kom ‘n tyd in die lewens uur,
wanneer jy kan leegmaak uit die skuur.
Dit wat weer laat brand die lewens vuur.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar