Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Meneer Swanepoel word koud in sy binneste. Dit wat hy so lank al gesien kom, en gevrees het, het nou waarheid geword. Maar waar pas Johan in die prentjie in? Hy kan mos nie alweer in die moeilikheid wees nie?
“Johan. Wat gaan nou aan? Wat het jy nou weer aangevang?”

Johan glimlag. “Nee, Meneer, hierdie keer is ek nie skuldig nie! En ek is darem ook nie so baie in die moeilikheid as wat mense wil uitmaak nie! Maar Meneer sal iets moet doen. Dinge gaan nou te ver, en vandag was dit amper. Die klas is in opstand. Hulle weet nie ek is hier nie, en ek dink dit is beter dat hulle nie weet nie.
“Maar ek dink Meneer moet `n slag met ons klas kom praat agter geslote deure. Ons groep is taamlik beskaafd, so soortvan, en ons kan dalk `n invloed hê op die res van die skool, maar as daar `n uitbarsting kom in byvoorbeeld die standerd agt klas, gaan dit lelik wees. En dinge is op breekpunt.”
“Dankie Johan dat jy kom praat het. Ek waardeer dit. Hoe gaan dit met jou hande?” Meneer Swanepoel stap om die tafel en Johan hou sy hande omhoog. Hy het die asynverbande by die huis gelos. Hy was nie bereid om met die suur reuk skooltoe te gaan nie.
Dis die eerste keer dat Swannie so-iets sien. “Eina, demmit!! Moes jy nie gips omgehad het nie?”
“Meneer weet wat die situasie is. Maar ek sal versigtig wees. As daar nou weer `n groot baklei kom, sal ek maar op my bene moet staatmaak. Miskien is dit wat ek in elk geval moes gedoen het. Maar ek sal vir `n hele ruk nie kan rugby speel nie.”

Hy is net betyds in die klas om die klok te hoor lui. Van der Merwe kan homself nie help nie, en moet die laaste steek inkry:”Dit moes darem `n groot nood gewees het om so lank weg te bly!”
Dit hang af wie die nood veroorsaak het, dink Johan so in sy stilligheid, terwyl hy heimlik glimlag.

Die boekhouperiode is die een net voor tweede pouse. Meneer Swanepoel kom die klas binne, en maak die deur agter hom toe. Hy sit sy boeke op die tafel neer.
     
“Klas,” begin hy. “ Julle besef natuurlik dat julle volgende jaar se Matrieks is. Hierdie skool was nog altyd trots op ons resultate. Maar nou het ek `n probleem. Ek is bewus daaarvan dat julle moeilikheid het met meneer Van der Merwe, en julle is nie die enigste nie. Maar julle gaan die meeste geraak word.
“Dis die reël in die skool dat die onderwyser wat die standerd neges begin met `n vak, hulle moet deurvat matriek toe. Vanjaar se matrieks is versorg, maar julle is nie. En ek kan nie veranderinge aanbring sonder om iemand anders te raak nie. Julle is ook toevallig `n groep wat goed behoort te vaar, en miskien die beste toegerus om `n krises te hanteer. Die snoer het ongelukkig vir julle so geval dat dat julle aan die agterspeen suig, en niks wat ek doen kan dit verander nie. Net julle kan daar iets aan doen.”

Die klas is stil. Dis onregverdig! Hoekom moet hulle die klas wees wat met hierdie man moet sukkel! Hulle het alreeds so baie opgevreet, verwag die prinsipaal nou dat hulle maar alles moet verdra en net so aangaan? Weet hy hoe vernederend dit is om na die soort van afbrekende kritiek te moet luister, sommer net omdat iemand van sy frustrasies wil ontslae raak?
Willem van Zyl, die klaskaptein, is omgekrap.“Meneer, wat moet ons nog doen? Ons probeer om ons werk te ken, maar dit is nie goed genoeg nie. Ons probeer om vriendelik te wees, maar dit maak hom agterdogtig. Wat nog? Daar is niks wat ons kan doen om hom tevrede te stel, of selfs net vriendelik te maak nie. Ons is `n klomp varke in sy oë, en so is die hele skool!”

Hy verstaan die frustrasie van hierdie groepie mense. Hy weet Van der Merwe ly aan `n minderwaardigheids kompleks. Hy het sewe jaar privaat studeer voor hy sy Ba graad kon verwerf, en hy moes vakke herhaal om sy onderwys diploma te kry. Hy sou nie hier gewees het nie, maar hy was die enigste kandidaat. Hierdie deel van die NoordWeste is nie die populêrste area bekend nie. En tog, as iemand lank genoeg hier kan uithou, wil hy nie weer weg nie.
Maar dit kan hy nie vir hulle sê nie. Dit sou chaos veroorsaak.     
Swanepoel se stem breek.
“Ek moet bieg, ek het nie vir julle raad nie. Ek het gehoop dat julle sou kon help.”
Die klas is stil. Almal sit met hulle koppe vooroor gebuig, en staar voor hulle op die banke. Willem van Zyl staan op.

“Meneer, kan ons as klas die saak pouse bespreek en besluit wat ons te doen staan. Ek kan nie waarborg dat ons na Meneer toe sal terugkom nie, maar ek dink die saak is vir almal duidelik. Maar ons kan nie so aangaan nie. Iets sal moet verander. Meneer sal maar moet aanvaar wat gebeur. Ons weet ons toekoms is op die spel, op meer as net een manier, maar ons geestestoestand is op hierdie stadium belangriker.”
Johan is moeg. Sy hande pyn onophoudelik, en die dinge van die dag was vir hom te veel. Eers die godsdiens periode, en nou hierdie gemors. Maar hy besef hierdie is `n waterskeiding, en dit moet nou enduit gevoer word.
Die vergadering begin nie goed nie. Flip de Beer is moeilik. Hy`is nie so besadig as Lukas nie, en hy is ten minste `n jaar ouer as die res van die klas. Dit was `n gevolg van die verpligte onderwys wat na die oorlog ingestel is. En hy is nie baie fyn besnaard nie.
“As hy weer met my sukkel gaan ek hom bliksem, dis gewis. Ek het genoeg gehad.”
Willem probeer om die gemoedere te kalmeer. “Dit sal ons nie baie help nie, want dan het hy rede om omgekrap te wees. Ons sal binne die reëls moet bly. Maar ons kannie niks doen nie. Iets sal moet verander.”

Johan weet hier is `n skaakmat situasie. Doen hulle niks, het hulle verloor. Doen hulle iets onverskillig, kan hulle alles verloor. Besluit hulle saam op `n aksie, en dit werk nie uit nie, is hulle almal in die moeilikheid.
Hy staan op en wag tot hy hulle aandag het. “Kyk, ek is alreeds so diep in die moeilikheid, dat `n bietjie meer nie gaan saakmaak nie. Ek bied aan om môre met meneer Van der Merwe te praat, hier in die klas, maar dan moet julle my nie weerspreek of moeilik raak nie. Dit sal dalk op `n konfrontasie uitloop, maar ons sal moet bymekaar staan. Maar daar sal kans wees om los te kom, veral as ek as `n enkeling my saak stel.
“Hy sal my aanvat, en dan sal elkeen moet besluit of hy my wil bystaan of nie. Maar as ek alleen die pad moet loop, dan sal ek. Ek hoop, en glo, dat dit reg sal uitwerk, maar ek kan dit nie waarborg nie, maar ek is bereid om die kans te waag.
“Ek dink ons moet wag tot môre en sien wat gebeur. Miskien kry hy `n snuf in die neus en verander oornag. Miskien kry hy `n hartaanval oor die standerd agts wat alweer sy kar op die stoep staan gemaak het, en ek het `n gedagte dat hulle vandag gaan verdwyn en hy sal moet huistoe stap. Ek moet sê ek wens dit was my idee. Dis nogal lekker om hom te sien soebat om sy kar af te kry.”
Die klas staan soos een man op om by die venster uit te kyk. Die 1939 Dodge staan mooi netjies, onbeskadig, op die stoep. Daar is nie `n manier onder die son dat hy kan afry nie. Dit sal moet afgetel word! Dis die tweede keer dat dit gebeur. Mens sou dink hy sal sy kar op `n ander plek parkeer, maar die son is warm, en die enigste skadu is langs die stoep.

Willem staan op. “Ek dink ons sal moet besluit of ons hiermee saamstem of nie. Ek is ten gunste daarvan, want ek weet Johan was altyd die besadigste van ons groep, maar as ek nou na sy hande kyk, dan weet ek nie so mooi nie. Maar ek moet erken, sy is blessit mooi. Miskien sal `n man sy hande wìl afbaklei vir haar!”
“Gaan vang `n haas,” kom dit van Johan, maar die blos op sy keel is beslis nie van sonbrand nie.
“ Kyk hoe blòòs hy!!”, kom dit van Lena, en die klas lag stuitig. Die spanning is gebreek.
“Is daar iemand wat teen die voorstel gekant is?” Niemand steek `n hand op nie. Willem van Zyl kom na hom toe en steek sy hand uit. “Sterkte ou maat.”
“Gaan vang nog `n haas,” kom dit weer van Johan, terwyl hy vinnig sy hand agter sy rug wegsteek.
Willem lag lekker. “Amper het ek jou gevang. Daai hande is glad nie so seer as wat hulle lyk nie,” sê hy skertsend. “Dis net om simpatie te wek. Ek wed jou vandag in die bus hou sy dieselfde twee seer handjies lekker vas!!”     
Toe hulle by die klas uitstap, sit hy sy arm om Johan se skouers, en gee hom `n drukkie.
Dis lekker om vriende te hê soos hierdie klomp in hierdie klas, dink Johan. Dit maak alles die moeite werd.

Diè middag na skool stap hy en Piet de Wet bustoe. Op pad wag Prinses hulle in.

“Waar was jy heeldag, en wat het jy nou weer aangevang?” wil sy weet.
Hy kyk haar verbaas aan. “Waarvan praat jy?”

“Dis wat ek van jou wil weet. Die kloosterkoeke bid al die heeldag vir jou. Smaak my jy het jou sinne verloor of iets, want hulle dink jy is reguit oppad hel toe. Wat het jy in die klas gesê?”
“ Jy’s `n mooi een om so sonder respek van jou maatjies te praat! Ek dog nog al die tyd jy is ook een van hulle!!”
Prinses raak stil. Sy weet Johan trek haar been, maar dit raak tog `n seer puntjie.
In die bus sit hulle op hulle gewone plekke. Dawid se plek is leeg. Johan wonder hoe Dawid hierdie situasie gaan hanteer. Hy is onbewus van die oorsaak van die verbreking van die kys, en wil nie vra nie. Piet het net laat val dat dit nooit weer herstel sal word nie. Ek wonder darem, dink Johan so in die stilligheid. Dit was dan so `n warm affêre, hoe kan dit dan nou so skielik doodloop? Dit maak nie sin nie.

Ook maar goed hy weet nie.

Hulle het skaars begin ry toe een van die ‘koeke’ na sy kant toe oorleun. “ Ons het vandag spesiaal vir jou gebid.”

Sy is nie onaardig nie, en hy wil nie aanstoot gee nie. “Dankie. Ek dink nie julle weet hoe nodig ek dit nog gaan kry nie.”
Sy straal, want soos baie van die jonger meisies is sy ook heimelik verlief op hom, en sal gladnie omgee om met hom te kys nie. Maar sy het al die stories gehoor dat hy heeltemal immuun is teen meisies. As dit dan so is, hoekom het hy dan baklei oor Prinses?
Prinses sit skelm na Johan en kyk. Sy sien hoe die ‘koek’ met hom praat, en dan bloos. Wat is dit met hom? dink sy. Hy het vir my, of oor my, baklei, en daar is `n gevoel, maar hy doen niks nie. Ek verstaan dit nie.

Die volgende oggend staan Johan op met vertwyfeling in sy gemoed. Hy het laasnag probeer om iets uit te werk om vir Van der Merwe te sê, maar niks wou werk nie. Nou moet dinge maar gebeur soos dit kom. Hy hoop net nie hy vries van benoudheid nie, of nog erger, raak sentimenteel en begin tjank nie.
Hy het `n klein hartjie. As hy kwaad is, kan hy nogal sy woord doen, maar andersins is hy hopeloos. Wat het my besiel om so-iets aan te bied, dink hy.

Piet en Prinses kom laai hom op, maar behalwe om te groet, praat hulle eers nie. Vandag sit hy langs Prinses in die skedonk, en hy gee gladnie om nie. Maar dit hou sy gedagtes net vir `n rukkie.
“Is jy benoud?” vra sy. “Piet het my vertel.”

“Benoud is nie die woord nie. Ek het gedink ek sal `n slim toespraak uitwerk om voor te dra, maar niks wou werk nie. En dan is daar nog sulke spieëlbeelde wat voor my verbygaan wat ek nie kan hanteer nie. Jy het mos die geveg gesien. Het Van Deventer my dalk raakgeslaan wat ek nie van weet nie? Ek moet aan harsingskudding ly, anders weet ek nie. Ek raak nou regtig bekommerd oor my hart. Is jy seker hy het my nie raakgeslaan nie?”
Prinses is verdwaas. Waarvan praat die man? Dis die tweede keer wat hy melding maak van sy hart wat beskadig is! Miskien is hy nie lekker nie!!
Sy sit styf teen hom, en druk haar teen hom vas. Dit gaan nie ongemerk verby nie.
“O, my swak hart,” sê hy weer voor hy by die kar uitkim.

Die heel eerste periode is geskiedenis. Almal sit vol verwagting om te sien wat Johan gaan doen, maar niks gebeur nie. Van der Merwe gaan aan met sy klas, en Johan, en die ander, het net begin dink dat iets moes gebeur het om sy gesindheid te verander, toe hy een van die meisies `n vraag vra wat sy nie kon beantwoord nie. Sy is ook `n skoolbus kind, en ry ver.
“En wat is jou verskoning hierdie keer, of het jy ook jou pa gehelp op die lande soos party mense wat daaragter skuil?” snou hy haar toe.

Johan se bloed kook. Hy gee nie om as daar met hom gemors word nie, maar sy pa se onvermoë om sonder sy hulp klaar te kom, moet hy uitlos. Hy staan stadig uit die bank uit op.
“Meneer, kan ons praat? Hier buite op die stoep?” sê hy sag, maar duidelik.
“Wat jy vir my wil sê, kan jy net hier sê,” jak hy hom af.
“Ek weet meneer, maar ek verkies om buitentoe te gaan.” Hy draai om en sonder om te kyk of Van der Merwe hom volg, stap hy buitentoe. Hy hoor hoe die deur agter hom toegaan.
Van der Merwe sluit by hom aan en hulle begin om die skool stap.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar