Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




Klein Bennie staar deur die venster na buite,
kyk na die reën soos dit neerplots,
op die groen gras en stowwerige pad,
buig die blomstingels af,
druppeldans weg oor die gruis,
en maak klein poelietjies oral
waar holtes in die aardkors skyn te wees.

Dit is aangenaam om knus;
in die warmte van die kamer na buite koue te staar.

Bennie se gedagtes het weggesweef
in gesprek met Tannie Susan:

"Tannie Susan," het hy gesê,
sy helder oë blink,
"Hoe wens ek dit sou goud kon reën;
muntstukke in plaas van water druppels!
Sou ons nie dan baie ryk kan wees?"

"As dit goud moet reën?,
hoe groot die seën?;
in plaas van water-druppels hele somer heen?"
. . . . het Tannie Susan gevra.

"Ja, ons kan alles in die wêreld hê,
alles wat ons wou wens en sê.

Ek sou vir baba 'n waentjie koop,
Sussie kan my verfstel kry wat sy nog altyd begeer,
en vir mamma die wasmasjien gaan koop,
en die naaimasjien om nie meer met die hand te werk;
hoe goed sou dit nie wees nie, Tannie Susan?"

"Maar wat sou jy eet?
Niks kan groei sonder water. "

"O! ons kan ons kos koop,
met ons baie geld genoeg vir enigiets."

"Ja, maar as dit reën met goud,
net oor die hele wêreld was,
sou niemand enige kos verkoop.
Al die velde sou verbrand,
van skroeiende hitte ongenadige son,
geen water vir die gras of enige blom?"

Gras sal verkrummel tot stof;
graan vergaan want niks kan groei onder goue reën!"

Jou sieraadboom met skoppelmaai,
somerkoelte en voëlgesang,
sal slegs die dorheid verraai?

Geen vrugte of groente in die tuin.
Waterstrome en putte en damme staan leeg,
en geen iets om dors te les!

Mens en dier sal gou vergaan,
want alle lewe het uit water ontstaan!

Robinson Crusoe het bra min van goud gedink,
op die eiland nadat sy skip gesink.

Met goud kon Crusoe net mooi niks kon koop,
die goud het nie eens vir hom iets laat hoop.

As goud so volop is soos gruis,
sou dit net niks werd kon wees

Geld is van geen nut nie,
behalwe vir wat dit bring;
geriewe van die lewe.

Somer of winter reën is groter seën,
as al die goud wat geld kon leen.

Ons sal altyd vind, liewe Bennie,
hoe meer ons daaroor dink,
ons Skepper het beveel
dat alles wat bestaan as deel
meer oordeelkundig en beter
vir ons is as wat ons self kon doen."

Kindergas

Die Jeug Instrukteur 15 Augustus 1870 (verwerking)

verwysing:

Want ons het niks in die wêreld ingebring nie;
dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
Maar as ons voedsel en klere het,
moet ons daarmee vergenoeg wees.
Maar die wat ryk wil word,
val in versoeking en strikke
en baie dwase en skadelike begeerlikhede
wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels;
en omdat sommige dit begeer,
het hulle afgedwaal van die geloof
en hulleself met baie smarte deurboor.
Maar jy, man van YHVH ELOHIM,
vlug van hierdie dinge weg,
en jaag ná die geregtigheid,
saligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. [1 Timótheüs 6:6-11]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar