Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

n Boer het n hen en n pou gehad. Die hoender het elke dag eiers gelê en in die werf rondgepik agter stukkies kos. Die pou het rond geloop en pronk en sy wonderlikke vere vir die hele wêreld vertoon. Die kinders het n ophef gemaak van die pou en heeldag lank met hom gespeel.

Met al die aandag het die pou baie verwaand en pronkerig geraak, en sy vere altyd afgewys vir almal, en die lewe op die plaas geniet. Dit het begin lyk of hy die plek besit. Eendag sê hy vir die hen toe hy haar op die werf raakloop: “Ek is so bly dat ek n pragitge voël is, so kleurvol en met n trotse dekking van vere, en nie n verveelige ou hoender soos jy is nie.” Toe stap hy al pronkend weg en vertoon weereens sy wonderbaarlikke vere vir die wêreld. Die ou hen het net haar skouers opgetrek en aanhou pik agter brokkies kos aan.

Maar een dag het harde ekonomiese tye die boerdery getref en die boer moes begin kyk na koste-besnoeing. Die eerste ding om te gaan was die kleurvolle pou “Want,” het die boer gesê, “Die voël is net n pronkdoedie, en bring niks in die koffers in nie.” Hy het die pou toe vir n ou tannie op die dorp verkoop wat belang gestel het in die voël.

En so is die hen toe alleen gelos saammet die ander hoenders op die werf, “Want,” het die boer gesê “n Hoender het n praktiese doel, deurdat dit eiers lê en kos verskaf.” En die ou hen het toe n vreedsame lewe, en is nooit weer gesteur deur die verwaande en pronkerige pou nie…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Harde Werk
n Klein staaltjie wat wys dat harde werk oor beeldskoonheid troef.

Dankie vir die lees...
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


leersame storie!
Ek wonder wat het die ou tannie toe gemaak met die pou? Seker maar gebraai, maar wat van die vere? Die vere self is in elk geval seker waardeloos. Harde ekonomiese tye.
4 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar