Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

I.

Eendag kruip ses vet wit wurms op n tak na die bo-kant van n boom. n Klein groen wurmpie wat op dieselfde tak kruip, kom op hullle af. “Waarheen is julle oppad?” wil die klein wurmpie van hulle weet. “Ons is oppad na die bo-kant van die boom om ons self in koekonne te spin, sodat ons kan transformeer in wonderlikke wit motte,” sê hulle. “En waarheen is jy oppad?” vra hulle toe vir hom.

‘Ek sal ook na die bo-punt van die boom gaan en myself in n koekon spin, om te transformeer in n wonderlikke mot soos julle,” sê die klein groen wurmpie.

Al ses wit wurms bars uit van die lag. Hulle skater hulself half dood en lag tot hulle maagde begin seer raak. “Wat se mot sal jy wees tingerige wurmpie?” sê die een. “Miskien sal jy n klein groen mot wees,” terg n ander, en al die wurms hou aan lag. Al giggelende kruip hulle verder na die bo-kant van die boom om te gaan transformeer. n Hartseer klein wurmpie kruip agter hulle aan.

Toe hulle bo kom spin hulle in wonderlikke koekonne en wag om te transformeer. Die klein groen wurmpie doen toe dieselfde. Nie lank nie en daar hang n paar pragtige koekonne bo in die boom, wat net van tyd tot tyd liggies geritsel word deur die wind…

II.
Die dae het verby gegaan terwyl die wurms transformeer in hulle koekonne. Maar een dag, toe die son opkom, begin die koekonne een vir een oop breek. Soos wat hulle oop gaan kom die motte uit en begin een vir een rondvlieg, tot hulle al ses vry was. Hulle vlieg toe almal om die laaste oorblywende koekon, die van die klein groen wurmpie, om te sien wat sal gebeur as hy uitkom. Die pragtigste paar geel en rooi vlerke kom uit toe hy oop gaan, en die mooiste skoenlapper wat enige van hulle ooit gesien het, kom toe daar uit. Die klein goen wurmpie het verander in die pragtigste vlinder reg voor hulle oë. In vergelykking met hom was hulle eintlik maar net n paar vaal, bleek motte.

“Hoe onregverdig,” begin hulle almal opeens kla, “Hy is n pragtige vlinder, en ons is niks behalwe n klomp lelikke motte nie!”

Maar die vlinder steur hom nie aan hulle in die geringste nie, en vlieg weg op sy wonderlikke nuwe vlerke…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

kleinspan
n Storie van my op die tema van 'die lelikke eendjie'.

Dankie vir die inloer...
4 jaar 11 maande 4 weke 15 ure oud


Ano
Groen
Applous! Ek hou van 'n kleurvolle einde :-D
4 jaar 11 maande 4 weke 19 ure oud



Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar