Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar was eendag 'n man, wat ná baie jare besluit het dat dit vir hom tyd geword het om op te hou werk. Hy het gevoel dat hy te oud geword het om elke dag die harde werk te doen wat hy oor al die jare gedoen het.

Hy het 'n klein plasie, in 'n natuurlike woud, naby die see gehad, waar hy en sy vrou wou gaan woon as hy nie meer werk nie.

Hulle het besluit dat 'n huisie in die woud, tussen al die bome, met die pragtige voëls wat daar was, net die regte plek vir hulle oudag sou wees.

Om aan te pas by die omgewing en gevoel van die woud het hulle besluit om die huisie van hout te bou.

Sy seun, wat ook op die plasie gebly het, het hom toe gehelp om die huisie te bou, maar aan die binnekant moes hy self die mure en die plafon netjies met planke toeslaan en mooi maak.

Elke dag het hy gemeet en gepas en planke op die presiese lengtes afgesaag. Die planke is dan een vir een in die binnekant van die huis met spykers vasgeslaan.

Dag vir dag kon 'n mens hoor hoe die man spykers inslaan – tik tik tik – tik tik tik ...

So het dit vir weke aangehou en elke dag het die huisie aan die binnekant mooier en mooier begin lyk.

Die man was naderhand moeg van al die planke en spykers wat hy elke dag moes inslaan en het baie uitgesien na die dag dat hy die laaste spyker sou kon inslaan.

Verskeie kere het hy reeds gedink dat alles klaar was, maar dan het hy nog 'n plek gesien waar dit nog nie na sy sin was nie en het hy maar weer aangaan met nog planke en spykers!

Ná weke en weke se getimmer het hy uiteindelik gesien dat hy amper klaar was.

Omdat hy so lank uitgesien het na die dag dat hy die laaste spyker sou kon inslaan, het hy besluit om 'n spesiale geleentheid daarvan te maak.

Hy kry toe 'n juwelier om vir hom 'n spyker van suiwer goud te maak.

Op 'n goeie dag het hy sy hele familie – sy kinders en kleinkinders – bymekaar geroep om die inslaan van die laaste spyker te kom vier.

Dit was 'n heuglike gebeurtenis – daar was allerhande lekkernye en 'n groot bottel sjampanje.

Die man was baie vrolik en het uit pure vreugde 'n paar liedjies met mondfluitjie en kitaar gespeel.

Toe het die groot oomblik aangebreek!

Die man het die goue spyker versigtig gevat, vir almal gewys en dit met groot vertoon stadig in die laaste plank ingeslaan, en gesê: "Dit is nou die laaste spyker wat ek inslaan!".

Almal het hande geklap en die sjampanje is met 'n groot geknal oopgemaak.

Elkeen het 'n glasie sjampanje gekry en die man gelukgewens met die inslaan van die laaste spyker.

Op daardie oomblik het sy vrou so na buite gekyk en terwyl sy haar glasie vir 'n oomblik laat sak, vir die man gesê: "Ou man, jy weet, jy sal maar regtig vir ons 'n stoep moet aanbou – miskien moet jy sommer môre die planke en spykers gaan koop …"

***

Die les wat hieruit geleer word, is dat niks in die lewe ooit finaal is nie.



Teks en tekeninge: Vic Viviers



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Goud
Bravo, bravo! Pragtige storie!
Ai ek sal darem lekker in so huisie kan bly. Dan kan ek mos help met die stoep bouery.
5 jaar 9 maande 3 weke 16 ure oud


Huisie
Hehe...baie oulik en oom Vic kan toe teken ook :), dis beslis skatte om te bewaar vir die nageslag.
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Ano
Spyker
whahaha! Die ewige wens na groter en beter. Shame, dalk moet sy maar self die stoepie bou...
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


.
Ek hoop ook die prentjies word almal baie goed bewaar, want dis regtig goed gedoen en dit bring soveel meer na elke gedig en storie.
Ek sien al uit daarna om dit te sien, moet myself keer om nie eers na die prentjies te kyk en dan te lees nie.
Ek hou baie van die storie. Dis waar en realiteit.
Soms moet mens maar versigtig wees om nie ondankbaar voor te kom nie.
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


:D
lekker storie en mooi prente!

5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


Spyker
Vic jy het my op die4 punt van die stoe; gehad met hierdie verhaal. ek wonder net wat het na die stoep gevolg
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Spyker
Dankie vir hierdie lekker lees, en ook sommer die les wat ons kan leer. Ek sou darem daai planke en slykers in die tannie se gmf opgedruk het! :-))
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


Goue spyker
Dit was nou regtig LEKKERLEES!!! Dankie Vic :)
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 17 ure oud


Lewensles
Weet jy Vic, hierdie is 'n eenvoudige verhaal, maar ek het dit gelees en geniet tot die laaste letter toe. En wat 'n les is nie daaruit te leer nie!

Baie baie dankie vir die deel daarvan.
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 18 ure oud


spyker
hehehe .. ja so hou mens se werk nooit op nie... lekker gelees Vic... jy is eintlik gelukkig om besig te kan bly, dit hou mens jonk .. want ledigheid is gewoonlik die duiwel se oorkussing.. hehehe .. jou sketse is ook mooi gedoen
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Goue spyker
Dit ook ja.
Maar
Daai laaste veronderstelling is beide waar en hopelik
Ek bêre die knerts - spesiaal gestook en gegeurd vir daardie dag.
Jy sê mos, niks is ooit finaal.

Dan

Die prentjies

Bêre jy dit darem geraamd?

Goue spyker seg jy . . .

Ek wonder. Dit is vandag sowat 50 jsar gelede . . .

Ek moet die storie tog maar vertel
Die naam . . .
Die naam sal wees . . .

Juanita
En dis regtig.
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud


Goud
Suiwer, gelouterde goud vir hierdie een.

Ha-ha, Ja, met 'n vrou aan sy sy, kom 'n man se werk nooit klaar nie.

Mans dink snags versies en wyshede uit, en vroue le en dink aan wat hul man nog vir hulle kan koop en doen!
5 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar