Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mooi rooi Jeep

(Hierdie is die vreemdste storie wat ek nog opgemaak het vir my seuntjie, maar dit is sy gunsteling en ek moet dit byna elke aand voor slaaptyd vertel. Ek skryf dit neer net soos ek dit vertel, so verskoon maar die ‘slang’ en Engelse woorde tussenin asb.)


Eendag was daar ’n Haan. Hy het in ’n boek gesien die garage in die dorp verkoop ’n baie mooi rooi Jeep. Hy het dadelik van die plaas af in dorp toe geloop na die garage toe. Die mooi rooi Jeep het voor die garage gestaan en die Haan het dadelik daarin geklim.

Die oom wat by die garage gewerk het, het hom kom vra of hy kan help. Toe sê die Haan dat hy baie graag so ’n mooi rooi Jeep wil hê, maar dat hy nie kan bestuur nie.

Die oom sê toe vir die Haan dat dit glad nie ’n probleem is nie, want hy sal hom gou-gou leer bestuur.

Die Haan sê toe vir die oom dat hy nie oor die stuurwiel by die voorruit kan uitsien nie. Die oom sit toe klomp kussings op die sitplek neer, maar toe kan die Haan nie by die petrol en briek-pedale uitkom nie. Die oom sê toe dis glad nie ’n probleem nie en hy maak vir die Haan die petrol en briek-pedale langer en die sitplek hoër.

Die Haan was toe baie bly, want toe kon hy gemaklik bestuur. Hy vou toe sy vlerke om die stuurwiel en ry terug plaas toe.

Op die plaas stop hy voor die hoenderhokke en druk die toeter tot Mamma hoender en seuntjie hoender uitkom.

“En die?” vra die Hen.

“Nee,” sê die Haan. “Dis my nuwe mooi rooi Jeep!”

“O dis baie mooi! Kan ons bietjie gaan rondry?” vra die Hen.

“Maar natuurlik.” Sê die Haan en mamma Hoender klim voor langs die Haan in en die seuntjie hoender klim heel agter in die Jeep.

Hulle ry toe tot by die dam waar die eendjies bly. Toe hulle by die dam stop druk die Haan weer die toeter tot pappa eendjie, mamma eendjie en seuntjie eendjie uit die dam uitkom. “En die mooi rooi Jeep?” vra die pappa eendjie.

“Nee,” sê die Haan. “Dis my nuwe Jeep!”

“O dis baie mooi!” Sê die mamma eendjie.

“Wil julle saam ry?” Vra die Hen.

“O asseblief!” sê al die eendjies gelyk en mamma eendjie en pappa eendjie klim agter in die Jeep en die seuntjie eendjie klim heel agter in by die seuntjie hoender.

Hulle ry toe tot by die ander dam waar die ganse bly. Toe hulle by die dam stop druk die Haan weer die toeter tot pappa gans, mamma gans en die seuntjie gans uit die dam uitkom.

“En die?” vra die pappa gans.

“Nee,” sê die Haan. “Dis my nuwe mooi rooi Jeep!”

“O, dis baie mooi.” Sê die mamma gans.

“Wil julle ook saamry?” Vra die Hen.

“O asseblief!” sê al die gansies gelyk en die mamma gansie en die pappa gansie klim agter in die Jeep by die mamma eendjie en die pappa eendjie en die seuntjie gansie klim heel agter in by die seuntjie hoender en seuntjie eendjie.

Al die hoenders en eendjies en gansies ry toe lekker in die mooi rooi Jeep op die plaas rond. Hulle ry verby die skapies wat in die veld wei, verby die perde in die stalle en die beeste waar die koeie besig is om gemelk te word.

Pappa hoender stop toe weer by die dam waar die gansies bly en hulle klim uit. “Baie dankie dat ons saam kon ry.” Sê die pappa gans.

“Nee,” sê die Haan. “Ons maak weer so!”

Pappa hoender ry toe verder tot by die dam waar die eendjies bly en hulle klim ook uit. “Baie dankie dat ons saam kon ry!” sê die pappa eendjie.

“Nee,” sê die Haan. “Ons maak weer so.”

Die hoenders ry toe terug huis toe met hulle nuwe mooi rooi Jeep en die Haan was baie bly dat almal ook so baie van die Jeep hou, soos hy.

Die einde



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jeep
Lekker gelees en saamgery in die mooi rooi jeep ;-)
5 jaar 1 week 5 dae 19 ure oud


jeep
Pragtig Anria en dankie vir die deel met ons hiervan
5 jaar 1 week 6 dae 6 ure oud


☺♥
Sjoe! Ek sien die prentjies in my kop en ek kan verstaan hoekom hy so baie daarvan hou. ☺♥
5 jaar 1 week 6 dae 13 ure oud


Ano
Jeep
Dis so sweet en ek het dit net soveel geniet. Kan my nogal die hoendertjie voorstel wat te klein is en sukkel om te sien :-D
5 jaar 1 week 6 dae 15 ure oud


glo nou vir my
Hierdie is 'n PRAGTIGE kinderstorie. Dit moet in 'n mooi boek wees saam met groot kleurvolle prente. Ek het ook vir my kinders stories opgemaak en ek WEET hulle sou baie hiervan gehou het:-) ek dink dis baie goed...dis die soort storie wat enige ma vir haar kinders moet lees. Dit leer hulle ook om onselfsugtig en vriendelik te wees :-)
5 jaar 1 week 6 dae 16 ure oud



Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar