Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tannie Gerty is nou al amper 82. Sy het deur die jare talle inspirerende stories, gemik op die jeug, geskryf. Ek het onderneem om haar te help om dit wyer te publiseer. Hier volg nog een:

‘n Joernalis by ‘n koerant het elke jaar, net voor Kersfeestyd, gevra dat kinders vir moet hom briefies stuur om te vra wat hulle graag vir Kersfees wil hê. Hy het elke briefie met liefde gelees en al die geskenkies uit sy eie sak aangekoop.

Die geskenkies is sorgvuldig toegedraai en dan per pos na die kindertjies gestuur. Die oom was baie lief vir Jesus en sy geskenke aan die kinders, was een van sy dankbaarheidsdade. Die Bybel sê mos duidelik in 1 Johannes 3:18 – “My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid”.

Op ’n dag kry hy ’n briefie van ‘n seuntjie wat vra of hy tog nie asseblief ‘n mooi, rooi vragmotortjie kan kry nie. Die briefie is met ‘n bewerige hand op geel, verkreukelde papier geskryf. Hy koop ‘n groot, helderrooi vragmotortjie en en draai dit toe in vrolike geskenkpapier en bind ’n groot rooi lint daarom. Hy kyk na die adres wat aangegee is en sien toe dat die woonbuurt waar die seuntjie bly, nie baie vêr van sy werk af is nie. Die verslaggewer besluit toe om die geskenkie self te gaan aflewer.

Die adres lei hom na 'n eenvoudge, maar netjies versorgde huisie. Hy klop die seun se moeder maak die deur oop. Sy groet baie vriendelik. Die verslaggewer verduidelik wat die doel van sy besoek is en dat hy graag die geskenk persoonlik aan die seun wil gee. Die tannie neem hom na ‘n slaapkamer agter in die huis. Voordat hulle die vertrek binnegaan sê die tannie vir hom dat die seuntjie ‘n kankerlyer is en baie ernstig siek is. So siek, dat hy enige tyd kan sterwe.

Die tannie gaan staan toe voor die seuntjie se bed en roep saggies: “Marius!” Hy maak sy oë oop. “Die oom van die koerant is hier. Hy wil net gou aan jou ’n geskenk oorhandig”. Marius beur orent. Hy glimlag toe hy die oom sien, neem die geskenk en maak dit baie versigtig oop. Sy oë rek! Dit is die mooiste rooi vragmotor wat hy nog ooit gesien het! Sy gesig straal van blydskap. Sy beker loop oor van geluk!

“Baie, baie dankie oom! Nou het ek ’n geskenk vir my boetie. Hy wou nog altyd so graag ‘n rooi vragmotortjie hê! Dit sal my laaste Kersgeskenk aan hom wees.” Trane rol vrylik oor die wange van sy mammie en die oom. Marius praat weer saggies: “O Mammie, Jesus is so goed vir my. Om te dink Hy het in die oom se hart gewerk om my laaste wens te vervul; ’n geskenk aan my boetie. As ek eendag nie meer daar is nie, sal hy my onthou, elke keer as hy met sy rooi vragmotortjie speel.”

Marius se mammie was ‘n weduwee. Hulle pappie is reeds agt jaar oorlede. Hulle was maar arm, maar hulle was ryk in die Here. Hulle het almal aan Jesus Christus behoort en Hom baie liefgehad, soos Marius deur sy liefdesdaad op sy sterfbed, gewys het.

Marius drie dae na Kersfees oorlede, maar leef steeds in sy geliefdes se harte.

Maats, “Laat julle lig ook so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (Matt.5:16)

Liefde
Ouma Gerty



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar