Jeugverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Eendag lank lank lank gelede…
Was daar n groot woud.
En in die woud was daar ‘n mooi klein huisie.
In die huis was daar ‘n pa, ma en ‘n meisie.
Hul was baie gelukkig hul het nie veel gehad nie maar daar was altyd ‘n oorvloed vreugde en liefde in die huis.
Aan die ander kant van die woud was daar ‘n ryk familie met ‘n groot huis en klomp mense wat vir hul werk maar daar was nie liefde nie, net geld.
Die seun het gesmag na vriendskap maar sy pa was ‘n harde man en hy het hom nie toegelaat om vriende te maak nie want hy het gese dan sal hy net tot die versoeking kom van die wereld.
Toe op ‘n dag het die seun saam met sy ma mark toe gegaan, en die meisie en haar gesin was ook daardie dag mark toe.
Die seun kon alles vat wat hy wou hê maar die meisie en haar ouers so vol liefde en vreugde het maar min goed gevat want die geld was maar min vir die maand.
Skielik sien hy die meisie.
En dit het gevoel alles gaan stan stil…
Sy glimlag breed. Haar lang blonde hare sweef deur die wind.
En hy besef alles wat hy het is waardeloos want hy het nie vriendskap nie.
En soos hy staan en kyk klim hul op hul perde en ry die woud in.
Bedroef gaan hy ook maar huis toe. En al wat hy voor hom sien is sy.
Vrae soos “Wie is sy?” “Waar bly sy?” en “Hoeköm is sy so vol vreugde?” Hardloop die heletyd deur sy gedagtes.
As hy sy oë toe maak dan droom hy oor haar…
Toe begin wonder hy “ek het nog nooit eens met n meisie gepraat nie”
Hy begin oefen solank…
Hy staan voor die spiel en oefen dan hom om hello te se., om haar naam te vra en so aan.
Toe uiteindelik is dit weer mark dag. Hy trek mooi aan, kam sy hare en borsel sy tande.
En daar gaan hy weer dorp toe met die hoop om haar te sien.
Hy loop heeltyd rond maar die keer wil hy niks koop nie. Want hy weet wat hy soek is meer werd as geld.
Toe sien hy haar. Weer voel dit of alles stil staan.
En sy hart begin klop al hoe vinniger soos hy tree vir tree na haar stap…
Toe draai sy om en hy kyk reguit in haar oë in. En alles rondom hom verloor waarde want in haar oë raak hy verlore.
Hy steek sy hand uit en begin sê “hello ek is Willem” en sy antwoord met ‘n glimlag maar skaam ”hello ek is Tanja” En in daardie oomblik ruk sy pa hom weg en vat hom huis toe.
En nou sit hy weer by die huis. Alles by die huis voel net waardeloos. En al waaraan hy dink is sy. En hy hoop sy voel maar diselfde…
Daardie oomblik wat hy in haar mooi oë verlore geraak het speel net oor en oor in sy drome.
Toe op ‘n dag besluit hy, hy gaan haar gaan soek…
Maak nie saak hoe lank dit gaan vat nie, maak nie saak hoe moeilk nie , hy gaan haar kry
want hy weet in haar oë wil hy homself weer vind.
En hy wag tot sy ouers slaap en hy gaan stil stil by die huis uit.
Bang loop hy dorp toe maar in sy hart is hy doelgerig.
Hy gaan wag in die dorp tot die oggend aanbreek- hy het nog nooit so lang aand beleef nie-en toe begin vra hy na haar.
Sommige het gedink hy wil bedel dan jaag hul hom weg.
Ander het höm gespot.
Maar hy het aangehou want in sy hart was hy doelgerig.
Toe vra een ou oom hom waarna hy soek en die seun vertel die oom die hele storie
En die oom begin amper huil want dit herriner die oom aan sy jeug en toe hy nog jonk was.
Maar die oom weet toe van wie hy praat en verduidelik hom in watter rigting te gaan.
En so begin hy sy pad en hy loop en loop en loop…
Langs die pad plik hy blomme sodat hy ten minste iets kan gee.
En toe skielik hoor hy ‘n gelag.
Hy loop stadiger…
En hy sien deur die bosse en bome net ‘n meisie met blonde hare.
En sy hart begin klop weer.
En hy loop nog verder en toe sien hy net hoe sy tyd geniet en dans tussen die skoenlappers.
En toe sien sy hom.
...
En hy voel hoe alles in hom begin smelt.
Hul loop stadig na mekaar toe
Toe vang hul oë mekaar.
Hy sê toe vir haar.
Ek het alles wat ek wil hê maar jy het vreugde.
Ek het besittings jy het liefde.
Ek het geld maar jy het skoonheid.
Ek het mense wat goed doen wanneer ek so sê mar jy het vriendskap.
Toe se sy…
Ek mag dalk vreugde hê, liefde hê, skoonheid he, maar iemand met wie ek kan praat, wat na my hart sal luister is ek nog opsoek na...
Toe se hy...
Ek wil na jou luister. Meer as dit, ek wil vir jou omgee.
Haar magie maak snaakse geluide en dit voel of daar miljoene skoenlappers daar binne rondvlieg... Sy glimlag vir hom en met een kyk is sy oë, kon sy sien hy verstaan alles wat sy wil sê. Nog voordat dit nog nodig was om te sê.
Hy stap nader en sê ek wil daar wees om jou vas te hou as jy bang is. Om jou te dra as jy moeg is. Te luister as jy wil praat. Te help as jy hulp nodig het. Ek wil daar wees om jou lief te hê…
Toe vat sy sy hand en sit dit op haar bors neer....toe vra sy vir hom. . .weet jy wat is dit ?
Toe sê sy, dis my hartjie. . .en dis jou skuld, en joune alleen dat hy nou so vinnig klop. . .
Toe sê hy. Solank daardie hart klop sal my liefde vir jou brand. Toe op daardie oomblik soen hy haar en hy gee haar die blomme wat hy gepluk het en sê dit is net die begin.
En hul het elke dag net meer en meer verlief geraak…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seun en meisie
Lekker gelees en wat 'n gelukkige einde dat hulle mekaar nou kan aanvul. Knap gedaan.
5 jaar 11 maande 3 dae 20 ure oud


--
Ek ♥ stories wat 'n "happily ever after" einde het & jy't dit laat gebeur. [Mooi geskryf!]
5 jaar 11 maande 4 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

    deur Johann P. Boshoff

    "We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar