Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Eendag lank, lank gelede was daar die pragtigste feetjie met die mooiste sjokolade bruin haartjies. Sy het ook die pragtigste vlerkies gehad waarmee sy hoog in die lug kon vlieg om die prag van die plante en boompies en blommetjies kon aanskou. Dit kon haar dra waar ook al sy wou gaan in die mooi feetjieland. Al die feetjies was baie klein en broos. Hulle het diep in die woud gewoon in die koningkryk van feetjieland naby die mooiste waterval. Die feetjies het 'n koning en selfs 'n prins gehad waar hulle almal saam in vrede, liefde en harmonie gewoon het. Liefde was vir hulle die heel belangrikste van alles. Die koning was baie lief vir sy feetjies, met sy hele hart. Hy het met sy wese vir elke liewe een omgegee; en sy seun die prins het hierdie liefde en kompassie gedeel. Die klein feetjie dogtertjie met die mooi bruin hare se naam was Mymy. Dit het Mymy soveel vreugde gebring om heeldag saam haar feetjie maatjies te speel. Hulle het altyd tot laat in die aand speletjies gespeel; en was sommer vroeg elke oggend uit die bed om die dag saam met hul te baljaar.
"Dit is jou beurt om aan te wees Mymy. Tel tot twintig dan kom soek jy ons." Roep Dodi opgewonde een oggend toe al die maatjies bymekaar kom om te speel. Wegkruipertjie was Mymy se gunstelling speletjie.
"Een...twee...drie..." Klink haar klokhelder stemmetjie terwyl sy haar groot bruin ogies styf toe knyp. Die ander feetjie maatjies het blitsig gekrioel om wegkruip plek te soek.
"...agtien...negentien... en TWINTIG!!!" Haar ogies het oop geflits en haar vlerkies het soos 'n bytjie sin gesing van vreugde. Vinnig het haar ogies rond gesoek. Orals het die pragtigste blomme gedans en kleurvolle paddastoele het hier en daar rond gestaan. Sonder twyfel het sy in 'n rigting in geskiet, want sy't geweet van 'n paar plekke waarvan haar maatjies gehou het om weg te kruip. Net soos sy vermoed het vind sy Bino in die ou hol boomstomp, almal se gunsteling wegkruip plek.
"Het jou Bino!" Giggel Mymy al te trots. Bino giggel al te fraai saam.
"Het julle!" Skaterlag Mymy toe sy op Dodi, Triksie en Tinkie afkom waar hulle almal saam agter die groot wollerige bos naby die sprankelende waterval wegkruip. Mymy het Tinkie se vlerkies van ver af sien uitsteek tussen die wollerigheid. Almal skaterlag van vreugde en opwinding. Nog net Noenoe en Gamie dan het sy almal. Na 'n lang gesoek vind Mymy vir Noenoe in die feetjie koningkryk se groot kloktoring. Nog net een, dink sy opgewonde by haarself. Mymy het ver gevlieg waar sy in die aarbei landerye gesoek het, by die vissie dam, by die hasie plaas, maar nêrens kon sy vir Gamie vind nie.
"Waar kan Gamie tog wees?" Wonder sy hardop. En net toe Mymy wou opgee hoor sy hoe iemand sag giggel agter een van die heuning potte.
"Het jou Gamie!" Lag hulle tesame. So het die feetjie maatjies weer die heeldag gespeel. Die tyd het aangestap en die son het moeg geraak en wou gaan slaap. Hy het stadig gesak om die feetjie koningkryk met 'n donker kombersie te bedek. Daar was een ding wat die koning van feetjieland die feetjies teen gewaarsku het. Want hy het al die feetjies verskriklik lief gehad en wou nie hê enige iets moes met hul gebeur nie. Sy verlange aan aal die feetjies was dat hulle nie na donker buite die koningkryk se groot mure moes gaan nie. Want in die donker woud het daar 'n groot feetjie spinnekop gewoon wat sy spinnerakke oral gespan het met die hoop dat hy 'n feetjie sal vang. Die aand laat het Mymy 'n baie verkeerde besluit gemaak. Sy het besluit dat sy net oor die muur van die koningkryk gaan vlieg, net aan die begin van die woud. Sy het gevoel dat dit die perfekte wegkruip plek sou wees. Dat haar maatjies haar nie daar sal ontdek nie. Trieksie het begin tel.
"Een...twee...drie..." Mymy het so vinnig as wat haar vlerkies haar kon dra na die muur gevlieg...op...op...op en oor. Dadelik was alles pik giet donker. Sy het nie gedink dat dit so donker sou wees nie.
"Humff, ek's tog nie bang nie!" Het sy gesê, maar diep in haar hartjie het sy geweet sy jok vir haarself. Sy wou net sterk probeer lyk. Sy het 'n entjie verder gevlieg en kon duidelik voel hoe als yskoud word om haar. Sy het gevoel hoe sy al hoe meer banger en banger word. Vinnig draai sy om. Sy het besef dat om te wen nie alles beteken nie en dat sy 'n groot fout gemaak het om nie na die koning se waarskuwing te luister nie. Maar net toe sy om draai toe vlieg sy in iets taais vas; en daar sit sy. Sy't met al haar mag gespartel, maar hoe meer sy gespartel het, hoe meer het sy verstrengel geraak.
"HELP MY!!!" Skreeu sy so hard as wat haar piep klein stemmetjie kon. Sy't besef dat sy teen een van die feetjie spinnekop se spinnerakke vas gevlieg het.
"Help my, help. Iemand, help my asseblief!!!" Het sy vreesbevange geskreeu. Sy het geweet dat die feetjie spinnekop enige oomblik op haar kon afkom. Sy het bitterlik begin huil.
"Kan jy nou meer. Wat het ons hier?" 'n Diep stem het uit die donkerte gekom, gevolg deur 'n wrede lag. Haar ogies het deur die donkerte gesoek om te probeer sien wie dit is wat gepraat het.
"Aaaaah!!!! Nee, iemand, iemand help my!!!" Daar in die donkerte kan sy 'n skaduwee sien wat duidelik wys dat dit die feetjie spinnekop is wat nader kom. Agt rooi ogies het vanuit die donkerte na haar gestaar.
"Wat soek jy? Los my uit asseblief. Wat wil jy met my doen?" Het Mymy geskree van angs. Die feetjie spinnekop het hard gelag.
"Het niemand jou vertel wat ek met feetjies maak wanneer ek hulle vang nie? Sien kleine feetjie, 'n baie lang tyd terug was ek ook 'n feetjie soos jy. Met die mooiste vlerke. Ek was so vry. Ek wou koning wees. Ek sou die koningkryk baie beter kon beheer as jou koning. Ek het hard baklei om koning te word, maar ongelukkig was die koning sterker as ek. Hy het my uit die koningkryk verban. Maar dit was nie die ergste nie. Die koning het my vlerke gevat. Weet jy hoe voel dit om 'n feetjie sonder vlerke te wees? Dit is aaklig! Al die woede wat ek gehad het het my in die sterk spinnekop verander wat ek nou is. Ek vang feetjies en vat hulle vlerke! As ek nie mag vlerke hê nie, dan mag niemand vlerke hê nie!" Die feetjie spinnekop het hard gelag. Mymy was verskriklik bang en sy't hartseer gehuil.
"Ek gaan jou vlerke vat, dan gaan jy nooit weer vry rond kan vlieg waar jy wil nie!" Lag die feetjie spinnekop.
"Help my! Asseblief!!!" Huil Mymy hartstogtelik.
"Jy mors jou tyd. Niemand gaan jou hoor nie klein feetjie." Stadig tree die feetjie spinnekop nader, gereed om Mymy se vlerkies af te ruk.
"STOP!!!" Skeur 'n sterk stem deur die lug. Mymy en die feetjie spinnekop skrik groot op die onverwagte stem. Wie kan dit wees? Wonder Mymy ewig dankbaar.
"Feetjie prins! Wat 'n wonderlik verrassing." 'n aaklige glimlag vorm regoor die feetjie spinnekop se gesig.
"Laat haar gaan. Vat my in haar plek." Die feetjie prins se stem het soveel kompassie.
"Hahaha, wat 'n briljante ruil! Ek hou van die manier hoe jy dink feetjie prins. Wat 'n fantastiese manier om die koning terug te kry deur sy seun se vlerke te vat!" Die feetjie spinnekop lag wreed en trots.
"Laat haar eers gaan." Beveel die feetjie prins. Met een maklike trek pluk die feetjie spinnekop vir Mymy van sy web af. Dadelik gryp Mymy die feetjie prins vas in haar armpie.
"Mymy, asseblief. Gaan dadelik na die feetjie kasteel en gaan vertel vir my pa dat ek hom lief het. En Mymy...weet dat ek jou met my hele hart lief het; en so ook al die feetjies." Mymy het nog meer hartgebroke as tevore gehuil terwyl sy so gou as wat sy kon na die feetjie koning gevlieg het.
"A-a-a-h-h-h!!!" Weergalm die feetjie se pynvolle skreeu ver agter haar. Mymy het by die kasteel aangekom en die koning van alles vertel waar sy op die koning se skoot gesit en huil het. Die koning het saam gehuil, maar tog was daar hoop in sy oë. Wat die feetjie spinnekop nie geweet het nie is dat die koning die krag gehad het om 'n feetjie weer sy vlerke terug te gee... En dit is presies wat gebeur het. Die feetjie prins het met baie smart en pyn wat sy liggaam oorweldig het by die kasteel aangestap gekom. Die koning het sy seun se vlerke met liefde vervang met die wete van watse groot offer die feetjie prins gemaak het deur sy liefde. Hy het geweet dat die feetjie prins die feetjies so lief het dat hy sy vlerke vir een en elk sou op offer sodat hulle veilig kan wees in die feetjie koningkryk."



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar