Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is al ‘n rukkie hier in trolleland. Ek geniet dit vreeslik baie, maar, weet julle wat? Ek het lank laas geslaap! So lief soos wat ek is vir al die trolle, so geirriteerd is ek al met hulle alewige gesnorkery. Ek is moedloos. Ek is raadop. Ek weet nie wat om te doen nie! Het julle raad?

Pa Kerneels en Oom Stefan snork die hardste. Julle dink party keer dis die donderweer wat iewers slaan – julle is verkeerd – dis hierdie twee! Dis net ‘n ggggggnnnnrrrrkkkkk gggnrrrk die hele aand deur

Tannie Tilla en Ma Tollie snork die vreemdste, wel, ek het nog nooit iemand so hoor snork soos hulle nie. Hulle snork so: Gnk-grk-grrrrrrk-grrrrrk-gnk-ie-oemf-gnk-aaaa-grrrrk-ffffffff...
Gelukkig snork die welpies nie! Ek weet nie of ek dan ooit ‘n oog sou kon toe maak nie.

Ag, weet julle party aande is dit nie so erg nie. Dit hang eintlik af waar ons slaap, en waar ek slaap om presies te wees. Ma Tollie is altyd besig om nuwe kombersies te brei vir ons. Sy het vir my die mooiste blokkies-kombers gebrei. In elk geval, wanneer ek by die welpies moet slaap, dan slaap ek rustig en lekker. Wanneer ek naby aan die ou garde moet slaap, wel, dan kan ek nie! Dis gewoonlik wanneer ek al die gebeurtenisse van die dag in my dagboek skryf, en vir julle briewe skryf. Soos nou. Dit het sy voordele, maar baie nadele ook, ongelukkig.

Ek weet nie hoe om die snorkery te stop nie. Ek is nie so slim nie. Ek het wel uitgevind hoekom snork die trolle so hard, en dit is: Hulle neuse is baie groter as ons s’n. Dis ook baie ronder, self ronder as ‘n vark s’n. Hier is die eintlike geheim: Hulle het (glo dit of nie) drie, ja drie neusgate.

As jy vinnig na hulle kyk, sal jy dit nie agterkom nie, want dit lyk soos twee. Die derde neusgat is eintlik bo-op die neus – so jy moet eintlik van bo af na ‘n trol kyk, dan sal jy dit kan sien.

Dis al laat in die aand, en gewoonlik hierdie tyd, wanneer trolle diep in droomland is, raak die snorkery erger. Ek het al my ore probeer toe hou met my hande. Ek het al watte in my ore gesit. Ek het al verbeel ek hoor niks nie. Ek het al alles probeer. Niks, maar niks werk nie....
Kan enige iemand my help?

Ek hoop om vinnig van julle te hoor!
Moedelose trol-groete,
Gawie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar