Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag is ‘n baie hartseer dag. Ek weet nie om die volgende vir julle te sê nie, so ek gaan dit maar net sê...

Ek moet aanbeweeg. Ek moet huis toe, my ouma is siek. Ek wou graag langer bly hier saam met my trolvriende, maar ongelukkig is daar ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan. Ek is jammer...

Ek het wel baie geleer! Ek hoop ter harte dat julle ook baie oor trolle geleer het!

Wel die dag was maar droewig. Ek het laas laat nag uitgevind oor my ouma, so dit was vir my trolfamilie net so groot skok gewees. Ai, Kieterjoel, Polkie, Rollie en die ander – waarvoor ek nie eers kans gehad het om oor te skryf nie – julle sal altyd ‘n sagte plekkie in my hart he. Ek is lief vir julle.

Ma Tollie, Pa Kerneels, tannie Tilla en oom Stefan, dankie vir julle gasvryheid en dat julle my in julle harte in laat kom het!
Ek huil nou sommer....

Ek is so omgerkap, ek weet nie eers wat om te skryf nie.

Hopelik eendag loop ek weer die trolle raak, of miskien ‘n ander magiese kreatuur; dan kan ek julle weer leer hoe hulle is en kan wees.

Hartseer trol-groete,
Gawie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar