Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eens op n tyd was daar n vet en vrolikke varkie wat graag heeldag in die modder gerol het.

Van vroeg tot laat sou hy in die modder-bad lê en rond rol met groot vreugde. Net nou en dan sou hy gaan peusel aan die groente in die groente lande naby. Of miskien n bietjie proe aan die vrugte in die vrugteboord. Dan is hy dadelik weer terug in die modder bad om himself verder te geniet.

In die middle van die vrugteboord was daar n pragtige goue-appel boom; of as te ware, n boom wat sappige goue appels gedra het. Maar die varkie het nooit daaraan geproe nie, want toe hy klein was het sy ma vir hom gesê dat goue appels n te swaar maaltyd vir klein varkies is.

So het hy sy tyd verwyl deur groente te vreet en in die modderpoel te karjakker. En die lewe was goed.

Tog vind die varkie op n dag dat die groente in die groente tuin begin min word, en hy word baie honger. Hy loer toe in die rigting van die goue-appel boom, en ja, dit het goed gedra aan sappige goue appels. Hy dink toe n oomblik aan sy ma se advies, maar versoeking het nietemin die beste van hom gekry, en hy het nader gestap aan die boom.

Hy proe toe aan n paar appels aan die laer take van die boom, en hulle was ongelooflik sappig en smaaklik. Toe eet hy maar nog n paar en smul lekker. Hy besef toe sy ma was reg, die appels maak mens knuppel dik in die maag. Sy pens het al dik gestaan van die ge-vretery.

Hy het terug gestap na die modderpoel om n bietjie te onspan en te rus na sy groot maaltyd. Hy gaan toe diep in die modder en rol n paar keer lui-lekker rond. Toe besluit hy dis tyd om uiteklim en beweeg terug na die wal. Maar as gevolg van die swaar maaltyd in sy pens, kon hy himself nie roer nie, hy was vasgevang in die modder. Hoe harder hy proebeer uitklouter het, hoe dieper het hy weggesink.

En op die ou end het sy eie vet pens hom onder getrek in die modder, en hom versuip…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar