Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eendag lank lank gelede...Nee wat dis te cliché en buitendien het hierdie verhaal nie so lank gelede afgespeel nie. Soos in elke sprokie moet daar tog ‘n hoofkarakter wees, maar in hierdie geval was dit nie ‘n prinses wie se prins tot haar redding gekom het nie, maar ‘n 11-jarige meisiekind met die naam Lianka. ‘n Blonde, blou-oog dogtertjie met fyn gelaatstrekke en ‘n groot verbeelding. Dit het alles begin toe sy die dag deur die parkie loop. Sy het op ‘n bankie gesit en teken toe sy skielik die blou flikkering gewaar en besluit om te gaan ondersoek instel. Dit was ‘n trietsige dag en die mis het ‘n gordyn oor alles getrek. Die lig het vir ‘n oomblik verdwyn en sy het begin dink sy het haar net verbeel. Toe sien sy dit weer, agter die dik stam van ‘n boom. Die lig het die keer langer gebly en sy het nuuskierig nader gestap. Dit was asof die mis net dikker geraak het en as dit nie vir die blou lig was nie, sou sy niks kon sien nie. Sy gewaar die buitelyne van ‘n deur en knip-knip haar oë. Dit kan tog nie wees nie, waarom sou daar ‘n deur agter die boom wees. Toe sy haar oë oopmaak is die deur nogsteeds daar. Die deur is klein met ‘n swaar, koperhandvatsel. Sy gaan nader en kniel op die grond. Sy klop liggies aan die deur en verwag so half dat die deur skielik net gaan verdwyn. Sy het ‘n hele rukkie daar gewag en toe die deur uiteindelik oopgaan staar sy verstom na die kreatuur voor haar. Dis nie ‘n mens nie, maar ‘n mannetjie kleiner as haar hand met ‘n groen mussie en gepunte skoene. Hy het agterdogtig na haar gekyk en gevra: “Wie is jy en hoe het jy hierdie deur gekry?” Sy het gerusstellend geglimlag en geantwoord: “My naam is Lianka en ek het ‘n blou lig gesien, toe ek nader kom om te kyk wat die lig gemaak het...” Hy hou sy hand in die lug en vra nogsteeds agterdogtig: “Watter blou lig?” Lianka frons en sê toe: “Ek weet nie eintlik nie, dit was ‘n blou skynsel wat ek hier gesien het wat verdwyn het en skielik weer die blou lig gemaak het.” “Dis onmoontlik!” het hy uitgeroep en haar verskrik op en af gekyk. “Ek verstaan dan nie, wat gaan aan?” “Dit sal ek self wil weet, maar een ding is seker ons kan nie langer in die middel van nêrens staan nie, kom binne.” Sy het gebukkend deur die deur gekruip en haar mond het oopgeval toe sy sien waar sy haarself bevind. Die paadjies was gemaak van koekies, die wolke van spookasem en tussen deur die liqourice bome het ‘n sjokolade rivier gevloei. “Waar is ek?” het sy verwonderd gevra en verstom om haar gekyk. “Jy is in Lekkerland.” “Dis die lekkerste droom wat ek nog gehad het!” “Dis nie ‘n droom nie prinses.” “Prinses?” “Net die dogter van koning Leo en koningin Leandra kan die blou lig sien.” “Wie is jy en waarvan praat jy?” “Ek is Elfie, een van koning Leo se knegte, maar hy en koningin Leandra is gevange geneem deur die Trolle. Die blou lig is ‘n noodsein wat ek uitgestuur het en net iemand met koninklike bloed kan die lig raaksien.” “Ek verstaan nogsteeds nie, Elfie.” “Die trolle wil Lekkerland oorneem en in hulle koninkryk verander, dan sal hulle al die feëtjies en kabouterjies en elfies dwing om vir hulle en die hekse te werk.” “Bestaan daar dan werklik feëtjies?” “Natuurlik! Daar was selfs ‘n tyd wat ons tussen mense gewoon het, maar toe hou hulle op glo en is ons gedwing om ‘n ander plek te kry waar ons in vrede kan woon.” “Maar wat het ek tog met dit alles uit te waai.” “So nege jaar gelede was ons ook besig om ‘n oorlog teen die Trolle te voer. Dit was in die tyd toe ons besig was om na Lekkerland toe te trek. ‘n Nare heks het jou ontvoer en wou jou aan die Trolle offer, maar koning Leo het jou betyds gevind en op twee mense se stoep gelos. Dit was die enigste manier om jou teen die Trolle te beskerm en hy soek nou al jare lank na jou.” “Maar hoe weet jy dit is ek?” “Daar is ‘n towerspreuk oor die blou lig uitgespreek en slegs iemand wat direk met koning Leo-hulle verbind is sal die lig kan sien.” Lianka merk skielik donker wolke ver weg van hulle en vra: “Elfie, watter wolke is dit daardie daar aan die onderkant?” “Dit is die Trolle wat besig is om nader te kom, Lianka jy is ons laaste hoop.” “Maar Elfie wat kan ek dan doen?” “Koningin Leandra is ‘n feëkoningin en as jy haar dogter is beteken dit jy is ‘n feëprinses en ‘n feëprinses het meer mag as al die feëtjies saam.” “Beteken dit ek kan vlieg?” “Dit beteken jy kan meer doen as net vlieg. Jy kan die Trolle keer!” “Wat van my mamma en pappa? Hulle sal bekommerd raak as ek te lank weg bly.” “Die tyd werk anders hier. ‘n Week hier is maar ‘n paar ure daar.” “As ek werklik di verlore prinses is, wat gebeur dan?” “Ek weet werklik nie prinses, maar vir nou moet ons aan ‘n plan dink om koning Leo-hulle te red. Die Trolle kom al hoe nader.” “Ek weet darem nie Elfie, is dit nie net ‘n droom nie? Ek is 11 jaar oud en nie eintlik veronderstel om meer in feëtjies te glo nie.” Elfie glimlag en beduie na ‘n goue skoenlapper. “Hoekom vra jy nie vir Dreamelina of dit net ‘n droom is nie.” “Dreamelina?” “Sy is die feëtjie van drome en een van die min wat nog nie gevange geneem is nie.” Op daardie oomblik kom sit die skoenlapper op Lianka se arm en verander in ‘n feëtjie met die fynste goue vlerke, goue oë en ‘n goue rok en toe sy praat klink haar stem soos klokkies wat klingel. “So dis die prinses?” “Wel sy het die blou lig gesien.” Dreamelina kyk haar op en af en vra dan: “Hoekom is sy so groot?” “Koningin Leandra het ‘n towerspreuk oor haar uitgespreek, sodat sy by gewone mense kan inpas.” “Is jy ook die feëtjie van nagmerries?” ‘n Hartseer trek vorm om Dreamelina se mond en sy antwoord: “Nee, my tweelingboetie, Dreamo, werk vir die Trolle en is in beheer daarvan.” “Hoekom?” “Die Trolle het hom betaling belowing as hy vir hulle kom werk en goeie feëtjies kry nie betaling nie.” Lianka weet nie wat om te sê nie en vra dan: “Wat nou?” Elfie dink ‘n oomblik na en vra dan vir Dreamelina: “Sal jy haar weer in ‘n feëtjie kan verander?” “Nee, maar Melina sal kan help.” Lianka vra eerder nie vra en loop agter Elfie en Dreamelina aan. Hulle kom by ‘n klein langs die sjokolade rivier en Elfie beduie vir haar sy moet buite wag. Sy staan vir ‘n hele rukkie uit en na ‘n rukkie kom nog ‘n feëtjie uit. Sy is nie so mooi soos Dreamelina nie, maar het die mooiste blou oë. Sy kniel voor Lianka en sê met ‘n fluweelstem: “Ons het so lank vir jou gewag prinses.” Lianka glimlag en sê: “Ek kan dit nou nog nie glo nie.” Melina strooi ‘n blou poeier oor haar uit en blaas dan in haar oë. Sy maak haar oë toe en toe sy hulle weer oopmaak lyk alles nogsteeds dieselfde. “Ek voel dan nie anders nie.” Melina hou ‘n spieël voor Lianka. Sy kyk verstom na haar spieëlbeeld, sy kan nie glo dit is nogsteeds sy nie. Haar oë is blouer as wat dit was en sy is tien keer kleiner. Op haar kop is daar ‘n silwer kroon en sy het die fynste goue vlerkies deurweef met pienk. Sy het ‘n pienk rokkie aan met ‘n goue strik. “Wat doen ons nou?” vra sy terwyl sy haarself nogsteeds bewonder. “Melina sal jou leer vlieg, terwyl ek en Dreamelina gaan kyk wat ek kan uitvind.” Elfie verdwyn saam met Dreamelina die lug op en Melina beduie vir Lianka wat sy moet doen. Haar eerste vliegles verloop goed, behalwe dat sy in die modder beland. “Waar bly Elfie hulle?” vra sy na wat voel soos ‘n ewigheid. “Hulle sal nou hier wees” stel Melina haar gerus. Haar woorde is skaars koud of Elfie en Dreamelina kom daar aan. Dreamelina se een vlerkie is geskeur en Elfie se hemp is in flarde. “Wat het gebeur?” “Die Trolle het ons amper gevang. Ons sal moet gou speel.” Melina sit haar hand op Dreamelina se geskeurde vlerkie en in ‘n pienk lig herstel die vlerkie weer. “Sê nou die Trolle vang ons almal?” vra Lianka bekommerd. Elfie sit sy hand op haar skouer en antwoord: “Hulle sal ons beslis verwag, maar hulle weet ons voer iets in die mou en ons sal moet gou speel. Sodra hulle koning Leo-hulle doodmaak is dit verby.” “Ek het ‘n poeier wat die Trolle aan die slaap sal maak” sê Melina en verdwyn die huisie binne. Sy kom terug met ‘n bakkie met iets silwer binne wat soos glitter lyk. “Perfek. Ons gaan dit oor die wagte strooi en dan kan jy en Melina die koning en koningin soek. Koningin Leandra sal weet wat om dan te doen.” Elfie sit sy hand op Lianka se skouer en vra: “Is jy in?” Lianka knik en antwoord: “Onthou net, sodra als verby is moet ek teruggaan na my wêreld toe, ek sal nie hier kan bly nie.” “Ek weet, maar ek wens jy kon.” “Moenie hartseer wees nie Elfie, ek sal kom kuier.” Elfie knik en hulle kry koers na die Trolle se kasteel toe. Hoe nader hulle aan die Trolle kom hoe donkerder word die wolke en Lianka voel ‘n bangheid in haar. Hulle is nou enkele sentimeters van die wagte af en Elfie en Dreamelina sluip nader met die slaappoeier. Lianka vlieg agter Melina aan. Een van die vensters is op ‘n skrefie oop en hulle verdwyn binne in. Melina vlieg tot op een van die dakbalke en Lianka doen dieselfde. Die kasteel is donker en groot. Hulle sien ‘n swaar ysterhek met ‘n sterk slot en beweeg saggies nader. Daar is ook wagte en Lianka fluister: “Wat nou?” Melina haal ‘n botteltjie so groot soos haar pinkie uit ‘n sak in haar rok met dieselfde silwer poeier as wat Elfie hulle het. Melina loop tot reg bokant die wagte en strooi die sliwer poeier oor hulle. Hulle val bo-op mekaar en Melina vlieg af onder toe. Lianka doen dieselfde. Die tralies is net wyd genoeg gespasieer sodat hulle kan deurkom. Hulle bly in die skaduwee’s en loop met die lang gang af. Daar is ‘n klomp houtdeure en Melina moet deur elke gaatjie loer. Daar is net een houtdeur op die punt oor en hulle gaan versigtig nader. “Opsoek na iets?” Die stem het skielik agter hulle gebulder en hulle het benoud omgedraai. Dit was een van die Trolle. Melina vat Lianka se hand en hulle begin hardloop, maar die Trol is te vinnig vir hulle. Hy gryp hulle altwee tussen sy vingers en stap met hulle in sy hand. Lianka maak haar oë toe. Hy vat hulle na die hooftrol toe. Hy grynslag toe hy hulle sien en sê vermakerig: “Ek het geweet julle sal julle koning en koningin kom opsoek.” Hy vat hulle en gooi hulle in ‘n klein hokkie. “Julle sal defnitief kan gebruik word vir arbeid.” Met die woorde verdwyn hy by die deur uit en los Melina en Lianka alleen. “Wat nou?” vra Lianka bang. Melina glimlag gerusstellend en antwoord: “Moenie bekommer nie, jy is ‘n feëprinses, jy kan ons maklik hier uitkry.” “Hoe?” vra Lianka hoopvol. “Waar is jou towerstaffie?” Lianka soek in al haar sakke, maar kry hom nie. “Ek dink ek het hom verloor.” “Agge nee!” Melina gaan sit op die vloer van die hokkie. “Hoekom lyk julle so moedeloos?” Lianka kyk op en roep verbaas uit: “Elfie, hoe het jy ons gekry?” “Ek het hulp gehad” antwoord hy en glimlag. Op daardie oomblik verskyn die mooiste feëtjie wat Lianka nog gesien het. Sy is effens groter as Melina en Dreamelina, met ‘n goue kroon op haar kop. Sy het die mooiste geel rokkie aan en die fynste vlerkies. Blonde, krulhare omraam haar gesig wat soos porselein lyk. Langs haar staan ‘n man, hy het ook ‘n goue kroon op sy kop. Sy oë is goudbruin en sy hare dieselfde kleur. “Is dit koningin Leandra en koning Leo?” vra Lianka verwonderd. Melina knik en buig voor hulle. Lianka doen dieselfde en hulle kom nader. Koningin Leandra se oë blink en sy vee oor Lianka se wange. “Kan jy ons verlore prinses wees?” “Ek weet nie, vir my voel alles nog soos ‘n droom.” Koning Leo lag en omhels haar. “Dis nie ‘n droom nie, jy het teruggekeer.” Almal vat hande en koningin Leandra swaai haar towerstaffie. Hulle is skielik terug in Lekkerland en die eens dreigende, donker wolke het verdwyn. “Beteken dit die Trolle kan niks meer aan Lekkerland of julle doen nie.” “Wel, vir nou. Daar is ‘n onsigbare muur tussen ons en hulle. Hulle sal nie deur die muur kan breek, sonder die hulp van my nie.” “Hoekom is dit dan net vir nou.” “Prinses, hulle is skelm, hulle het al voorheen hulle weg deur so ‘n muur gevind.” Lianka sug en konigin Leandra sê: “Moenie bekommerd wees nie, ons is vir eers veilig. Hulle sal nie nou al probeer deur die muur breek nie.” “Dis nie dit nie...” “Wat is dit dan?” “Ek weet ek is veronderstel om die prinses te wees, maar my huis is nie hier nie.” “Is jy seker Lianka?” Lianka knik en voeg dan by: “Maar ek wil julle nie graag alleen agterlaat nie. Kan julle nie saam met my terugkom na my wêreld toe nie?” “Nee, Lekkerland is nou ons tuiste, osn kan dit nie alles net so agterlaat nie.” “Is daar niks wat ons kan doen nie?” “Is jy seker jy wil nie in Lekkerland kom woon nie?” “Natuurlik wil ek, maar wat van my lewe by my huis?” “Jy kan altyd in die aand of in vakansies hier kom kuier.” “Regtig?” “Natuurlik, maar onthou net Lianka, jy kan vir niemand van Lekkerland vertel nie, ook nie dat jy ‘n feëprinses is nie.” “Nie eers vir my ouers nie?” “Nie eers vir hulle nie.” “Hoekom kan julle nie weer saam met ons leef, soos voor julle Lekkerland toe getrek het nie?” “Omdat mense nie meer glo nie.” “Maar as ek hulle kan vertel...” “Nee, Lekkerland is nou ons huis.” Koningin Leandra verander haar weer in haar normale grootte en nadat sy almal gegroet het maak hulle weer die deur vir haar oop. Sy is skielik weer in die parkie en toe sy omdraai is die deur weg. Die son het intussen uitgekom, maar verder lyk dit nog net soos voor sy gegaan het. Dit kan ook nie veel later wees nie, maar hulle het mos gesê die tyd verskil. Sy stap traag terug huistoe. Sy wens sy kon vir iemand van Lekkerland vertel, maar sy weet sy mag nie. Die aand toe sy in die bed klim raak sy dadelik aan die slaap en sy droom van feëtjies en kaboutertjies. Die oggend toe sy wakker word besluit sy dat sy weer na Lekkerland sal terugkeer, maar eers wanneer hulle haar weer nodig het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar