Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Drakie wil graag nies

Drakie woon in ‘n groot park, in ‘n regop huisie met ‘n baie lang skoorsteen.Sy

doopnaam is Amos.

      Amos is vandag siek, hy het verkoue en sy neus loop steeds, dan jeuk sy neus

heel erg. Amos het sy maats belowe dat hy sal kom speel in die park.

      “Mamma ek gaan wandel en speel met, Wit Swaan, Grys Eekhoring,

en swart kombuis kat”

      “Dit is goed Amos, sorg dat jy tuis kom vir tee en Draak soetkoekies”

      Amos stap deur die park na die water waar Wit Swaan swem, sy Draak stert is

baie swaar dit sleep agter hom op die grond hy wens hy kan ook sy stert hoog optel.

      Mevrou Swaan is langs die kant van die meer. “Goeiedag Mev. Swaan , hoe gaan dit met u.? “Heel goed Amos, en met jou, ? jy lyk knieserig vir my?”
      “Dankie dat u vra, maar ek het verkoue en ek wil nies,” en Amos gryp na sy neus.
      “Asseblief nie Amos, hou die nies in, want as jou vlam aangaan skroei jy my vlerke en dan kan ek nie meer swem nie, maar ek swem nou weer verder totsiens Amos” roep sy as sy weg swem. Hy wens hy kan nies sy neus kriewel heel erg.
      Amos sien Meneer Eekhoring , hy het ‘n groot grondboontjie in sy mond en is van plan om in die boom te klim.
      “Goeiedag Meneer Eekhoring, neem u ete vir u familie?”
      “Amos ons begin ete stoor vir die winter, maar is jy siek, jy lyk so vaal vir my?”
      “Ag, Meneer Eekhoring ek het verkoue en my neus loop, en dit jeuk ek wil graag nies” en Amos voel na sy neus.
      “Nee, Nee, Amos moenie nies nie, jou vlam sal aangaan en dan brand die boom, en my familie is binne in ons huis, totsiens Amos ek gaan gou weg” roep Eekhoring, O...nou jeuk sy neus so erg, hy durf nie nies nie, hy trek sy asem diep in.
      Amos sien Swart kat sluip tussen die struike, hy is besig om te jag vir muise.
      “Goeiedag Swart Kat, is jy besig om muise te jag.?
      “Natuurlik Amos, jy sien dit tog, maar jy lyk oes vir my is jy dalk siek.?
      “Swart Kat ek het verkoue, my neus loop en dit jeuk, ek wil graag nies”
      “Amos doen dit asseblief nie, as jou vlam aangaan brand jy my pragtige pels, en ook die struike, gaan huis toe en nies onder die skoorsteen”
      Amos is hartseer, hy wens dat hy geen Draak is nie, almal vlug van hom weg, sy stert sleep agter hom en hy gaan na huis.
      “Is jy nou al terug Amos?”vra Mamma
      “Mamma ek wil nies, en al my vriende is bang dat my vlam aangaan en dan kry hulle seer”
      “Amos jy mag nies, jou neus is nat dan kan jou vlam nie aangaan nie”     
      “Dankie Mamma , Dankie, en Amos begin nies, ai tjoe, ai tjoe, ai tjoe, ai tjoe.

Kopiereg behou
     
     





     



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar