Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit voel of ek net op papier kan kots, en my woorde nooit sal op raak nie, want vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd is my hart nie stom nie. Hy skree. My hele lewe lank vat ek groot happe soos dit na my kant toe kom. Ek sluk maar net elke keer weer. Sonder om te praat, sonder om enige vorm van weerstand te wys sluk ek tog net weer. ‘n Dom kind.

Diep in my hart, dalk, soek ek tog wat jy na my kant toe smyt.Ek het in jou geglo. Ek het in jou geglo soos nog in niemand van tevore nie. Ek het jou lief gehad. Ek het jou lief gehad soos niemand van tevore nie. Hoe is dit moontlik dat die inpak van iemand wat jou teleustel sò groot kan wees?

Ek het nie gedink dat jy, wat met jou voete saggies deur my hart loop sò seer kon raak nie. Jy stap, rustig vir die eerste tydjie. Hoekom jy begin draf het weet ek nie, maar dit maak seer. Hanteerbaar, maar ongemaklik. Ek laat jou toe om jou pas te hou, want ek raak gewoont an die pyn.

Enigiets om jou in my hart te hou, want die Here alleen weet hoe ek vir so lank sonder jou reg gekom het. Jyt vir een of ander rede besluit om te begin hartloop. Weereens laat ek dit toe – weereens sluk ek maar net weer.

Miskien het ek jou juis verloor omdat ek jou miskien verafgod het.

Hulle sê ons moet glo, vertrou soos kinders, maar n hart wat te gou grootword kan mos nie meer soos ‘n kind s’n funksioneer nie. Ek kan nie meer nie. Ek gee net dit wat ek wil gee, maar jy vat als wat jy kan kry. Ek weet nie meer wat om te doen nie, maar ek dink ek het nou amper genoeg gehad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Z
Goeie konsep. Dit is ook goed geskryf maar soos ander reeds voorgestel het verwerk dit in 'n liefdesgedig.
Jy skryf met diepte. Woeker voort.
4 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


*
..Baie dankie vir al die kommentaar en raad!*
4 jaar 6 maande 6 dae 15 ure oud


:)
Dit is baie baie mooi... Dit spreek die waarheid, maar sagkens, sodat dit nie alles op dieselfde tyd jou hart raak nie. Pragtig!
4 jaar 6 maande 1 week 3 dae 13 ure oud


Vat tyd, herskryf hom in 'n liefdes gedig.....
Positiewe en konstruktiewe kritiek kan altyd goed doen...
Kyk na die spelling van gewone woorde...bv. hartloop ipv hardloop.
Maar ernstig, dit sal 'n baie mooi liefdes-gedig maak.
4 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 22 ure oud


:)
Dis is so van toepassing by my. Knap gesaan.
4 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 13 ure oud


Ek dink ook dis goed geskryf.
Ek hoop net hierdie meisie (?) het genoeg gehad en besluit wel om te harloop.
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


Ek het in jou geglo
Die storie begin beswaard en negatief maar eindig jubelend en positief.
Dit is waar die vrfou se super kreag inkom. Om die slegte e
te verwerk en daaruit krag te put om op te styg, uit die ellende.
Mooi geskryf Nooi.
4 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 11 ure oud



Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar