Jeugverhale

en Alta Pretorius Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is ‘n windstil middag op die van Tonders se plaas. Al wat mens hoor is die vêraf geroep van ‘n lammetjie na sy ma. Die gesin (vader, moeder, seun en dogter) is besig om hul middagete te geniet nadat hul teruggekom het van ‘n van die kerk.

Die tafel is mooi gedek met egte silwer eetgerei en fyn porselein. Op die tafel staan ‘n blompot met pienk en pers pronkertjies en pers servette in silver servet ringe.

“Mamma, het jul gehoor wat gister by tannie Annie hul gebeur het? “Vra Louwna”. “Nee, wat het daar gebeur Louwna”? vra mamma.

“ Lenie (tannie Annie se dogter) vertel ons dat daar glo gister ‘n bobbejaan mannetjie in hul tuin was en dat tannie nie Louwna flou geval het toe sy hom sien.” “ Ha, ha, ha”  lag die gesin.

“Ek sou dit graag wil gesien het as die hoogmoedige tannie Annie flou val” sê Pietman, Louwna se boetie.

Die volgende oomblik is daar ‘n groot swart gedaante wat by die venster inspring. Pa Louw skrik so groot hy stamp die tafel om. Almal gil, ma Elna struikel gly en val met haar gesig binne in die pampoen.

Louwna wat versteen aan die ander kant van die tafel sit sien dat dit die bobbejaan mannetjie is waarvan sy besig was om te vertel. Hy sit doodluiters op die kas en knibbel aan die piesangs.

“Wie de duiwel is dit”? Bulder Louw (vader van gesin)

“Pietman! gaan haal dadelik my geweer vandag skiet ek hierdie skelm vrek.”
Pietman is te bang om te beweeg( begin snik), “Pappa ek is bang”!
“Help, help”  skree Elna en bly gly soos sy sukkel om op te kom.

Die bobbejaan mannetjie besluit dat die stuk boudvleis wat langs Elna op die vloer lê lyk baie lekker en spring van die kas af tot langs Elna. Louw skrik hom boeglam en val oor sy eie voete en tref die bobbejaan mannetjie met sy kop. Die mannetjie spring op en wys sy groot tande. Pietman maak homself nat en kruip onder die riempies bank in.

“Gaan weg, gaan weg” gil Louwna op die bobbejaan.

Siena wat in die kombuis was storm die eetkamer binne net toe die bobbejaan besluit om die hasepad te kies. Hul bots trompop en in die beweging slaan sy hom met die skinkbord in haar hand oor die kop.

Die bobbejaan gryp die skaapboud en kies koers deur die venster en land buite op wagter. Wagter tjank maar hap dieselfde tyd na die bobbejaan. Die bobbejaan besluit dit is die laaste strooi, spring oor die heining die veld in.

Louwna begin giggel van skok. Elna gaan sit plat op die vloer en begin lag. Louw bulder wat is so snaaks, nou is die duiwel weg met die skaapboud.

“Waar is Pietman” vra Louw, Hier is ek pappa antwoord Pietman met ‘n huilstemmetjie...
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar