Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Projek:- Skamel, geil, prul, jolyt, oorlams en lol

Feetjie fladder deur die bos en mens kan skaars sien dat dit syagtige vlerkies is wat haar deur die lug laat sweef so vinnig beweeg hulle. Sy is op pad na Boomkabouter waar hy besig is om wydsbeen op ‘n takkie te sit en ‘n boom se blare ‘n helder groen te verf. “Hoekom verf jy die blare so ‘n helder groen”, wil Feetjie weet. “Helder groen beteken dat die aarde waarin hierdie spesifieke boom staan baie geil is, gevolglik groei die boom vinnig en geil , daarom is die blare so groot en word hulle helder groen geverf”. “Dit is ook die begin van ‘n nuwe groei seisoen, naamlik lente en dan kry die bome hulle eerste lente blare van lig groen”. “Dit is nou al die bladwisselende bome”. “Wat beteken bladwisselend”, wil Feetjie weet. “Dit is bome wat hulle blare verloor in die herfs voor die winter toeslaan met sy koue”. “Hulle begin dan hulle blare verloor sodat hulle nie blare aan hulle takke het as dit winter word nie”. “Ons kan dan se dat die bome skamel gekleed is gedurende die winter”, verduidelik Boomkabouter. Boomkabouter is baie slim en weet alles van bome af en kan jou alles oor hulle vertel.

“Nou se my wat bring jou vandag hier na my toe”, wil Boomkabouter weet. “Ek kom jou toestemming vra om die opening hier onder jou groot boom te gebruik vir die lente partytjie, want dit is oor ‘n paar dae die eerste September en dan begin die lente”. “Dan is dit mos lentedag en tyd vir partytjie hou en jolyt en nooi ek jou ook om saam met ons lente jolyt te hou”, se Feetjie. Nee maar dit is alles reg laat weet Boomkabouter vanwaar hy gemaklik sit en blare verf. Boomkabouter maak sy stem skoon “ghmmmm, mmm maar eee ek wil eeee net ietsie vvv vra...eee Feetjie” . “Nou maar vra dan maar Boomkabouter, wat is jy dan nou skielik so oorlams dat jy skoon hakkel soos ‘n outjie in sy prulle jeug”, wil Feetjie weet. “Ffff feetjie sssal jjy sssaam met mm my na die dd die jjjolyt ppp partyjie gaan aa s mmm y dd dans mm maat. “Maar natuurlik Boomkabouter sal ek, siende dat jy dan nou so mooi vir my vra”. “Ek was juis bang dat Padda my vra, want hy so oorlams en kom altyd so skamel geklee net in sy swembroek na die jolyt partyjie en dan kyk almal so snaaks na my”. Met ‘n baie dankie van Boomkabouter sit Feetjie af na al die ander woudbewoners om hulle te nooi vir die groot lente partyjie.

Die koue winter is verby en dit word heerlike lente. Dis tyd vir nuwe lewe in die bos. Bome begin dan te bod en gee nuwe blare. Die varkblomme begin hulle aarons kelke uit te stoot. Die voeltjies begin te sing en hulle neste te bou. Vink is juis besig om ‘n nes van lang gras stingels te bou wat hy daar onder in die vlei gaan haal en dan pragtig in sy nes inweef en hekel. Sy buurman was ook besig om ‘n nes te bou, maar hy is oorlams en nog baie jonk en onervare en het ‘n foutjie met die nes gemaak. Die ou ervare buurman het dit gesien, maar wou nie met sy jonger buurman se nesbouery lol nie. Nou is die jong bruid baie ongelukkig met haar oorlamse bruidegom en besig om die nes uitmekaar te pluk en ruk tot sy groot verleentheid en sit hy maar eenkant en bewe van skone senuwees terwyl sy besig is om die nes huisie heel te verniel. Feetjie stop eers gou by hulle en gee raad en verduidelik hoe hy die nes moet maak. Gelukkig kry sy weer vrede tussen die twee en hulle begin weer van vooraf bou aan die huisie, maar natuurlik met ‘n paar wysigings soos aanbeveel deur Feetjie.

Swaeltjie en sy vrou het net aangeland van hulle oorseese reis waar hulle gaan somer vakansie hou het om weg te kom van die slegte koue winter weer hier. As dit winter en koud is hier by ons in die bos is dit mos somer en warm oorsee. Hulle is besig om klei modder balletjies te rol waarmee hulle ‘n nessie van klei en hulle speeksel bou in die plaas se stoor wat hulle dan uitvoer met allerhande sagte materiaal soos wolletjies van skaap wat aan die bossies vassit waar skaap deurgeloop het.

Nou gaan Feetjie eers na die orkes soek wat musiek moet maak die aand. Eers kry sy vir kriek, toe vir sonbesie en padda. Daarna gaan sy na mevrou kanarie wat so pragtig kan sing en oorreed hulle almal om die aand op te tree as die orkes. Intussen begin hulle alreeds hard te oefen vir die groot geleentheid. Meneer Vink sal ook ‘n solo liedjie sing met sy pragtige bas stem.

Mevrou kanarie het die volgende liedjie geskryf wat sy as openings lied sal sing terwyl meneer Vink saam met haar die koor sal sing .
 

Kom geniet en hou jolyt
dit is nou die tyd
dis lente, dis lente, die winter is verby
ja die koue winter le op sy sy
dis tyd vir nuwe lewe
nie meer tyd van bewe
KOOR
Dis tyd vir die veld se blomme
kom slaan die lente tromme
trommel trommel trommel
kom en ruik die veld se blomme
kom slaan die lente tromme
trommel trommel trommel
 

Met dit alles afgehandel sit Feetjie af na die vuurvliegies se tuiste. Hulle bly almal saam in een huisie en daarna besoek sy vir gloeiwurmpie. Hulle stem almal in om lig te verskaf die aand vir die jolyt partyjie.

Die volgende op haar lys is die bye kolonie wat in die holte van die ou boom wat omgeval het woon. Sy hou vergadering met koningin by en die verseker Feetjie dat hulle almal daar sal wees en dat hulle genoeg heuning sal saambring sodat daar darem ‘n soetigheidjie vir almal sal wees.

Uiteindelik breek die eerste September aan en daag almal op vir die lente jolyt. Alles verloop goed af en almal geniet die partyjie. Mol is sonder sy bril en dit lol. Hy stamp en trap op almal se tone, want hy is so gewoond om in sy donker tonnelhuis onder die grond te loop dat hy heeltemal blind is as hy uit sy huis kom en moet dan ‘n bril dra. Ongelukkig het hy sy bril by sy tonnelhuis vergeet. Verder het die aand se jolyt sonder enige voorval verloop.

Haas is in beheer van die kombuis en hy het allerhande lekkernye gemaak van al die groente. Wortels is natuurlik sy gunsteling gereg en hy het besluit hy sal sommer ‘n groot bord wortels gereed hou vir mol wat altyd maar ‘n bietjie blind is en dit lol. Hy verstaan dat wortels baie goed is om sig en oe gesond te hou, en hoop dat dit vir mol sal help. Hy hoop net dat mol nou nie ‘n prul in sy mond sal maak van al die wortels en dan sal uitspoeg nie.

Spinnekop en sy vrou het ‘n nuwe dans passie uitgevoer op die dansvloer wat almal se monde laat oophang het van verbasing. Dit het kompleet gelyk of hulle agt bene elk so in mekaar verstrengel gaan raak dat hulle dit nooit sal loskry nie, maar wonder bo wonder kry hulle dit elke slag los.

Mejuffrou padda was soos gewoonlik maar skamel gekleed met haar tweestukkie wat haar kaal witterige magie vertoon het wat tussen haar bo stukkie en haar skrapse rokkie uitgesteek het. As jonge heer akkedis vir mejuffrou padda gekyk het, het sy tong sommer geprul hier in sy kies en het hy gou ander pad gekyk as hy sien dat iemand hom dophou, want hy het sommer lus gekry om mejuffrou padda ‘n pik soentjie te gee. Ai, wat die prulle jeug ook nie aan die bosbewoners doen nie, dink Feetjie wat alles dophou.

Die dag en aand was ‘n groot sukses vir al die bos en veld diertjies het die groot jolyt partyjie baie geniet en almal het vir Feetjie kom bedank vir al die relings wat sy getref het.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jolyt
Sjoe kan so groot man kostelik raak. Dis voorwaar baie pragtig en jou kleindogter gaan dit so geniet.
5 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 9 ure oud


jolyt
ai hoe heerlik maak jy die kind in n mens wakker. groot applous vir hierdie werkie van jou
5 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 19 ure oud


Ano
Jolyt
Bravo, en applous! Heerlik om net weer kind te mag wees, al is dit net vir 'n paar minute :-))
5 jaar 1 maand 3 weke 3 dae 23 ure oud


feetjie jolyt
ag Schatz.. dit is so mooi en kosbare skryfsel hierdie Absoluut pragtig gepen, kan nie wag om dit vir die kleinkinders te lees nie
5 jaar 1 maand 3 weke 4 dae oud


Feetjie
Al die Feetjie stories en jeugverhale is spesiaal geskryf deur Oupie vir sy enigste kleindogter wat in Walvisbaai woon.
5 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 1 uur oud



Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar